Die uurglas is vinnig besig om leeg te loop vir die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se landswye skryfwedstryd, Skrywers 2013, waarvan R15000 prysgeld geborg word deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat. Die wedstryd se sluitingsdatum is op 10 Mei, maar alle posstukke met die regte datumstempel word aanvaar.