The Tom Waits for No Man
Kurator: Gordon Froud
Groepuitstalling
“Tom Waits” |
Na aanleiding van die suksesvolle Leonard Cohen Altaarstuk-uitstalling, kureer Gordon Froud ’n nuwe groepuitstalling gebaseer op die lewe en lirieke van Tom Waits. Kunstenaars is genooi om op LP-grootte borde ’n verskeidenheid van werke te skep.
Die korrelasie tussen Tom Waits se werk en van die musikante van die “Alternatiewe Afrikaner”, soos Bernoldus Niemand, maak hom ’n interessante keuse. Waits verteenwoordig die musikant en digter as die buitestaander sosiale kommentator. Hierdie uitstalling van meer as ’n 100 werke maak sy debuut by die 2013 ABSA KKNK, waarna dit sal reis na verskeie uitstalruimtes oor die land. Hierdie blyk om weereens ’n opwindende en stimulerende uitstalling te wees wat hulde bring aan een van die mees prominente eietydse storievertellers.
Gratis daagliks, Prince Vincent-gebou, Baron van Rheedestraat
Geen virtuele kunsgalery tans beskikbaar.
Gaan terug na die kunstenaarlys
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.