Feeste | Festivals

 
Kitaar-hardebaarde neem voortou by Dullstroom Winterfees

Dan Patlansky

Wanneer vind die Dullstroom Winterfees plaas?

Die Dullstroom Winterfees vind jaarliks vroeg in Julie plaas – hierdie jaar oor die naweek van 6 tot 8 Julie.

Wie is die kunstenaars wat hierdie jaar optree?

Kitaar-hardebaarde Dan Patlansky en Albert Frost neem die voortou, saam met die Gautengse blues-rockers The Black Cat Bones en Southern Gypsey Queen. Relatiewe nuweling Kate Borthwick maak ook op beide aande 'n verskyning. Kaartjies teen R100 per persoon per aand is beskikbaar by www.ticketbreak.co.za.

Wat is daar nog vir feesgangers om die naweek te doen?

Benewens die musiekoptredes is daar is hope aktiwiteite vir die hele gesin, wat onder andere insluit 'n kunsvlieghengel-kompetisie, velddrafwedrenne, whiskey-proe-sessies, mikrobierbrouery, kosmarkte en vele meer.

Albert Frost

Wat stel jy voor moet mense inpak vir die trip Dullstroom toe?

Dis koud, sommer baie koud. Enige warm jasse, serpe en handskoene word aanbeveel – die piazza sal wel verwarm word deur gasverwarmers, maar 'n kniekombers of twee sal nie orig wees nie.

Wat is die website- en sosiale-media-skakels vir die fees?

Addisionele inligting rondom akkommodasie in die area is beskikbaar op www.dullstroomwinterfestival.co.za, en meer inligting oor die kunstenaars en aktiwiteite is ook op Dullstroom Winter Festival se Facebook-bladsy beskikbaar.

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address