SêNet-briewe | Letters

 
Johannes Kerkorrel sing teen wat?
Die man het teen die tipiese politieke konstruksie van 70's en 80's in die 'totale aanslag era' gesing. Ek het self tydelik in Hillbrow gewoon in 80's en mis die 'hoofstraat' met al die winkeltjies waaroor hy sing. Jy was 'slapgat' in 'army' as jy 'navi' was. Afrikaanse akademici het die politici geëggo op TV.

Die wit mense in hul vroeë 50's kan hul assosieer met die Voëlvry Beweging, want ons was op die grens en in die townships, om die 'groot swart gevaar' wat deur die 'groot rooi gevaar' opgesweep was. Ons is die geslag wat staatseiendom gemaak was van 15 tot 65 jaar, met 'n dom wet. Ek persoonlik het in 80's die kerk vaarwel geroep, omdat die teen-vryheidsteologie toe in kerke gepredik was, wat op afsonderlike ontwikkeling in die hiernamaals neergekom het.

Kerkorrel se 'Halala Afrika' op kasset, het ek destyds in Upington gekoop, tot frustrasie van my fanatiese kollegas wat pro-AWB was. Ek het later in die rondawel by familie van my eks-vrou, probeer dink hoe Kerkorrel en sy vrinde daar gesels het, voor hul optrede. Ek dink dat min van ons drome toe, vandag waar geword het, Kerkorrel. Jy was 'n tipe Afrikaanse Bob Dylan, 'n kommentator oor die samelewing en tans smag ons vir dit in Afrikaans, waar alles ontaard het in 'n karaoke-gewroeg oor pomp.

Ongelukkig gaan onrus oor dienslewering en stakings vir meer geld onverpoos voort. Dalk het ons drome van toe, die huidige nagmerries geword.

Hans Richardt

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address