SêNet-briewe | Letters

 
Johannes Kerkorrel: Die Anderkant

Vir almal wat onthou.

Tien jaar later is Ralph Rabie steeds nog 'n hartseer dupe van ons samelewing se meedoënlose stereotipering. In starre formaliteit vasgelê hoor en lag almal "sit dit af" waar ookal Johannes Kerkorrel hul gedagte vind.

Nes wit, wit is en swart, swart is; die lys is lank ... oral word daar 'n bordjie op harte geplak en dit maak nie saak wat als daarin leef nie - jy word net geken aan 'n ander se vooropgestelde en voorbarige sienswyse.

Vir menige Afrikaanse Christelike Nasionalis was Ralph Rabie 'n "sell out", nes FW ook vandag geminag word. Ja, hoe durf iemand ooit die Nasionale Party se ree-zjiem destyds bevraag; omkeer?

Maar al was ek aan die anderkant in my aanstoot teenoor die regering van die dag, het PW se propaganda my in hart en siel nes vir Johannes Kerkorrel teen die bors gestuit. Daarom was Ralph Rabie vir my nooit die protessanger waarvoor hy so deur die samelewing bedroef is nie.

Ek sal Johannes Kerkorrel altyd onthou as een van die eerste Afrikaanse plate wat ek gekoop het; sag, poëties, die hart wat die intensionele wreedheid van ons waarneembare wêreld bloot kon lê ... al lê die berge nog so blou ...

En so onthou ek hom:

Gee dat ons vandag ons daaglikse brood mag verdien,
En die botter, die konfyt, die wyn, die stilte,
Die stilte van wyn -
En lei ons in versoeking van velerlei aard
Sodat die liefde van lyf na lyf kan spring
Soos die vlammetjies van is-is van berg na berg
Braambosse van vuur tot aan die wilste maan bring
- uit Aa, mens! Woorde Breyten Breytenbach. Musiek Johannes Kerkorrel.

Mag Ralph Rabie se siel in vrede rus aan die Anderkant - mag Jesus Christus onse HERE ons almal genadig wees.

Halala Afrika,

Cornelius Henn


Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address