Jenny

  • 0

Jenny

Onthou jy nog, Sussa, ons kleintyd by Oupa?
Die ou dam, wynrooi kersies en koekies van Ouma?
Onthou jy ons speelplek onder die groot denneboom?
Ons feetjie-huis aan die landerye se soom?
Toon-omkrul-lekker om op die asgat te krap,
want ander se vullis ons kamma seerower-skat.
Agter die strooikoeistal het ons geheime verruil,
onder die stronke vir wrede grootmenswoorde geskuil.
Hand-in-hand gedroom oor ruiters op wit perde,
kinderlik-bang, gewag op ons helde.
Die jare het ons ver paaie gevat.
Vir jou diékant toe, en ek, op krapspoorpad…
En onlangs het ek weer teruggegaan
op my ou lewenspoor,
want ek wou weer onthou hoekom,
waar het ek jou verloor.
En niks is meer dieselfde.
Die dam se visse is lankal nie meer;
ons ou asgat met sement toegesmeer.
Die ou denneboom se winter lankal gekom;
ons feehuis verlore onder 'n stam nou so krom.
Maar jy was weer daar, jou hand laggend na my
gehou,
terwyl reënbruin hare om jou gesiggie vou.
Met ons hande-vat was jy weer weg.
Ek was weer alleen, en ek weet ek was reg –
niks hou vir altyd.
Miskien net my bewondering vir jou.
In jou geel blomme-sonrok, laggend hand na my gestrek,
So, Sus, sal ek jou vir ewig onthou.
Roses are red,
Violets are blue,
And this is how I’ll always
Love and remember you.

Klik hier vir nog besonderhede oor die kompetisie

Lees die ander inskrywings

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top