Jan Rap se raaisels

  • 0

Jan,

Ek het nie ver gevorder met wiskunde op skool nie. Ek dink dis omdat die juffrou my gedurig uit die klas gejaag het. Sy het my gehaat en ek meen dis omdat ek eendag gesê het die kunsonnie is die enigste mooi onderwyseres van die skool. So, ek sal nie jou eerste vraag probeer antwoord nie.

Ek voel jou nommer twee en nommer agt kan saam beantwoord word. Afrikaanse skole verdwyn juis omdat daar so min Afrikaanse kinders is in vergelyking met swart kindertjies wat in Engels wil skoolgaan. Die swart kinders oorstroom die Afrikaanse skole en "demand" Engelse onderrig. Later is dit nie meer die moeite werd om vir die handjievol Afrikaanse kinders apart onderrig te gee nie en die skool verengels. Die Afrikaanse ouers wat omgee, sit dan miskien hul kinders in ander skole waar Afrikaans nog sterk staan. Engels is amper die wêreld oor die dominante taal en die Engelse dink dis goed en reg so en hulle is "high society" en sal verdomp nie hul skool verander te wille van Afrikaners nie. Ek dink 'n moontlike hulpmiddel sal wees as ons die jong Afrikaanse manne en vroue wat omgee, kan kry om sterk aan te teel dat ons nie verder terugsak in getalle nie.

Vraag 3: Die bal beweeg natuurlik tussen die tydstippe wat jy vasstel. Dit kan baie klein bewegings wees, maar hy sal beweeg!

Ek glo nie 'n spieël ruil links en regs om nie. Hy weerkaats net direk wat hy "sien". Onthou tog, daar is nie 'n mannetjie agter die spieël wat soos jy lyk nie, dis net 'n weerkaatsing!

Vraag 6: Myns insiens is 'n Afrikaners enigiemand wat Afrikaans praat as huistaal en wat sy kinders in Afrikaans laat skoolgaan. Daarby moet hy waardering hê vir die Afrikaner se geskiedenis, soos Van Riebeeck se koms, die ontwikkeling aan die Kaap, die Trekboere, die Groot Trek en die Engelse Oorlog. En so meer.

Vraag 7: Ons koerante word bestuur deur pienk liberale, of miskien moet ons hulle deesdae noem swart liefhebbers en wit haters.

Vraag 9: Ek kan wragtag ook nie verstaan waarom RSG gaste nooi wat net Engels kan praat nie. Weet hulle dan nie dis veronderstel om 'n Afrikaanse stasie te wees nie? Aan die ander kant dink ek mens kan RSG nie verkwalik as hulle 'n Afrikaanssprekende gas nooi wat dan erg sy tale meng nie. Die meeste mense praat deesdae so. Die omroepers op RSG praat darem, myns insiens, goeie Afrikaans. Hoewel, ek luister nie vreeslik baie radio nie.

Ek wil nog net byvoeg, in my jong dae - en dis lank gelede - was daar ook maar Afrikaanse mense wat taamlik baie Engels tussenin gegooi het.

O ja, jou vraag 4: Dis Afrikaanse mense wat ook dink dis "high society" om Engels te wees wat hul kinders in Engelse skole sit.

Ek is nou moeg en wil gaan slaap, dis al amper sesuur, die son sak in die Weste. Terloops, hoekom sak die son nie in die Ooste nie?

Groete,

Heiden

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top