Jan Maarskalk en die angel

  • 0

Jy is heeltemal reg, Jan. Ons sal nie regtig verder kom met hierdie gesprek nie, want ons pole lê te vêr van mekaar af. Dit was egter lekker om met jou in gesprek te tree en ek het baie waardering vir die manier waarop jy dit hanteer het, sonder om beledigend te raak. Ek vra dus verskoning vir die angel wat dalk soms skerp was.

Ek wens jou net die beste toe vir die komende vakansie en al die wonderlike saamwees met jou familie en vriende. Ek hoop ons kan volgende keer oor ’n ander onderwerp in debat tree. Die godsdiensdebat sal vir ewig bly woed en dan is dit maar eintlik nutteloos om daarmee aan te gaan.

Groetnis

Perdebytjie

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top