Huisgenoot Boekkuier saam met Anita en Deon Meyer

  • 0

Deon en Anita Meyer het Saterdag saam met Huisgenoot se lesers by Protea Hotel op Stellenbosch gekuier. Elna van der Merwe het met die Meyers gesels oor Deon se jongste boek, 7 dae, en die egpaar se kookboek Kom eet! Om die tafel met Anita & Deon Meyer.

Marko Ebrecht en Gavin Olivier
Ladine Liebenberg en Aldert van Zyl Konstanz Meyer
Lydia Grobler, Hanlie Schmulian en Windred van Reenen
Antoinette Smit en Claudia Wood
 
Bestel 7 dae nou by kalahari.com. Bestel Kom eet! Om die tafel met Anita & Deon Meyer nou by kalahari.com.
Anton Goosen is ’n karakter in 7 dae. Volgens Meyer is dit die eerste keer dat ’n karakter uit een van sy boeke die boekbekendstelling bywoon.
Huisgenoot se boekeredakteur, Elna van der Merwe, het die gesprek gelei.
Deon het vertel dat hy steeds een bygeloof getrou aanhang: hy moet ’n boek op 1 Januarie begin skryf, anders gaan dit nie suksesvol wees nie. "Die verskil tussen iemand wat wil skryf en een wat wel skryf, is: die een wat wel skryf kan nie meer die drang onderdruk nie."
Elvia Kwant en haar ma, Laurette van Tonder
Erna en Eugene Neethling saam met Louise Horn
Rieksie de Bruyn en Julia Viljoen (Huisgenoot-redakteur)
Henry Jeffreys en  Frieda le Roux van Huisgenoot, You en Drum
NB-Uitgewers op die toneel: Eben Pienaar, Hester Carstens en Etienne Bloemhof
Aldert van Zyl, Ladine Liebenberg, Marienne Vermeulen en Sandrien Melck

Huisgenoot het die gaste bederf met ’n propvol goedjiessak.

Riaan Grobler en Johandri Jacobs
Brenda en Henry Jeffreys
Volgens Deon Meyer is die naamgeeproses vir hom baie belangrik. Hy moet die regte naam vir ’n karakter kry voordat die storie kan aangaan. Deon Meyer se uitgewer, Etienne Bloemhof
Fotograaf Charmaine Mathibela
Deon Meyer se ma, Francis, kla blykbaar oor al die vuiltaal in die boeke, maar volgens Deon is dit sy karakters wat so praat, nie hy nie. Francis het by die geleentheid haar eksemplaar van 7 dae ontvang.
Elna van der Merwe
Anita Meyer het vertel dat haar ma se viskoekies steeds haar gunstelingresep is. Deon Meyer en Anton Goosen. Volgens Deon is Anton Goosen "die koning, die kroonprins en die vader van moderne Afrikaanse musiek".
 

Foto's: Alwyn van Zyl

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top