Hans, Jan Rap en Geskiedenis
‘En toe kom die Witman’ – so lees die opskrif in die rare boekie, wat ek in my hand vashou.
Die boekie het oorgekom saam die Koopakte van ’n plaas wat geleë is in die voetheuwels van die mees noordelike deel van die Drakensberge, in die omgewing Wolkberg. Die plaas self - asemrowend! Rustige mere, wegkruip watervalle, inheemse woude met klipkoppies wat lyk of die Skepper dit rondgevorm het in Sy hand soos sjokolade roomysballe.
Die boekie, wat my broer vroeg hierdie jaar opgewonde in my hand gedruk het, het ek skielik weer van onthou nadat ek Hans en Jaco se skrywe oor Afrikaner en geskiedenis op SȇNet gelees het. Hulle het my geskiedenis-spiere geprikkel en Jan Rap se insigte het dit net nog verder aangepor. Skielik was ek nuuskierig oor die verlede verhaal van hierdie omgewing en hoe die boere oor hierdie klipperige berge moes trek en Ossewa-kamp opslaan.
Die plaas was die vroeëre Houtbosdorp gedeelte waar die destydse Hotel en Tronk op gestaan het. Verwonderd het ek gestaar na die spookagtige grafte, murasies of skielik sou jy afkom op ’n vergete eensame ossewa-wiel, geroeste ystergereedskap of blikkombuisware. Spraakloos sou ek dan weer opstaar na die mistige berge rondom my, veldblommetjies en voëls van meer as 250 spesies. Ek was so naby aan my Skepper dat ek netso wel in die Paradys kon staan. Maar die geskiedenis en die boerebloed van die plek, het ook gepraat tussen die vervalle ruïnes ...
Ek glo nie dat die boek soseer onbekende geskiedenis bevat, maar die foto’s en landkaart-potloodtekeninge deur die Switserse sendeling, Henri Berthoud in 1898, was van uitstaande kunsvernuf.
ET Strever van die Haenertsburg Centenary Committee skryf in sy Foreword:
“Not having had the privilege of being ’n long time resident of Haenertsburg, I hasten to add that my associaton with this delightful and beautiful area goes back to my schooldays between 1926 and 1934 which were spent in Pietersburg. Family weekend camps, Boy Scout outings, and picnics to this area are very happy memories.
This booklet is an endeavour to record when and how the whites came, the founding of the village and the early afforestation of the area ...
Voorblad van die boek waarin die Bittereinders asook geharde boere (soos Hans hulle noem) se geskiedenis opgeskryf staan.

Inhoudsopgawe vervat in die boek.

Potloodtekening van ’n tipiese kamp-opset in hierdie Magoebaskloof berge en koppies.

Die Akte van Oordrag plaas Reizigersrust, geteken 10 November 1887. ’n Lys van vorige eeu se grondeienaars- asook plaasname, kom voor in hierdie boek.

Kommandolede tydens die veldtog teen Modjadje en Makgoba.

Die boek bevat ook tekeninge van ou myne, gevegte en Long Tom. Sover bekend het die swart stam, die Khioga, eerste die voetheuwels van die Houtbosberg bewoon. Die verhaal van die Blankes in Noord-Transvaal word teruggevoer na die koms van Coenraad de Buys wat met sy anderskleurige vrou en kinders omstreeks 1820 op die walle van die Limpoporivier uitgespan het. Kort daarna het hy die gebied verlaat en sy kinders agter gelaat.
Daarna kom JJJ (Langhans) van Rensburg, Louis Trigardt en Andries Hendrik Potgieter. Van Rensburg se geselskap is uitgemoor in botsing met swartes. Onenigheid met plaaslike Swart gemeenskappe het ook in 1867 die dorp Soutpansbergdorp tot niet laat gaan.
Toe kom die goud en verdere oorloë ... Ai toggie – om hierdie dinge te lees maak my moeg en onrustig. Geskiedenis was nie my beste vak, al die datums en bloed het my moedeloos gelaat. Miskien moet Jan Rap en Pieter liewer hierdie dinge bedink ... (Too much for me.)
Geniet jou dag.
Bye-bye!
Trienie