Haikoe-kompetisie: Wenner aangekondig!

  • 3

Hier is die beoordelaar Fanie Olivier se top 6 haikoes in LitNet se Groot Afrikaanse Haikoe-kompetisie. Elkeen van hierdie inskrywings ontvang eervolle vermelding en ’n stewige klop op die skouer.

Johanna Fourie

’n wolk in die see!
skool vis gooi sy skaduwee
mossels krimp ineen

Charl JF Cilliers

droë weerligstraal
die verrimpelde vel van
’n rivierbedding

Pieter Strauss

die vinknessie hang
klein planeet in die heelal
`n bondeltjie bang

Charl JF Cilliers

die tak vol bloeisels
se een-tonige skadu
teen die lang wit muur

Paula Hartzenberg

die winterboord dink 
dat hy die veraf sterre 
in sy takke vang  

Linky de Bruyn

Halfpad so laat staan
hang die verlate vinknes
’n harp in die wind.

Daar kan egter net een wenner van die vet boekpakkie wees.  En die wenner is:

Pieter Strauss!

Pieter Strauss wen:

Agter die skerms, deur Christo Gerlach (geskenk deur Tafelberg-Uitgewers)
Boereoorlogstories 2, deur Jeanette Ferreira (geskenk deur Tafelberg-Uitgewers)
'n Lyf onthou, deur Riette Rust (geskenk deur Protea Boekhuis)
Dis my geheim, deur Juanita Aggenbach (geskenk deur Protea Boekhuis)
Onse vaders, deur Karin Brynard (geskenk deur Humann & Rousseau)
SHIH-CHING - Liedereboek, vertaal deur MM Walters
AKI NO KURE - Herfsskemering, vertaal deur MM Walters

 


Lees al die haikoe-inskrywings by LitNet se Poësie-kompetisies

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

 

 

 

 

 

 

  • 3

Kommentaar

  • Charl Cilliers

    Die wengedig van Pieter Strauss is ’n pragtige haikoe. Dit verdien om bekroon te word. Veels geluk, Pieter, met so ’n treffende haikoe. Kan net in Afrikaans geskryf word.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top