Hans,
Jy vergeet jy is verslaaf aan nog iets. Te oordeel aan die magdom niks-seggende briewe wat jy hier op Sênet loslaat weekliks, is jy defnitief verslaaf aan jou eie skrywes.
Terloops, jy weet net soveel van ware geloof af soos die stoel waarop jy sit wanneer jy die tipiese klomp snert kwytraak soos wat jy nou weer hierbo gedoen het.
Sterkte
Dolf
Hi Hans.
Ek vind jou brief angswekkend. Om te dink daar is mense wat werklik so ongelowig is.
Ek is jammer dat ek jou moet tee staan, want daar sal seker mense wees wat ook soos jy voel, maar die Here bestaan wel. Hy is 'n lewende God.
Ek bid dat jy dit ook eendag sal kan besef.
Daar is soveel bewyse rondom ons dat God wel werklik bestaan, dat mens moet blind wees om dit nie te sien nie.
Die Here se liefde omvou jou ook!
Vriendelike groete
Madeleine Mostert
"Hierdie bring ons dan weer by daardie gunsteling van alle onderwerpe, die gay persoon, hoe word homoseksualiteit ervaar."