Feeste | Festivals

 
Gedigtewedstryd aangebied deur die Festival voor het Afrikaans en die Nederlandse Taalunie

Die tweede Afrikaanse Fees, oftewel Festival voor het Afrikaans vind van 14 tot 16 Junie 2013 plaas in Den Haag se Theater aan het Spui. Dit word voorafgegaan deur ’n Afrikaanse rockkonsert in  Die Melkweg in Amsterdam op die 13de Junie.  Die doel van die fees is om Afrikaans by Nederlanders en Vlaminge bekend te maak. Die verwantskap tussen Afrikaans en Nederlands bied ’n pragtige ruimte aan mense om op taalgebied met mekaar in kontak te tree, en lekker te gesels oor die ooreenkomste, maar ook die verskille tussen die tale. Die program van die fees weerspieël verder die diversiteit van gemeenskappe wat Afrikaans as eerste, maar ook as tweede of derde taal praat.

Die fees wil graag soveel moontlik mense in Nederland, Vlaandere en Suid-Afrika entoesiasties maak vir die mooi en unieke band tussen Nederlands en Afrikaans. Daarby vind ons dit ook belangrik om die publiek, en ook die jonger generasie aktief te betrek.  Daarvoor het die “Festival voor het Afrikaans” met finansiële ondersteuning van die Nederlanse Taalunie ’n gedigtewedstryd vir amateurs in die lewe geroep.

Lees die volledige persverklaring en nog inligting oor die gedigtewedstryd hier.  

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address