Fokofpolisiekar is cool

  • 0

Fokofpolisiekar is cool.

Die polisievrou hier noem hulle Fokof, soos ek die geslepe klein pa-se-failure wat ek ken, op sy van noem. Jy sê sy van, maar spoeg dit uit. Soos ek in die army ander armyrotte op hulle vanne genoem het. Soos ek gepraat het van “Sarge”, uitgespreek met die minagting wat jy nie eers het vir ‘n lap het wat kots opvee nie, ipv “Sersant”.

Vloeke. Sjoe.

Dis mos ‘n besprekingspunt as dit by shows kom. Afrikaners wat kwansuis net lag vir swetse op die verhoog. Hier is dit amper soos die tweede taal.

Die skare sing saam. Maar as jy naby kyk, sien jy watter goeie-kaliber-mense in die gehoor is. As jy gaan rugby kyk, sien jy net sulke beskaafde gesinne en jongmense en oumense wat gaan kyk. Maar hier is meer ordentlike mense. By dié paartie is meer mense as by verlede week se Springbok-rugbytoets. Maar hul sing saam; veral die choruses.

Ek skarrel om daar te kom. Ouens neem my waar. Wys respekvol na my. Die ou met die baard met grys in. Ek hoor die ritme van die musiek, en na ek ‘n rukkie gestaan het, begin my voete en bolyf saam met die musiek beweeg.

Op die verhoog lyk Jack Parow soos ‘n seuntjie. Onskadelike goeie seunsgesig. Parmantige, nat kuifie. Maar – en dis iets wat Dawid Kramer nie sal duld met sy rooi skoene nie – Jack dra nie die lang peak kep nie. Ek voel beroof.

Die wasem kom hortend by sy mond uit. Als klink diskordant; so anders as op TV. Ek herinner myself aan Bles Bridges wat vir Kerkorrel gesê het hy sing vals. Wat ‘n poek. Al wás Ralph dalk anyway nie rêrig nootvas nie!

Hier slaan die kitare die noot. Die manne is kunstenaars, showmen, die masjiengewere van die nuwe oorlog, wat nie ‘n skoot mis nie. Die masjien van die een kitaar herinner aan Haas Das, soos die stukkies snaar wat uitsteek, koddig wip en skiet in die skerp verhooglig.

‘n Ou met ‘n lang kop kom staan reg voor my. Uit die hoek van my oog sien ek sy buddy. Hy sien my. Hy kyk. Politely sleep hy sy tjom uit die pad uit. Hemel, ek waardeer hierdie nuwe jeug. Wat tyd het vir die grys in die baard.

Ek kyk om my heen. Ek’s een van min oues, maar nie die oudste nie. Hier’s ouens net jonger as ek, ouens baie jonger as ek. Mense en nog meer mense. Ouens en vrouens. Hier’s soveel generasies in een gehoor.

Ek dink aan die Van Coke-musiek, en die sinvolle lirieke van protes wat ek al gehoor het. Die meesleurende melodieë. Die method in die madness. Op die verhoog is een van Jack se gewilde uitdrukkings: “Ons moet party.” Die skare eggo dit elke keer.

Wat sê hy alles. Dis van dagga, van die dag, van kamer, straat, rook, drink, eet – peanutbuttertoebroedjies. In Peanuts is ‘n peanutbuttertoebroodjie darem gelykstaande aan lekker. En lekker is nie net ‘n vinger lank nie. Dis “soos ‘n naweek weg!” sê een van die strokiesprente.

In die mis bo die verhoog word elke ding ‘n middelvinger. Ek sien Francois van Coke sirkels hardloop op die verhoog, sonder ‘n kitaar. Maar hy’s op TV in die “ad” mét een. Hier is hy ‘n chorus feature. Hy skud sy wit hare, maar omdat hy nie meer woes drink en uit onbeholpenheid iets kwaais create nie, lyk die skittery na ‘n meisie-haarsjampoe-advertensie onder ‘n waterval.

‘n Ander “star” wat saamsing, is gou weer af. In een song lyk dit of hý die star is, ipv Jack. Jack gaan onhoorbaar aan, maar die mense hier voor die verhoog ken die woorde. Snaaks, as die co-star inval op die choruses, dis wanneer die mense saamsing. Is hy nie dalk die éintlike star nie? Maar Jack het ‘n verskeidenheidskonsert. Kort-kort wys ‘n ander star gesig. Die chorus star lyk of hy fut verloor, en weg is hy.

Die woorde van die musiek is duidelik hoorbaar soos ek in ‘n motor uiteindelik ágter die verhoog die pad vat. Hier agter is die klank puik. Die inhoud herinner aan die TV-reeks Rustelose Jare – die vertaalde weergawe. Dis al jare my paartie-triek. Enigiemand kan ‘n scene daaruit voorspeel. Die draad van die storie kan enigiets wees, solank dit na konflik klink.

Ek hoor die misrym, die lukrake vervloekinge, hoe die alledaagse dagtakies Aartsstellinge word. Ek hoor alles wat jy nie op straat wil sien of hoor nie, alles wat klink soos huismoles, wat jy nie by die huis wil hê nie, wet word. Ek probeer uitwerk watter kant van die spektrum Jack is as hy “Fok Steve”. Of dit nie dalk sommer net soos ‘n Huisgenoot-voorblad bedoel is nie. Iets wat CD’s verkoop? Ek hoor die skare saamsing. Maar sonder venyn. Want die oorlog wat agter hulle lê, lê juis daar weens hierdie uitlaatklep; die uitlaat van pyn en woede, die diep donker put waarin hulle vrese kan fok jou!; waarmee hulle pyn diep kan bêre, waardeur hulle woede ver weg, daar diep onder, onder die poef, kan berg, stoor, laat kompos maak – deur die stem van Fokof, Parow, en andere. Die Antwoord lê hier. Hierso, en by Mandela.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top