Die nag

  • 0

Die Nag

Vind my in die vrede van die nag,
ver van die stemme wat my denke verlos
ver van die stremming wat kom met die dag
Vind my eerder vas in 'n ysige pos.

Waar die wemelende rooi wolke deur die stad se lig
die palm van my hand ligkrans bring in my sig.
Waar daar, vasgevang, natuurlik niks is om te sien
net om te wonder waar die hand gaan dien.

Tog bring die hemel dit wat my hart na smag.
Waar die wemelende gedagtes my bring na dae versuim,
na plekke van prag, vrede en vriende wat lag
nimmer vind my bors lug by liefde en pyn.

En so skep verligting in my asem met 'n uitkyk oor die land.
Die môreson se lig wat die pad in my palm vasbrand,
maar oor my hoof hou sy my genootskap met al my oë se mag.
Vind my eerder in die vrede van die nag.

Klik hier vir nog besonderhede oor die kompetisie

Lees die ander inskrywings

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top