Die Absa KKNK wen Gewildste Fees

  • 0

Rhodé Snyman, waarnemende Uitvoerende Hoof van die Absa KKNK was ooglopend in ekstase, verras en opgewonde oor dié eer wat ook gepaardgaan met die 20ste viering van die fees.

Sy het tydens haar toespraak haar span en die inwoners van Oudtshoorn bedank en die gehoor asook die kykers van die regstreekse uitsending hartlik uitgenooi na die 20-jaar viering.

Die Absa KKNK vier hierdie jaar hul 20ste bestaansjaar met 'n program wat bestaan uit meer as 150 aanbiedings wat produksies wat tydens die Fiëstas groot pryse ontvang het, soos Land van skedels, Macbeth.slapeloos en die dansproduksie Plastiek insluit. Kunstenaars Dorothy Masuka, Tobie Cronjé en Schalk Joubert, wat ook pryse ontvang het, is ook by die fees te sien.

Volgens Snyman is dit vir die Absa KKNK 'n groot eer om vir die tweede keer deur die publiek aangewys te word as gewildste fees. “Oudtshoorn is al vanaf die Nuwejaar hard aan die woel en regmaak vir die groot 20-jaar viering. Hierdie toekenning beteken vir die feesbestuur, Absa en inwoners van Oudtshoorn baie. Besoekers kan met sekerheid bespreek vir ‘n fees met ‘n propvol program van die beste Suid-Afrikaanse vermaak teen die unieke Karoo landskap wat geen gelyke ken nie.”

Die Absa KKNK vind vanaf 29 Maart tot 5 April in Oudtshoorn plaas. Die program is beskikbaar by www.absakknk.co.za. Kaartjies is beskikbaar by Computicket of Shoprite/Checkers.

 


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top