|
1. Science Daily
Opsommings van onlangse wetenskaplike navorsing/uitvindings oor sake wat direk betrekking het op verskeie sosiale kwessies. Dis ook nie te streng wetenskaplik geskryf nie en is baie leersaam.
2. Urban Legends
Voor jy weer onopsetlik internetfoppery (’n “hoax”) of ’n stedelike legende via e-pos aan jou adresboek stuur, besoek gerus die webwerf en vind uit hoeveel “waarskuwings” al jare lank die ronde doen en totaal onwaar is.
3. Dictionary.com
Behalwe Engelse woorde en frases se korrekte spelling en betekenisse kry jy ook aanhalings en interessante stories oor die ontstaan van woorde en spreekswyses. Die webbladsy kan ook kort paragrawe uit Engels na oor die 50 tale vertaal, insluitend Afrikaans.
4. The Huffington Post
’n Baie goeie nuusversamelaar met nuus van die VSA (die maklikste om te kry), maar ook wêreldnuus, sport ens. Aangesien my Suid-Afrikaanse koerante by die huis afgelewer word, lees ek oorsese nuus aanlyn.
5. All Recipes
Ek hou van kook en kry resepte oor amper alles hier. Daar’s ook kookwenke, inligting oor watter gereedskap jy benodig en so meer. Die meeste resepte is reeds vooraf uitgetoets en daar’s foto’s en kommentaar van ander gebruikers.
6. Poem Hunter
Ek het ’n groot liefde vir gedigte, veral dié wat ek op skool geleer het. Aangesien ek nog my Groot Verseboek het, is toegang tot my gunsteling Afrikaanse gedigte maklik. Vir die Engelse gedigte gebruik ek hierdie webbladsy. Biografiese inligting en foto’s van meer as 70 000 digters en meer as 700 000 gedigte. Van gewilde digters soos Pablo Neruda, Langston Hughes, Shelley ens tot nuwe en nog onbekende digters.
|