Vir Iván oor sy ysterkoei

  • 0

Dagsê Iván
Ek het ook etenstye deurgebring in Van Schaiks, selfde tyd as jy naamlik die hele 70’s en vroeë 80’s. Wonderlike plek gewees. Ek het honderde boeke daar gekoop, veral gedurende hulle uitverkopings want hulle het vir jou ordéntlike uitverkopings gehad – eers is die boek afgemerk na so die helfte van die prys en na ‘n dag of wat is daar ‘n nota wat sê die prys is nou die helfte van die afgemerkte prys. Ander boekwinkels verkoop boeke teen 80% van die prys en dan noem hulle dit ‘n uitverkoping. Ba!

Ewenwel, so paar maande gelede, dit kan ‘n jaar ook wees, is ek weer in daardie omgewing en wou weer so’n rukkie in Van Schaiks gaan rondhang maar die plek was nie meer daar nie, die hele gebou, ‘n pragtige voorbeeld van middel 20-eeuse argitektuur, was weg! Ek het gewonder of ek in die regte straat was en toe sien ek tot die straatnaam is ook nou weg, verander na BongoBubuBaba of Kgomogorokoko toe of so iets. Die hele omgewing was toiingrig, straatstalletjies oral en mense wat lusteloos bommel, ver van die polsende netjiese plek wat ek onthou.
Jy praat van drome; is dit nie ironies dat die ‘kunstenaars en ander leeglêers’ (terloops, ek stem nie saam met Oom P dat kunstenaars leeglêers is nie) waarteen Oom P jou gewaarsku het, se droom toe die nagmerrie geword het wat ons tans beleef nie? Breyten is briljant, ‘n virtuoos MAAR hy het hom geskaar, was trouens een van die voorbokke, by diegene wat hulle vir hierdie bedeling beywer het.

Plaas dat jy meer met Oom P ‘en sy soort’ gepraat het; jy sou dalk meer simpatie met hulle gehad het as jy kon uitvind hoekom hulle bedenkinge gehad het. Dalk het hulle jou nog oorgehaal na húlle droom van vrede en stabiliteit want, per slot van rekening, het dinge toe so realiseer soos hulle gewaarsku het. Dit help nie jy lig nóú jou kop op, noudat hy ‘snak na sy laaste asem in ‘n rystoel’ of ‘n ‘maal vir wurms’ is, en gee hom gas nie; hy kan nie terugpraat nie.

Buitendien, wie weet, dalk is Oom P deel van die 70% wat die groen lig vir die huidige bedeling gegee het; daar is baie wat in die 70’s hulle bedenkinge gehad het maar in die 90’s, danksy die uiters suksesvolle breinspoelprogram van destyds, het hulle toe blinkoog oor die ‘nuwe’ storie geraak. Jy’s dalk verniet kwaad vir hom.

Groetnis

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top