Die HERE Jesus Christus - Werklikheid en deurlopende invloed

  • 31

Die afgelope tyd is daar maar weinig bydraes deur gelowiges qua gelowiges op hierdie forum. Tewens, daar was omtrent niks, behalwe hier en daar kortstondige vertellings deur enkele gelowiges.

Tog vind ons dat die ‘debat’ oor Jesus Christus stééds ‘alive and well in living amongst agnostics’ is, soos tans weer die geval met die gesprekke tussen die plaaslike agnostici is.

Die nuutste (en sóveelste) debat is afgeskop deur Jaco se ‘navorsing’ oor die Horus and Jesus analogieë. Jaco se bronne is sorgwekkend gebrekkig en geloofwaardigheid ontbreek geheel en al en bestaan hoofsaaklik uit internet bydraers se napratery van ander napraters wat klaarblyklik elk telkens sy eie listige stertjie aan aanlas – dit is so duidelik sigbaar wanneer die lysie ‘ooreenkomste’ so deur die agnostici soos Jaco van tyd tot tyd op hierdie forum se geduldige kuberpapier herhaal word – elke keer groei die lysie se stertjies al langer namate die bespiegelaars se verbeelding oploop neem en integriteit eenvoudig in die proses vertrap word. Maar dit hou hulle besig...

Wouter lewer oudergewoonte ellelange nagevorsde referate oor skrywers omtrent die onderwerp wat hy as ateïs, óók oudergewoonte, baie sorgvuldig uitsoek om sy onderliggende agenda van verwarring omtrent sake Jesus Christus te ondersteun. Wouter se navorsing wys darem ook die onbetroubaarheid van die horus-tipe spekulasies uit. Hoewel Wouter se bronne vasstelbaar is, is hulle ook ongeloofwaardig in hul die eensydige gemeensaaklike agenda wat hulle dien – daar is weinig balans. Baie belangrike aspekte van die HERE Jesus Christus se lewe en bediening hier op aarde, wat juis perspektief en geloofwaardigheid verleen, word eenvoudig deur daardie sif van vooropgestelde agendas uitgesif en weggelaat asof dit nie bestaan nie – naamlik die massas verwysings na die HERE Jesus Christus se Spiritualiteit. Wouter se eensydige bevooroordeelde navorsing bied nie vir hom antwoorde nie en uiteraard verdiep die ‘misterie’ vir hom algaande.

Maar dit is juis daardie fenomenale Spirituele Krag van die HERE Jesus Christus wat vandag steeds en selfs verál vandag steeds, so alomteenwoordig funksioneer. Ons sien dit nêrens beter gedemonstreer as by die agnostici self, nie. Angus, die deurdagte ateïs wat graag vertel dat Jesus nie werklikheid is of selfs was nie, kan geen verklaring bied waarom dié ‘onwerklike’ Jesus vir hom steeds sóveel aantrekkingskrag inhou dat hy maar net nie anders kan as om álles te verslind wat hier (en sekerlik elders) oor dié ‘onwerklikheid’ geskryf en gesê word nie.

Wouter en Chris is nie oortuig dat Jesus kwansuis nie bestaan het nie, maar hulle is baie versigtig wat hulle daaromtrent sal erken.

Jaco ontken met tye nie die feit dat Jesus op aarde geleef het nie. Op ’n tyd het hy te kenne gegee, as ek reg onthou, dat hy nie twyfel dat Jesus (as mens) bestaan ‘het’ nie, maar sy horus-kettery dui weer op die teenoorgestelde en is maar net nóg ’n voorbeeld van dié mense se verwarring.

En so kan ons aangaan om voorbeelde op te noem.

Maar dít het hulle almal in gemeen - hulle ontken ook die HERE Jesus Christus se Goddelikheid.

Sommige gelowiges vertel hoe ‘interessant’ hierdie spekulasie en kettery onder die agnostici vir hulle is, maar vir my is dit gewoon tragies dat hulle so verdwaal is en is dit werklik nie genotvol nie.

Die feit is dat hulle algar eenvoudig behep is met die fenomenale HERE Jesus Christus – eienaardig só, want waarom sou mense dan só behep wees met iets wat nog nooit kwansuis bestaan het nie (soos die Thomasse en Angusse sê hulle glo) of selfs net kwansuis ’n onbelangrike, eenvoudige mens was wat duisende jare gelede gelewe het en wat, nes talle ander van die tyd, kwansuis ’n gewelddadige dood gesterwe het (soos die ander sê hulle glo)?

Maar ons weet – dit is die onuitblusbare, ewige Goddelike Spirituele Krag van die HERE Jesus Christus en Sy opgetekende Woord wat net eenvoudig nie toelaat dat Hy óóit werklik uit hul gedagtes gesit kán word, nie, al probeer hulle ook hóé. En dit is juis hiérdie kenmerk en aspek van die HERE Jesus Christus wat hulle algar soos die dood probeer vermy, terwyl juis dié kenmerk en Krag van die HERE Jesus Christus en die invloed wat dit oor die eeue heen selfs vandag nog, op biljoene mense wêreldoor het, die bewys is van die HERE Jesus Christus se bestaan en werklikheid en heerskappy – iets wat hulle agnostiese oriëntasie weens daardie psigose (wat ons al telkemale bespreek het) eenvoudig nie toelaat om te oordink en te erken, nie.

Om Jesus Christus die HERE te verstaan, moet mens darem kan insien hoe die Goddelike Spiritualiteit werk. God ís, na alles, dié Spirituele Wese Wie die vermoë het om dinge in die fisieke te laat manifesteer. Maar dit is juis hiérdie aspek wat die agnostikus net eenvoudig nie kan insien of selfs begryp nie (en snedig raak of selfs aanstoot neem as mens dit vir hulle uitwys). Dit is ook die aspek en onderwerp waarin hul hulle onbeholpe bevind aangesien hulle net eenvoudig geen werklike begrip daarvoor het nie.

Jesus die mens se fisieke liggaam was dus die huisvesting van Jesus Christus die HERE, geïnkarneerde Woord van God, as Spirituele Godheid en derhalwe Sy hoedanigheid as Seun van die Mens – die Godheid. Terwyl hierdie konsep en begrip vir die ware gelowige géén probleem bied om in te sien nie, is vir die agnostikus ’n onbegryplike enigma wat vir hulle totaal onverwerkbaar weens hulle onvermoë om die fenomeen en ervaring van Goddelike Spiritualiteit te identifiseer en konseptualiseer. Daarom verwerp hulle die konsep van Goddelike Spiritualiteit ook sommer eenvoudig.

Só is die mens self ook ’n spirituele wese juis só ontwerp deur God Self, om met God kontak te maak en uit te leef én om te verstaan Wie Jesus Christus werklik is.

Maar omdat die agnostikus dit nie kan insien nie, wat nog te sê, beleef, sal hulle met hul debatte rondom Jesus Christus altyd in sirkels omgaan en dieselfde onwaarhede en onakkurate bespiegelings telkens vir mekaar opdis in ander kleure en geure. Maar hoewel hulle van Jesus Christus probeer wegkom, is hulle eienaardige beheptheid met Hom die teken en bewys dat HY nie bereid is om van húlle weg te gaan nie – en word hulle, hoe teësinnig hulle ook al is, gedurig aan SY werklikheid en bestaan herinner wat hulle dan op hulle beurt met hulle eensydige, sorgvuldig gekose bronne en bespiegelings en probeer weerlê maar nóóit kán slaag nie.

Jesus Christus die HERE lééf en het nog áltyd geleef – self vir ’n tyd lank in menslike gestalte as sondelose Mens op aarde., soos wat ons ook in die Woord lees.

Jesus Christus die HERE Lééf en sal altyd leef – vir almal. Van Hom is daar, Goddank, géén wegkomkans nie.

Kobus de Klerk

  • 31

Kommentaar

  • De Klerk, jou probleem is eenvoudig: Jy sê self dat Jaco én Wouter na bronne en referate verwys. Die bronne en referate mag dalk in jou oordeel gebrekkig wees, maar ten minste gebruik hulle, en ook oa Chris Dippenaar, verskeie bronne / artikels / referate  om die debat te stimuleer. Wat doen jy? Jy skryf ellelange paragrawe met woorde soos "...napraters, bespiegelaars, fenominale spirituele krag, spekulasie, kettery, geïnkarneerde woord, sirkels, onwaarhede, fenomeen, onbegryplike enigma, ens. Bla bla bla…”

     

    Dit laat jou dalk goed voel. Maar nêrens, nêrens poog jy om enigsins jou eie gegorrel te bewys met enige gepubliseerde historiese bronne of navorsing nie. Aanvaar asb een ding: Ons leef in 2014 en ingeligte lesers en denkers is moeg vir die dogma wat oor jare aan ons as “die wetenskaplike waarheid” opgedis is deur dominees en sondagskoolonderwysers en die “christelik-nasionale” skole waar ons na die goed moes luister. Ons glo dit gewoon nie meer nie.

    As jy wil saam debateer, doen so, maar maak jou punt (tog kort asb) en staaf dit met substansie, nie met lang, onverstaanbare sinne en herhalings nie. Jy’s 'n verleentheid vir jou eie standpunt. O ja, en onthou tog ook: Die bybel is nié ‘n wetenskaplike dokument nie.

  • Kobus de Klerk

    Rigter,

     
    Jou wetenskap laat jou sodanig in die steek dat jy nie kop of stert kan uitmaak waarvan ek praat nie - maar dit is 'n probleem eie aan die klompie van julle wat agnosties is.  Maar miljoene der miljoene ander mense - gelowiges - het absoluut geen probleem om te begryp waarvan ek praat nie.
     
    Jou soort geteem van jou 'wetenskap' wat eintlik 'n geknakte leunstok vir jou is en jou net die bult van kennis kan uitkry nie, is baie tekenend van die ingrypende probleem waarmee julle as agnostici opgeskeep sit.
     
    Wat die bronne aanbetref, kan ek jou na talle Geestelike skrywers en werke verwys waarvan jy straks ook al weet, want dit is algemeen beskikbaar ne bekend, maar jy is sekerlik nie opgewasse om dit te begryp nie en vermy dit eerder - soos ek juis hierbo in die artikel uitwys.
     
    Wat die bewyse vir wat ek weergee waar dit julle raak, aanbetref, verskaf julle geredelik die bewyse vir algar om te sien.
     
    Soos jy sê, die dinge wat ek skrywe is vir jou onverstaanbaar selfs in die eenvoud wat dit aangebied is.
     
    Daar is dus geen punt in om verder met jou die aspek te bespreek nie. Jy kan in elk geval nie kritiek lewer op wat ek skrywe nie - jy het nie die vaagste benul waarvan ek praat nie.
     
    Hoop jy kom eendag reg. Intussen is jy vasgevang in jou minuskule wêreldjie wat jy vir jou as agnostikus geskep het.
     
    Kobus de Klerk
  • Hello Kobus, 

     
    Slaan my om met 'n veertjie! 
     
    Waar was jy? 
     
    Of dan, van waar gehasie? 
     
    Los my stoksiel alleen as attehus om te veg vir Jesus. 
     
    En nog steeds is jy nie tevrede nie. 
     
    Ek veg vir die bestaan van Jesus. Hoe bedoel jy nou, ek is nie seker nie?. 
     
    Die ergste waarvan ek beskuldig kan word , is net, dat ek  nie oortuig is van die goddelikheid nie. 
     
    Dit is natuurlik 'n gesprek op sy eie en is dit al gedoen en weet jy die debat daaroor het vir 700 jaar in die Kerk gewoed en het ons hier ook al daaroor argumenteer. 
     
    Maar die gesprek is nou joune. Ek hoop jy looi ons goed. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Dit is so dat daar van die "agnostici' is wat altyd na hul strooipop Kobus de Klerk sal verlang op die werf.

    Die siamese tweeling Dirk Rigter Jaco Fourie, strook egter steeds duidelik uit dieselfde hart hierbo.Hierdie "volledige bydrae" van Kobus de Klerk, is gewis niks meer as 'n kommintaar op die karikatuur "Wouter Ferns" se onderwerp elders nie.

    Alhoewel ek hier en daar eens kon wees met Kobus de Klerk aangaande sekere aspekte, dit duidelik is dat Kobus de Klerk nes sy mede sinici, ook nie 'n benul het aan herinterpretasie, of te wel, midrash in die Bybel nie.My standpunt hieroor is welbekend aan die sinici (gelowig en ongelwig).

    Ja, die rede dwaal soos gewoonlik weer van die een uiterste na die ander in die werf se berugte "slim" misantrope se gedagte.

    Ek kan maar net nogmaals herhaal dat die vrae hierbo deel maak van antwoorde in algemene Katolieke en katolieke katkisasie.Die "hangers" waaraan Jesus in die Bybel getooi word , staan bekend as herinterpretasie, of te wel midrash ...

    Ek't reeds genoeg hieroor getik, dog ek geheel bereid is om enige ander se vrae te antwoord.

    Wat ek wel heelhartig ook hier sou byvoeg, is dat die persoon van Jesus groot genoeg is om - selfs wanneer Hy lomp - maar ernstig nageteken word in moderne letterkunde soos in Jésus de Montréal - iets van Sy majesteitlikheid te laat deurskroei!

    Dis nooit 'n kwessie van OF ons GOD bevraag nie, maar altyd HOE ons dit doenMag Jesus Christus onse HERE, self die MITE van Sy bestaan in 'n ieder se hart waar maak.

    Namaste!

    Cornelius Henn

  • Kobus, ek was bly om weer jou naam te sien, want my vermoede was dat dit gesondheidsgewys sleg met jou moet gaan as jy so lank 'n stilte handhaaf. My blydskap was van korte duur want dit is nog steeds dieselfde KdeK van vorige jare wat homself op die skouer klop. Die nederigheid en die liefde is steeds afwesig.

  • Kosie, daar's so 'n lekker Engelse gesegde, " if you want to fly with the eagles, don't feed with the chickens." Overgesetsynde in Afrikaans: " Trek jou tokse aan as jy op die groot veld wil bal skop."

     

    Ons wag in spanning vir jou bronne waarop jy jou "...fenomene en spiritualiteit..." baseer. Hoe sê jy hierbo, "...talle geestelike skrywers...? Wie's hulle? Wat is hulle wetenskaplike status?  Gee besonderhede dan praat ons verder. Intussen verwonder ek myself aan jou "...onverstaanbare eenvoud..." Inderdaad onverstaanbaar.

     


     

  • Ek is nie in die Geloofsdebat betrokke nie. Ek wil en gaan ook nie daarby betrek word nie. Wat my egter aan die dink laat sit, is die reaksie van die nie-gelowiges oor die onderwerp. Vir ongelowiges ken hulle die Bybel besonder goed, nie dat ek sê hulle moet nie, maar is gou om die gelowige se oortuigings te kritiseer en of af te maak as snert. My beskeie mening is dat as jy nie aan iets glo nie, hou jou opinie vir jouself. As jy nie saam met iemand stem nie, aanvaar die ander persoon se reg tot eie denke en oortuiging. Ek het nie 'n saak of iemand 'n gelowige is of nie. As jy nog nie die besluit gemaak het of jy aan die Drie Enige God glo nie, is dit jou saak. Los my net asb uit. Ek dink ook dat ongelowiges "jaloers" is dat hulle nie dieselfde ervaring as gelowiges het nie, en dat vrees hul beetgekry het en onseker is oor wat gaan gebeur as hulle op die aarde groet. 'n Bang kat maak benoude spronge. Kry vir julle.

  • Kobus de Klerk

    Dirkie,

     
    Jou onkunde oor Geestelike skrywers en kenners is meer fundamenteel as wat mens maklik sou wou toegee. Jy weet werklik nie?
     
    Dan moet ek tog vir jou eers vra - met watter van die 'wetenskap' metodes of tegnieke wat aan jou bekend is, kan jy vir Spiritualiteit toets? Is daar al in jou uiters bekrompe wetenskaplike verwysingsraamwerk 'n toets of metode geformuleer wat jou kan help? Nie? Nou hoe op deeske aarde sal jy dan nou ook kan verstaan waarvan ek praat?
     
    En tog verhinder dit jou nie om so 'n klomp onsinnige snert kwyt te raak nie. Jou gesegdetjies was ongelukkig nie die eier van jou gesig af nie - dit vestig eerder die aandag daarop.
     
    Ek het vir jou gesê die gesprek met jou oor die onderwerp waarvoor jy nie opgewasse is nie, is 'n futiele oefening.
     
    Jy het duidelik niks by te drae nie. Die res wat jy kwytraak, is dom. Beter om dit te laat staan.
     
    Kobus de Klerk
  • Reusedwerg, 

     
    Na jou vloermoer van 'n ruk terug, toe jy heeltemal "Greta Garbo", op ons gegaan het en webvoet daardie oulike kwaad dwergie foto geplaas het, met die "I just want to be alone" van Greta Garbo. Was dit net jou twee regse broers wat reageer het, so jy word uitgelos. 
     
    Maar tog is die paradoks, jy druk in, dui aan, "los my net asb uit". 
     
    Jy stuur "mixed signal's", soek jy juis nie aandag nie, met hierdie alewige "los my uit van jou", want na jou vorige vloermoer is jy uitgelos, en nou kom jy weer, "los my uit". 
     
    Stop nou om te vertel dat jy uitgelos moet word, want dit is wat gedoen word.
     
    Nou as ongelowiges en gelowigies, kan daar oor seker enige onderwerp argumenteer word, waarvoor daar 'n mark is. 
     
    Daarom is jy wil uitgelos word, bly dan uit die gesprek uit. 
     
    Ek het geen probleem om jou te ignoreer nie. 
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Beste Reusedwerg,

    Ek het geheel ooreenstemming met jou.

    Wat 'n mens ook hier aan die sinici sou kon vra - aan beide Kobus de Klerk en die sogenaamde "agnostici" (ja, Kobus de Klerk is so "slim" maar het steeds nie 'n benul aan die verskil tussen 'n ateis en 'n agnost nie) - of hulle dan regtig wil dat almal soos hulle anderhaters moet word?

    Stellig nie!

    Wie gaan daar vir die misantrope oor wees om dan met soveel afkeur te bejeen as daar nie meer iemand is met 'n moraal, liefde en respek vir andere se harte nie?

    Dis juis Kobus de Klerk, die klug "Wouter Ferns", Jaco Fourie, Dirk Rigter, Chris Dippenaar, Trienie Mahne ... se aanstoot omtrent my ook; my respek vir elke hart op aarde en vanselfsprekend die feit dat ek gereeld hul patologiese ego daarmee kneus.

    Sodra ek die werklikheid sonder uitkoms aan hul bedrog stel, dan verklaar hulle dit as "niksseggend". Dis die enigste manier hoe hulle hulself kan bedrieg en om hul snert verder te dweep.

    Namaste!

    Cornelius Henn

  • Cornelius, dankie vir jou positiewe kommentaar. Ek het 'n wilsbesluit gemaak dat ek soos iemand al op die net genoem het, van toksiese (giftige) mense ontslae raak. Ek vermy ook mense wat my wil aanvat oor  my Geloofsoortuigings. Ek het baie tyd maar nie tyd om te mors nie. Soos ek genoem het, die ongelowiges is in hul harte bekommerd wat gaan van hulle word die dag as hulle permanent groet. Ek het nie daardie bekommernis nie.  Ek gaan ook nie met knip en plak van die internet mense probeer beindruk nie, want ek kan nie. Was hierdie afglelope naweek in die geselskap van my skoonsus se maatjie gewees. Die dame is erg slim en kom uit 'n eksentrieke familie uit. Sy is as persoon baie aangenaam. Sy het op 'n stadium haar misnoee oor die Christendom uitgespreek en Jesus as 'n karikatuur afgemaak. Ek het haar net gevra wat gaan van haar word die dag as sy groet. Sy kon my nie antwoord nie. Ek haal toe 'n slagspreuk (grafitti) aan wat iemand vir my gestuur het. "If you don't believe in Jesus Christ as your saviour, you should not think of dying one day". Sy bly my 'n antwoord skuldig. 

  • Beste Kobus,

    My wêreld! Ek kan my oë nie glo nie! Welkom terug!  Jy's beslis gewilder as ons dominee. Sy kerk loop leeg.
     
    Aangesien jy my naam so ydelik gebruik: waar het ek al ooit gesê Jesus bestaan nie? Dit lyk my jou eng Christenbreintjie is so gepiekel deur indoktrinasie-opium dat jy nie meer kan verstaan wat jy lees nie. Wat ek herhaaldelik al gesê het is dat Jesus wel bestaan. Hy is 'n karakter in die vier evangelies van die Bybel. Hy bestaan net soos Mary Poppins en Sneeuwitjie, of soos Jan van boontjierankfaam, as jy wil.
     
    Gelukkig dat jy weer van jou laat hoor hier op SêNet; die ou klomp de Klerke hier kan nou weer rigtingloos agter hulle leier aan ronddobber.
    Groete,
    Angus
  • Kobus de Klerk

    Wouter,

     
    Dit is goed as jy dan op die stadium gekom het waar jy bereid is om te erken dat Jesus wel op aarde as mens geleef het - al wat dan nou oorbly is vir jou om die kwantumsprong, die paradigmaskuif te maak en uit jou agnostiese paradigma te ontsnap en jouself toelaat om te glo dat Jesus die HERE is en God is sodat jy jouself kan toelaat om die getuienis van Sy bestaan en invloed te kan eien en erken en dan herken.
     
    Dit behoort veral vir jou, glad nie so moeilik te wees nie.
     
    Angus,
     
    Wat ons uit jou bydrae sien is dat jy nie meer kan onderskei tussen werklikheid en fiksie nie. Jy self getuig hier dat Jesus vir jou 'n fiktiewe persoonlikheid is maar dat die fiktiewe persoonlikheid vir jou 'bestaan' - dus werklikheid is. Maar ons weet, daar is 'n fundamentele onderskeid tussen werklike persone en fiktiewe kamma-persone. Laasgenoemde het geen bestaansreg nie en lewe nie. Iets wat bestaan, lewe. In soverre jy dus erken dat Jesus bestaan, selfs nou nog, erken jy dus daarmee dat HY  lewe. 
     
    Verder, as jy daarmee sou wou voorgee dat gelowiges en veral Christene se geloof verbonde is aan 'n fiktiewe persoonlikheid, dan bevind jy jou mos in presies dieselfde posisie - hierbo doen jy moeite om dit vir ons te verduidelik.
     
    Maar terwyl jy weens jou agnostisisme nie meer kan onderskei tussen werklikheid en fiksie nie (baie duidelik sit jy dit self vir ons uiteen met wat jy skrywe), is ons as gelowiges nie in daardie posisie nie. Ons kan baie, baie maklik onderskei tussen die lewende Jesus Christus en die fiktiewe Alice in Wonderland, net soos ons kan onderskei tussen die werklike Julia Roberts en die fiktiewe Mary Poppins - jy sien, ons gebruik ons spirituele sintuie, ons spirituele 'oë' en 'ore', net soos ons, ons fisiese oë en ore gebruik, iets wat jy klaarblyklik nie die vermoë het om te doen nie. Nie omdat jy dit nie het nie, maar omdat jy dit onderdruk asof  jy dit nie het nie. Sommige mense doen dit maklik - hulle onderdruk 'n talent sonder om dit ooit aan te wend omdat hulle dink hulle het dit nie.
     
    Alle mense, ook jy, is toegerus om kontak te maak met die Godheid, met die HERE Jesus Christus. Navorsing het dit al telkens bewys op verskillende maniere - ek het mos al dikwels na daardie studies verwys in die verlede.
     
    George,
     
    Ek dink jy het maar sommer jou eie definisie van 'liefde' saamgeflans. Dit is jammer, want die HERE Jesus is juis vir ons die voorbeeld van perfek gebalanseerde ware Liefde. Ek wonder of jy jou Bybel, waarin die Woord opgeteken staan, hoegenaamd lees? Dalk laat jy dit net aan jou dogter oor... Miskien sal jy dan vir Jesus ook te lig bevind aan jou eie definisie van eiegeregtige sogenaamde 'liefde' - HY het immers sommiges kinders van die duiwel, ander slange en nog ander gewitte grafte, ens genoem, want HY kan immers perfek onderskei tussen goed en sleg, boos en rein en noem HY dit dan by die naam - terwyl jy eerder sal oordeel en te lig bevind, net soos sommige wat hulleself dit veroorloof om hulle sogenaamd net te 'omring' met mense wat na hulle oordeel vir hulle 'positief' is en die res sommer maklik eenkant toe skuiwe en selfs verwerp... dit is liefdeloosheid, is dit nie? Is dit wat die HERE Jesus doen en leer? Wie van julle wat so meewarig ander oordeel as julle persoonlike aandag en spasie nie waardig nie, is waardig om in die HERE se spasie te beweeg? Doen HY dit ook met julle, met die res van ons? Goddank nie... Dank Hom!
     
    Ek wonder wat sou van ons geword het as die HERE Jesus Christus so met ons gemaak het soos wat sommige bereid is om  met hul medemens te doen - ons sou verlore gewees het. Maar julle wat so maak matig julle die skaal van oordeel aan om ander uit jul 'omgewing' probeer verwyder wat julle nie geval nie... Skande! Onchristelik en liefdeloos, is dit nie?
     
    As die HERE dan van ons verwag om SY boodskap en Evangelie te verkondig in ons omgewing, hoe sal ons dit regkry as ons die sogenaamde 'negatiewes' en 'aanstootlikes' eerder opsy skuiwe en selfs verwerp? Is dit wat die HERE met ons doen? Of het julle besluit SY opdrag geval julle nie en sal julle dit eerder ignoreer omdat dit vir julle onaangenaam en ongerieflik is? Is dit waar daardie onChristelike houding vandaan kom dat sommige gelowiges sê dat hulle nie omgee wat ander glo of nie glo, nie (en dus, vir al wat hulle omgee, hel toe kan gaan... want dit is wat daardie traak-my-nie-agtige arglose houding noodwendig impliseer)
     
    Indien julle nie saamstem nie, wys vir my uit in die Woord waar julle geoorloof word om julle medemens so te oordeel en te sif...
     
    Waak tog eerder teen die hipokrisie.
     
    Kobus de Klerk
     
  • Beste Kobus, 

     
     Dis tog duidelik in my skrywe hierbo dat ek die verskil tussen werklikheid en fiksie ken. Dis jy wat ?f nie kan lees nie, ?f dit gerieflikheidshalwe nie wil insien nie.
     
     ? Fiktiewe karakter, soos Jesus, lewe net in ? fiktiewe wêreld, nie in die werklike wêreld waarin ons lewe nie. 

     Dit is jy wat nie die onderskeid tussen fiktiewe en werklike karakters kan tref nie; en niemand kan die rede daarvoor duideliker stel as jy self nie. Jy sê mos: “jy sien, ons gebruik ons spirituele sintuie, ons spirituele 'oë' en 'ore', net soos ons, ons fisiese oë en ore gebruik.” 

     Daar is dus geen onderskeid tussen wat julle met julle spirituele en fisiese oë en ore waarneem nie. Nou verstaan ek uiteindelik waarom Christene spoke, duiwels en afgestorwe voorvaders  kan sien, en nie ek nie.

     Dankie, Kobus, vir daardie pragtige verduideliking. Ek skryf dit spesiaal in my boekie neer vir toekomstige gebruik. (Christene gebruik hulle spirituele oë en ore  net soos hulle hulle fisiese oë en ore gebruik.) Skitterend!!!

     Groete, 
     Angus 
  • Hello, 

     
    Die naweek wat verby is het ek die geleentheid gehad om 'n film te sien wat ek lankal wou gesien het en toe uiteindelik by gekom het. 
     
    Dit is 'n ingevoerde DVD van The Great Beauty (La Grande Bellezza) wat die wedevarings van Jep Gambardella uitbeeld,  'n flâneur wat die strate van Rome bewandel in die dag en ook so in die nag en naglewe tot die maksimum ervaar en dan sy kommentaar en gewaarwordinge met ons deel. 
     
    Dit dek die periode na sy 65ste verjaardag en die ennui wat hy ervaar en sy soeke na skoonheid. 
     
    'n Film wat sonder enige twyfel aanbeveel kan word, maar wat ek wil uitlig daaruit is die volgende, soos die film dit neem van Journey to the End of the Night geskryf deur Louis-Ferdinand Céline en 'n goeie boek in eie reg. 
     
    Louis-Ferdinand Céline open  sy boek soos volg:
     
    To Elisabeth Craig
     
    Our life is a journey 
    Through winter and night,
    We look for our way
    In a sky without light.
     
    (Song of the Swiss Guards 1793) en volg dit met die volgende en open die film ook daarmee: 
     
    Travel is useful, it exercises the imagination. 
     
    All the rest is disappointment and fatigue. 
     
    Our journey is entirely imaginary. 
     
    That is its strength.
     
    It goes from life to death. 
     
    People, animals, cities, things, all are imagined. 
     
    It's a novel, just a fictitious narrative. 
     
    Littré[1] says so, and he's never wrong. 
     
    And besides, in the first place, anyone can do as much. 
     
    You just have to close your eyes. 
     
    It's on the other side of life.
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
    [1] p. vii Littré. Emile Littré (1801-81), French lexicographer. His Dictionnaire de la langue français enjoys the prestige of Webster in the United States and of the Oxford English Dictionary in England.
  • Kobus de Klerk

    Angus,

     
    O, maar ons gelowiges (daar is massas van hulle wêreldoor) ken die verskil in aanwending en aard tussen fisiese  en spirituele oë en ore, en as jy dit ook kon beleef, sou jy ook weet - dit is juis waarom ons so duidelik kan getuig dat die een fisies is, en die ander spiritueel, maar beide ewe werklik. Maar jy is spiritueel afgestomp en as sulks spiritueel siende blind en horende doof. Omdat jy nie daardie vermoë (wil?) beoefen nie, sal jy natuurlik nie die verskil kan herken en begryp nie. Vir jou as ateistiese agnostikus  is die realiteit van spirituele belewenis bloot fiksie, omdat jy dit, soos alle ander fiksie, nie self kan beleef nie en slegs kennis daarvan neem. 
     
    En tog, in jou beskrywing aanvanklik het jy duidelik die fiktiewe ook as werklikheid beskou - iets wat ons nie doen nie. Dit wil dus voorkom dat jy besonder verward is rakende hierdie dinge. In die een asem sê jy Jesus is fiksie en mite maar tog leef HY en in die ander asem sê jy fiksie en mite is nie deel van die werklikheid nie. Lees gerus weer jou twee bydraes om die implikasies daarvan behoorlik te ondersoek - daaruit blyk jou verwarring. Verward, omdat jy jou omtrent iets wil uitlaat waarvan jy niks weet nie (Spiritualiteit) en dit dan in verband bring met die bekendes in jou eng verwysingsraamwerk (kinder fiksie en mitologie) wat uiteraard verwarring by jou sal veroorsaak.

     
    Wouter,
     
    Jou Louis-Ferdinand Céline kom maar as 'n negatiewe, bitter mens voor wat werklikheid eerder probeer afmaak as 'n statiese, uitgerekte verbeeldingsvlug - dit lyk vir my na die filosofie van 'n waansinnige wat sy tyd in die gestig probeer verwyl...  Is dit wat agnostisisme van mense maak?
     
    Kobus de Klerk
  • Hello Kobus, 

     
    Louis-Ferdinand Céline het sy komplikasies en is nie 'n "aangename" persoon nie, wat beteken die debat van die kunstenaar versus die werk kom weer na vore. 
     
    Moet 'n rassis, vrouehater, homofoob nie gelees word nie weens bogenoemde gebreke of dan wat Louis-Ferdinand Céline betref 'n anti-semitiese met 'n siniese uitkyk op die lewe. 
     
    Wat sal jy dan maak van Samuel Beckett se droewige uitkyk op die lewe?.
     
    Dit is onseker of enige blik van die lewe die korrekte en redelike weergawe van die diep werklikheid is en alhoewel daar spekuleer kan word of oor hoe reg Samuel Beckett is oor die diep werklikheid is dit nog steeds leersaam om deur sy blik te werk en impliseer dit geen waansin of 'n produk van ongeloof nie en opname in 'n gestig nie. 
     
    Dit kan omgedraai word ook, wat gemaak met die gelowiges wat in hul diepste wese opreg is maar 'n fiksie aanbid en 'n hele lewe daarvolgens rig en mense oordeel, veroordeel en beoordeel daarvolgens en alle waarhede buite 'n eng gevolgde waarheid ontken en daarmee die kompleksiteit van die bestaan heeltemal ontken.
     
    Wie se lewe is nou een lang verbeeldingsvlug?
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Beste Kobus,

    Jy bly nog maar verward. Natuurlik bestaan die fiktiewe werklikheid, soos elke letterkundige werk, hetsy roman, kortverhaal, novelle, of wat ookal dwars oor die wêreld se letterkunde, kan getuig. Hierdie werke sal nie kan bestaan sonder 'n geldige milieu waarin die karakters beweeg nie. 
     
    Hoeveel onse jy op 'n pond het as jy van jouself praat, weet ek nie, maar kom ons neem aan dat jy bedoel "ons Christene". Dan slaan jy die bal heeltemal mis, want baie van die skrywers en lesers van fiksie, is Christene. Hulle sal mos hulle boeke in die asdrom smyt as dit nie as milieu, 'n reëele  wêreld het nie?
     
    Kyk net die briljante fiktiewe werklikheid wat die skrywers van die Nuwe Testament  skep. Soveel so dat miljoene der miljoene Christene gefop word met die Christus karakter en dink hy is 'n lewende persoon. 
     
    Ek is beslis bewus van wat fiktief is en wat werklik is, maar die spiritueles ken nie die verskil nie, want hulle spiriuele en fisiese  oë en ore kyk maar dieselfde, soos jy hierbo self gesê het. Jy probeer nou jou storie verander deur deur "gebruik" van die oë en ore te verander na die "aanwending" van die oë en ore. Dit maak absoluut geen verskil nie. Dit beteken nog steeds die Christen kan nie onderskei tussen sy verbeelding en die werklikheid nie. 
     
    Groete,
    Angus
     
     
  • CorneliusHenn

    Beste Angus, ek weet jy't dit al iewers genoem, maar wat is jy - 'n ateïs of 'n agnostikus? ... of voel jy dalk regtig so gesplete soos Kobus de Klerk bepaal het naamlik "ateïstiese agnostikus"? ... onthou ook gerus dat vanuit Kobus de Klerk se patologiese narsistiese beskouing gesien, staan hy as enigste bewaker van die Poorte en bepaal hy wie "sake Gods" mag praat en wie nie ... ook as 'n "ou grote" soos hy graag na homself verwys, is die woordjie "ek" veels te klein ... Kobus de Klerk se "ons" verwys eintlik na sy bose drieheid naamlik "me, myself and I" ... wat hom regtig sterk maak is jou en ander se strooipop ophemeling ... geniet dit as jy wil, maar ek is wel dankbaar as jy hom minstens telkens bevraag omtrent wie hy bysleep in sy onthutstheid ... ek het vrede wat enigeen glo en nie glo nie, maar weet verseker; Kobus de Klerk staan onbetwisbaar as die "Plataarde Genootskap vir Ware Gelowige Bybelaanbidders", se hoëpriester ... Namaste! Cornelius Henn

  • Kobus de Klerk

    Wouter,

     
    Jou aanmerking hierbo dat die gelowiges wat in hul diepste wese opreg is maar 'n 'fiksie' aanbid en 'n hele lewe daarvolgens rig en mense oordeel, veroordeel en beoordeel daarvolgens en alle waarhede buite 'n eng gevolge waarheid ontken en daarmee die kompleksiteit van die bestaan heeltemal ontken, is ongelukkig die weerspieëling van die tragiese verwarde onbegrip van die tipiese agnostikus, wat aan die eenkant sal skrywe dat, wat die HERE Jesus se Goddelikheid aanbetref, hy nie oortuig van Jesus se Goddelikheid nie, maar dan onmiddellik erken dat dit tog so maklik is om verkeerd te wees oor alles en net in die volgende asem sal hy skrywe dat die gelowiges 'n 'fiksie' aanbid asof dit nou 'n feit en waarheid is.

     
    As jy in staat sou wees om te ervaar en te glo wat die deursnee gelowige ervaar, en beleef, sou jy sekerlik nie soiets geskrywe het nie en behoort jy selfs nou tot die besef te kan kom dat, na al die duisende jare en die verbete teenstand veral die afgelope paar eeue wat sake Gods van die skeptici en agnostici ervaar op alle vlakke en fronte en die korps van gelowiges nie kleiner word nie, maar wel groei, dat die fout in daardie verband nie by die gelowige lê nie, maar by die ateis, die agnostikus, wat vir sy eie onthalwe eerder sal voorgee dat dit die groeiende massa is wat verkeerd is, as die paar uitsonderings wat die geloofstap net nie kan neem nie (vir redes telkens al bespreek). Jy behoort mos te kan sien dat jy nie hond sal haaraf maak met sulke onsinnige en uiters onverantwoordelike aanmerkings nie.
     
    En dan, te oordeel aan jou kommentaar, sien jy selfs nie in hoe Celine die harde werklikheid vir homself eerder as verbeeldingsvlug probeer afmaak en hoe die verskil van ander, duidelik uitkenbare fiksie, nie. Almal van ons kan fiksie van werklikheid onderskei, maar die geringe paar val so ver terug dat hulle dit selfs nie meer kan doen nie. Kyk maar gerus na Angus se kommentaar hierbo - die ergste is dat hy self nie eens meer kan agterkom hoe ver hy daarmee heen is nie - vir hom is fiksie werklikheid en werklikheid fiksie en in daardie kamma-milieu alles werklikheid - 'n Celine in plaaslike agnostiese gewaad.
     
    Miskien moet jy meer deeglik oor die dinge besin. Alles wat jy skrywe, alles wat jy aanhaal, alles waartoe jy tot gevolgtrekking kom, het een duidelike substraat - onsekerheid.
     
    Dit moet hel wees om so te lewe want jy sal bly soek en nooit vind nie (omdat jy bly soek daar waar nie te vinde is nie) tot jy jou asem in hierdie dimensie uitblaas vir die laaste keer - en steeds niks gevind nie. Waarvoor het jy dan gelewe? Het jy as agnostikus 'n antwoord vir hierdie vraag? Want hoe meer jy soek (op die sorgvuldig geselekteerde plekke waar jy soek) hoe groter word die raaisel vir jou - vandaar die grype na fiksie en die gepoogde omskepping van fiksie na werklikheid.
     
    Kobus de Klerk
  • Beste Cornelius,
     
    Weet jy nog nie wie ek is nie? Ek het dan altyd gedink jy het toegang tot SêNet se geheimenisse.
    Laat ek jou dan maar inlig. Ek is nog altyd hy, Angus. Die ou wat sy genetika in die huishoukundeklas geleer het, 
     
    Ek is nie 'n agnostikus nie, want vir my bestaan die bonatuurlikheid en gode slegs as skepping van die menslike verbeelding, as handvatsels van die primitiewe mens om die wêreld om hom te verstaan. 
     
    Ek is ook nie 'n ateïs nie, want daar is nie 'n teos wat ek kan teenstaan nie. Ek is liewer 'n agelowige, wat gelowiges in gode en spoke se geloof bevraagteken.
     
    Cornelius, jy het die vermoë om dit wat vir my duister is, op te helder. Die hoëpriester van die Plataarde Genootskap was mos Samuel Birley Rowbotham en hy was ook bekend as Parallax. Nou verstaan ek waarom Kobus so maklik kon oorneem by hom.
     
    Groete,
    Angus
  • Hello Kobus, 

     
    Ek skuld jou 'n volledige antwoord waar daar gepoog word om in alle erns jou te antwoord en dalk beter klaarheid vir die fondasie van my argumente te gee, maar ek is hierdie naweek by my ouers en is my tegnologie nie so opgestel soos dit by my eie huis is nie. So ek sukkel 'n bietjie om by my inligting te kom, waar is die "cloud" en hoekom het ek dit nie so opgestel nie. 
     
    Maar soos jy dalk kan verwag is my onmiddellike reaksie, dat daar nie 'n substrata van onsekerheid in my gemoed is nie, behalwe soos Barry Roux dit doen, ek stel dit aan jou, "dat ek is nie verwaand genoeg om te verklaar dat my ontleding van alles hier die korrekte ontleding is nie, daarom dan die opmerking van my kant af, "dit is so maklik om verkeerd te wees oor alles hier". 
     
    Dit moet nie gelees word as 'n onseerheid van my kant af om sekere gevolgtrekkings gemaak as 'n redelike verklaring van die diep werklikheid te aanvaar en dat ek my lewe daarvolgens rig nie. 
     
    Tot 'n bietjie later dan. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter 
  • Kobus de Klerk

    Wouter, 

     
    Jou aanmerking in verband met die status van jou afleidings van jou ontledings, naamlik dat dat jy nie verwaand genoeg is om te verklaar dat jou ontleding van alles hier die korrekte ontleding is nie, is presies wat jy sê dit is - ontledings en die afleidings wat jy daaruit maak.
     
     Maar miskien kan ek jou baie moete bespaar. Ons as gelowiges maak nie afleidings uit wat ons te wete kom nie. As ek met jou in gesprek is, is daar dermate sekerheid oor jou identiteit dat ek nie nodig het om werke te gaan oplees van mense wat nog nooit óóit met jou kennis gemaak het om vas te stel wat hulle opinie van jou bestaan en die aard van jou persoonlikheid is nie. Ek kan met sekerheid daaroor praat en hoef geen afleidings te maak nie omdat ek persoonlik in gesprek met jou is   Net so is die proses wat jy volg – jy gaan lees op van mense wat nog nooit óóit met die HERE kennis gemaak het nie, om vas te stel wat húlle opinie van Hom en Sy bestaan en die aard van Sy Persoonlikheid is nie.
     
    Net so ook met die HERE Jesus Christus. Ons as ware gelowiges is daagliks in kontak met Hom en daar is geen afleidings oor te make nie. Daar is sekerheid daaromtrent. Iets waaroor jy maar bloot net kan bespiegel weens jou gebrek aan bewuste kontak met die Godheid. Dan gaan jy ook heen en selekteer vir jou baie sorgvuldig 'bronne' wat juis jou spekulasie ondersteun omdat hulle ook oor presies dieselfde dinge spekuleer. Ek het jou nog nooit 'n werk sien aanhaal waar daar deur die outeur bevestiging plaasvind ten aansien van persoonlike kontak met die HERE Jesus Christus nie. En daar is baie wie daaroor skrywe. Jou seleksie is dus eensydig en subjektief gerig om jou agnostiese standpunt te ondersteun. 
     
    Daarom, in die lig van jou vooropgestelde agnostiese agenda en die ooglopende subjektiwiteit daarvan, is jou bydraes ongelukkig van geen waarde in die verband waar dit werklik saak maak, nie. Dit is ook waarom jou 'bronne' verwerplik is - hulle hou nie verband met die werklikheid omtrent die bestaan en funksionering van die HERE Jesus Christus nie en kan dus nie relevant wees nie. Meeste daarvan is blote semi-akademiese bespiegeling aangaande historiese gegewens waaroor nie genoegsame feite beskikbaar is om werklik betroubare afleidings te maak nie en dan boonop kardinaal belangrike aspekte soos die Spirituele ervaring van die Goddelikheid, eenvoudig glad nie aanspreek nie.
     
    Jy is egter welkom om jou volledige motivering en antwoord vir jou agnostiese standpunt te stel aan my, maar weet dat dit plat val vanaf die eerste woorde daarvan weens die eenvoudige feit soos hierbo aan jou genoem. Ek weet weens persoonlike kontak met die HERE maar jy raai - verkeerd - weens jou totale gebrek aan kennis van die HERE en ook jou geneigdheid om ‘navorsing’ te doen by diegene wat net so min kontak met die HERE het soos jy. Tensy jy natuurlik bereid sou wees om werklik objektief navorsing te doen.
     
    Glo my vry, jy ontmoet nie die HERE in die boeke nie want dit is nie Sy woning nie  - jy ontmoet Hom in jou hart - in die Boek is daar van Hom geskrywe en ook oor wat Hy sê en is dus deurspek van leidrade van hoe jy met Hom kennis kan maak en hoe HY is, maar die geskrewe woorde is nie Hy nie - die toepaslike gedeeltes daarvan is Sy Spirituele diktaat.
     
    Kobus de Klerk
  • CorneliusHenn

    Kobus de Klerk,

    Na jare wat jy Bybel as die Woord van God (Jesus Christus) en as enigste weg dweep, verklaar jy: "Glo my vry, jy ontmoet nie die HERE in die boeke nie want dit is nie Sy woning nie  - jy ontmoet Hom in jou hart - in die Boek is daar van Hom geskrywe en ook oor wat Hy sê en is dus deurspek van leidrade van hoe jy met Hom kennis kan maak en hoe HY is, maar die geskrewe woorde is nie Hy nie - die toepaslike gedeeltes daarvan is Sy Spirituele diktaat."

    Pragtig Kobus!

    Ek bid dat jy self ook goed 'n slag daaroor sal nadink en ander se HARTE waar hulle in besonder, heilig en alleen met Jesus Christus onse HERE verkeer, ook sal respekteer.

    Net GOD ken 'n ieder se hart!

    Geeneen - ook nie eens jy nie - het iets oor 'n ander se verhouding met GOD te dweep nie.

    Mag Jesus Christus onse Almagtige Lewende GOD, self die liefde in 'n ieder se HART wees.

    Namaste!

    Cornelius Henn

  • Kobus de Klerk

    Kerneels,

     
    Ek glo nie daar is mense wat hier lees wat verbaas is dat jy nie die implikasies van wat ek weergee, verstaan nie - dit is welbekend dat jy werklik nie begrip het vir wat jy lees oor sake spiritueel nie.
     
    Kom ek spel dit vir jou uit.
     
    Die geskrewe Woord (Bybel) is steeds, was altyd en in sy onveranderde formaat, sal altyd die enigste betroubare geskrewe bron van die Woord van God wees, soos aangevul deur die insigte, uitleg en uitbreiding soos deur die Heilige Gees van God aan die ware gelowige mens deurgegee (Johannes 14:25-26; 2 Timoteus 3:16-17).
     
    As jy enige insig of kennis had van die geskrewe Woord, Kerneels, sou jy ook besef dat die HERE Jesus Christus -  Wie se Naam jy so skandelik ydellik misbruik vir jou eie versinsels - dikwels uit die Woord as enigste geskrewe Woord aangehaal het - nie net toe Hy deur die duiwel versoek was nie, maar ook toe Hy in die tempel onderrig het.
     
    Daar is eenvoudig geen ander betroubare bron van God se Woord in geskrewe formaat nie - veral nie die onaanvaarbare gemors wat jy vir doeleindes van jou persoonlike religieuse poespas so bymekaar roer nie - want daarmee probeer jy strydige leerstellinge en onversoenbare dogmatiek alles oor die kam van kwansuis behorende tot Jesus Christus, skeer. Stel jou voor, bronne en leerstellings wat die Godheid van die HERE Jesus verloën en Sy rol en posisie as die enigste Christus en Messias verloën en wat Sy kruisdood vir die mensdom se sondes en SY wederopstanding misken en verwerp, is vir jou ewe aanvaarbaar.  Omdat jy geen insig het in die dinge waaroor jy so redeloos babbel nie. Jou botheid neem snel toe.
     
    Kobus de Klerk
  • CorneliusHenn

    Kobus de Klerk,

    Jou sterk afkeur aan my daargelaat.  

    Kom ons konsentreer net 'n oomblik op jou verwysing na "dogmatiek". 

    Hierin is ek absoluut eens met jou - ek steur my hoegenaamd nie aan dogma in enige Godsdiens op aarde nie.  

    Dogma is die hoeksteen van fundamentalisme.  

    Die enigste beginsel wat ek as  bevestig beskou, is dat GOD SELF geloof in ieder se hart bewerk.  

    Ek het nie jou slimmigheid nodig om GOD in my hart te ervaar nie.  

    GOD het ook nie jou slimmigheid nodig om die skapies in GOD se kudde te boelie of op 'n kol te jaag nie.  

    Jou meesteragtige toon omtrent ander se harte is 'n klasieke voorbeeld van dogmatisme (nes die Fariseers en Skrifgeleerdes van ouds).

    Menige hier het jou ook reeds op jou oorskatting van jou eie dogma gewys - jou waan waarin jy sonder enige bewys jou gedweep as onomstootlike waarheid verkondig.  

    Ploeter jy maar in jou dogma en kammahof voort as jy wil. 

    Ek vergewe jou nogmaals in die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE.  

    Mag Jesus Christus onse HERE ons van alle onderdrukkende en vasomlynde leerstellinge verlos.  

    Jou broeder in Adam,  

    Cornelius Henn  

  • Kobus de Klerk

    Kerneels,

     
    Jou gebabbel hierbo verg nie kommentaar nie, maar jy noem dat 'menige' hier het my kwansuis ook reeds op my sogenaamde 'oorskatting van my eie dogma' sou gewys het. En daardie 'menige' van jou is seker maar 'n verwysing na jouself en die handjievol ander ongelowiges wat hier skrywe... Jy kan natuurlik nie tel nie of jy verstaan nie die taal wat jy gebruik nie - of albei, heel waarskynlik.
     
    Ek sou verbaas en in myself baie teleurgesteld wees as jy en die ander ongelowiges met my sou saamstem in julle staat van ongelowigheid - dit is seker logies, nie waar nie? Uiteraard sal julle nie saamstem nie want ek is 'n ware gelowige (danksy die HERE) en die waarna jy verwys (jouself inkluis), ongelowiges. Julle sou net met my saamstem as julle ook gelowiges geword het. Dit sou baie wonderlik wees, maar julle is nog nie daar nie. Hopelik wel eendag?
     
    As jy ook 'n gelowige was, sou jy kon besef en insien dat ek gronde het vir alles wat ek die voorreg het om te weergee, want ek verkondig juis die Woord en nie sommer 'n eie dogma nie - iets wat jy natuurlik nie kan sê van jouself of doen nie want jy het jou eie poespas gemaak wat aaklig smaak op die Geestestong - selfs nie eens die agnostici kan jou gebabbel probeer verteer sonder om dit weer uit te braak nie.
     
    Arme jy. 'n Duidelik ongelowige wat paradeer as gelowige, maar by die eerste ondersoek blyk te wees 'n 'gelowige' van jou eie, onstandhoudende versinsels, wat jou natuurlik onmiddellik as ongelowige laat uitstaan.
     
    Hoeveel keer moet jy nog gewaarsku word?
     
    Geen ware gelowige kan of sal met jou ooit saamstem nie. Jy is op jou eie, verstrik in jou eie leuens - ook jou religieuse leuens.

    Kobus de Klerk
  • Kobus de Klerk

    Hierbo en elders gee Angus voor dat die HERE Jesus Christus nie werklikheid is nie, maar slegs 'n storie figuur. 

     
    Elders vra hy vir my bewyse van die bestaan van die HERE Jesus Christus, maar hy sê vinnig dat ek nie moet steun op die ervaring en kennis van die miljoene der miljoene Christene vir wie dieHERE dan ? werklikheid is nie, want, sê hy, al die gode (sekerlik met verwysing - nog steeds - na die klomp antieke afgode van die Grieke en Romeine ens) het ook miljoene der miljoene aanhangers gehad.
     
    Dit is net hier waar hy ernstig in sy agnostiese staat mistas.
     
    In die eerste plek - interessantheidshalwe - is daar geen bewys voor dat daardie antieke afgode 'miljoene der miljoene' aanhangers gehad het nie...
     
    Maar die eintlike kwessie is dit – die antieke volkere het geweet hulle afgode bestaan nie werklik nie – hoe dan anders. Hulle het dan die goed met hulle eie hande gemaak en het gereeld voor die goed neergeval om dit te 'aanbid' terwyl die afgod vir dekades lank star in sy doodsheid sit en staar sonder om enige reaksie hoegenaamd te toon. So ook het geeneen van hulle aanspraak gemaak op 'n persoonlike verhouding met die goed nie, want dit sou belaglik wees aangesien algar tog geweet het die goed lewe nie werklik nie. Hulle het dus 'n fantasie geskep van lewe rondom die afgodsbeelde en ander artifakte.
     
    Heeltemal anders, egter, met die HERE Jesus Christus. Daar bestaan van Hom geen afgodsbeeld nie. Was ook nooit een van Hom nie. Uiteraard is die rede voor die hand liggend – waarom sou enigiemand 'n beeld wou hê wanneer hulle met die God Self te make het? Daarom dat daar van die ware God nog nooit enige afgodsbeeld ooit bestaan het nie en verbied HY dit.
     
    Geeneen van die ander religieë kan bedryf word sonder hulle afgodsbeeld nie. Selfs die islamiete het so 'n afgodsbeeld wat hulle by voorskrif op elke enkele amptelike dokument, halaal kosetiket en moskee regoor die wêreld waar hulle bedrywig is, aanbring – daardie sekelmaan en die ster.
     
    Ten spyte van hierdie afwesigheid van 'tasbare' medium vir die Goddelike, het die Christendom se getalle oor die eeue heen eenvoudig handomkeer toegeneem – juis omdat die gelowiges in die HERE Jesus Christus werklikheid is en werklik 'n Persoonlike verhouding met SY kinders (ons, die korps van gelowiges) het.
     
    As iemand darem dus by jou kom en vir jou vra om te bewys iemand anders lewe, en jy en talle ander vertel hom hoe jy en talle ander met die Persoon 'n persoonlik kennis verhouding het en jy word nie geglo nie, is die fout nie by jou nie, maar by die bot ongelowige. Waarom sou hy dan 'n stukke dokument met iets opgeskrywe aanvaar?
     
    En dan is die sterkste bewys van alles die feit dat die ongelowiges, nes die talle gelowiges, natuurlik self gaan kennis maak met die Persoon – trouens, hul word genooi daartoe.
     
    Om dus die getuienis van vele nie te aanvaar nie en die uitnodiging tot persoonlike kennisname nie te wil aanneem nie, getuig nie net van domheid en botheid nie, maar die handhawing van 'n lewensuitkyk waar 'n spirituele leuen gekoester word in die plek van die ware ontmoeting met die Een wat volgens die leuen nie bestaan nie.
     
    Kobus de Klerk
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top