"Brief aan jou verlore liefde"-kompetisie: Jeanette Schreuder

  • 0

Verlore Liefde

Soos die Namib-woestyn en die weskus se branders mekaar ontmoet, so het ons ook mekaar eens op ’n tyd leer ken. Jy, so rooiwarm en vurig vir die lewe soos die woestyn en ek so diep en misterieus soos die blou waters. ’n Pad wat saam gekronkel en gedraai het tussen die twee wêrelde het ons verbind aan mekaar. Die liefdes pad. Van die oomblik wat die son agter die duine aan die ooste sy verskyning gemaak het totdat dit weer moes sak verby die verste punt van die groot see aan die weste. Elke oomblik was bedoel vir ons… so het dit dan gevoel. Maar die liefde het vir my en jou ’n streep getrek. Die pad het op geraak. Soos wat ons s’n ’n begin gehad het, moes hy ook ’n einde hê. Dan het ek myself altyd die vraag af gevra. Het ons te vinnig te vêr beweeg om iewers by ’n eindbestemming uit te kom?

Die jare het verby gegaan en ek en jy het aan beweeg sonder mekaar. Ons het vergeet van al die beloftes en beplannings wat saam besluit was. Dieselfde son kom nog elke dag op in die ooste en maak sy laaste verskyning in die weste, maar ons ry nie meer dieselfde pad saam nie. Ons het vergeet van al die saam lag en saam huil. En tog… hier sit ek nou en skryf oor dit. Ek mis die feit dat jy my kon optrek na die hoogste duin van jou menswees en my kon laat voel ek is die belangrikste in jou lewe, dat enige probleem onder my voete gesit kon word. Ek het weer inruil vir jou gewys hoe verskil die voorblad van ’n persoon of situasie teenoor die binneste as ’n mens diep genoeg gaan delf het. Die wonders van God sit nooit oppervlakkig nie. Ons twee het mekaar se swakhede gevul. Ons het in mekaar gepas soos ’n legkaart. Jy sal vir altyd ’n deel van my bly. Ek sal altyd iets van jou saam met my neem orals waarheen ek gaan. Al is ons liefde verlore … tog het ons sterker ander kant uit gekom.

Ek hoop dat jy geluk en vrede gevind het na al die jare, maar bowenal hoop ek jy het die liefde gevind wat by jou pas, wat vir jou bedoel is.

Van uit jou en my woestynkus, groet ek jou …

 

Klik hier vir nog besonderhede oor die kompetisie.


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top