Op Saterdag 20 April 2013 het die ma-en-dogter-skrywerspan Sophia Charlotte Stapelberg en Rut Cloete die eerste van hul boeke by die Erfenisstigting in Pretoria bekendgestel. Die duo se boek volg die storie van die herkoms van die naam Sophia Charlotte en is histories akkuraat getoonset, in 'n romansestyl. Die storie word oor 'n reeks van drie boeke vertel, waarvan Skrywertjie die eerste is.
Die bekendstelling was 'n gesellige geleentheid, vergesel deur klassiek-tradisionele agtergrondmusiek en tradisionele Afrikaanse versnaperings.
Vir enige navrae oor die boek, kontak gerus vir Rut by rutcloete.is.@gmail.com.


Sophia Charlotte Stapelberg en Rut Cloete

Sophia Charlotte Stapelberg en Rut Cloete

Rut Cloete

Musikante by die geleentheid


Kommentaar
Welgedaan julle tweetjies!!
Ons is trots op julle, en wag met groot opgewondenheid op die vervolg ...
Charlotte
Goeiemore ... ek wil graag in aanraking kom met Rut Cloete ivm haar skrywe oor Die Voortrekker Vrou .... dit is vir 'n geloftedag-aanbieding (deel van 'n radioprogram) die epos wat ek van haar gekry het, is nie inwerking nie.
Vriendelike groete
'Alet Erasmus