ATKV/SA Akademiepryse 2014: LitNet-artikels vier hoogty

  • 0

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) stel jaarliks prysgeld van R60 000 beskikbaar vir die bekroning van ses gepubliseerde Afrikaanse artikels wat in ’n betrokke jaar in ’n geakkrediteerde tydskrif verskyn het. Vier pryse is bestem vir artikels in die geesteswetenskappe en twee vir artikels in die natuurwetenskappe. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns hanteer die keuringsproses.

Vanjaar is die beste artikels wat in 2012 verskyn het en deur redakteurs van geakkrediteerde tydskrifte aan die Akademie voorgelê is, beoordeel. Daar is 16 artikels uit 8 tydskrifte voorgelê en die pryswenners van die van die ATKV/SA Akademieprys 2014 is pas bekend gemaak.

Drie van die wenartikels is in LitNet Akademies gepubliseer. Die pryse is toegeken aan:

Susan Smith, Departement Afrikaans, Universiteit van Fort Hare vir haar artikel: "Plek en ingeplaaste skryf. ’n Teoretiese ondersoek na ingeplaaste skryf as ekopoëtiese skryfpraktyk" wat in LitNet Akademies, jg 9, no 3, Desember 2012 verskyn het.
Susan Smith

Francis Galloway
Redakteur: Geesteswetenskappe

JM (Jannie) Otto, Departement Privaatreg, Universiteit van Johannesburg vir sy artikel "Die afkoelreg in die Nasionale Kredietwet en die Wet op Verbruikersbeskerming" wat in LitNet Akademies, Jg 9, no 1, Maart 2012 verskyn het.
Jannie Otto

Johann Neethling
Redakteur: Regte

Helgard Raubenheimer, Departement Chemie en Polimeerwetenskappe, Universiteit Stellenbosch vir sy artikel "Asikliese karbeenkomplekse maak eerste opslae in goudstormloop" wat in LitNet Akademies, jg 9, no 3, Desember 2012 verskyn het.
Helgard Raubenheimer

Dirk Laurie
Redakteur: Natuurwetenskappe

 

 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top