ATKV Centurion onthaal en trakteer plaaskinders

  • 0

ATKV Centurion se vennootskap met 17 plaasboere, plaaswerkers en hul gesinne in Ceres en Koue Bokkeveld verstewig nog meer.

  • Die ATKV Centurion het verlede jaar 60 van die plaaskinders wat nog nooit op ’n trein geslaap het nie en nog nooit in Gauteng was nie, in Pretoria ontvang. Die groep is deur Allen Nicholas, ’n voltydse berader en Christenwerker wat deur die boere aangestel en betaal word, vergesel. Een van sy take is ook om die plaaskinders tov drank, dwelms en bendeaktiwiteite te rehabiliteer.
  • Die ATKV Centurion het hulle trakteer en onthaal, slaapplek voorsien en bekende plekke soos die Uniegebou, Vryheidspark, Krugerhuis en Voortrekkermonument gaan wys. Hulle wou ook Loftus toe gaan – toe is hulle aan die Blou Bulle voorgestel tydens hul spanoefening.    
  • Mede-ATKV-direksielid Edna van Harte van Stellenbosch is deur Sakkie Kotze, Voorsitter ATKV Centurion en lid van die Direksie van ATKV SA, versoek om namens ATKV Centurion ’n besoek te bring en aan hul groetewense te stuur. Sy het met baie aangename herinneringe van die kwaliteitsamewerking en -verhoudinge daar tussen werkgewer en werknemer, aan ATKV Centurion verslag gedoen en gemeld dat sy ook sterk onder die besef gekom het dat daar ’n baie sterk vennootskapsband tussen hulle en ATKV Centurion bestaan.
  • Sakkie Kotze het die groep ook verlede jaar in Ceres besoek om die Jaarkalenders te oorhandig. ’n Jaarkalender 2013 met al die datums van die voltydse Berader se besoekpunte, eredienste en jeugwerk daarop, is aan al eenhonderd gesinne geskenk.
  • Wilhelm de Kock, sameroeper van die Plaaseienaarsforum het die inisiatief geneem en drie kore onder die plaaswerkers en hul gesinne gestig nl ’n gemengde koor, mannekoor en jeugkoor. Die gemengde koor is verlede jaar tydens die Rapport/ATKV Koorkompetisie by die Suidoosterfees as beste Plaaskoor aangewys.
  • Nie een van die 100 plaaswerkers van hierdie 17 boere neem tans aan die staking deel nie.
  • ATKV Centurion gaan die jeugtoer volgende jaar na Namibi? ook ondersteun en lede van die Jeugleiersforum gaan ook die toer meemaak.
Pastoor Allen en Dawn Nicholas (voltydse berader), Wilhelm de Kock (voorsitter van die Plaasforum), Edna van Harte en Raymond van Diemel
Die plaaskinders wat deur die ATKV Centurion in Pretoria ontvang is.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top