Hierdie week kies Anna-Mart van der Merwe haar gunsteling-kuierplekke op die wêreldwye Web.
1. TED.com
Vir ongelooflike praatjies/lesings oor enigiets onder die son.
2. YR.no
As jy op die platteland grootgeword het, is kennis van die koms van hitte en/of reën van kardinale belang. Moenie vra hoekom nie. Hier kan ek van Vredendal tot Frankfurt die natuurlike drama sien ontvou. (En hul’s bliksems akkuraat.)
3. Artslink.co.za
Vir enige nuus oor wat in my bedryf posvat.
4. Megan's Head.co.za
Vir verfrissende terugvoer in terme van wat in my bedryf posvat.
5. Chocolate & Zucchini.com
Vir die smulpaap in my.
6. The New York Times of The Guardian
Hier gaan soek ek gereeld vir wêreldnuus vanuit ander invalshoeke, deurdagte kommentaar oor gebeure en wonderlike teaterresensies.
Anna-Mart van der Merwe is ’n akteur wat die afgelope 25 jaar in Suid-Afrika in verskeie produksies op die verhoog, televisie, radio en in film gewerk het.
Haar volgende projek is Doodsnikke. Dit is ’n Saartjie Botha-vertaling van Sam Sheperd se Buried Child en Janice Honeyman sal die regie behartig.
Waar daar ’n rokie trek, moet mos ’n vuurtjie brand. LitNet-blits is ’n kitsgids na die plekke op LitNet waar vurige opinies die gesprek aan die brand steek. So wat sê jy?