![]() |
|
|
'n Artikel getiteld "Verteerbare patriargie? Angus Buchan, die Mighty Men en manlikheid" het onlangs in die Godsdienswetenskappe-afdeling van LitNet Akademies verskyn. Dié artikel fokus spesifiek op genderverwante aspekte en ondersoek onder andere die feministiese kritiek op Buchan se beweging. Hierdie webseminaar ondersoek die beweging in meer diepte deur te kyk na verskeie ander belangrike sielkundige, sosiale, bybelse en spirituele dimensies daarvan. Kenners gee hulle opinie na aanleiding van Die Mighty Men Verhaal. |
|
|
Lees Wilhelm Jordaan se bydrae hier. "Wat het ons werklik nodig? Met as basis-antwoord: Nie meer en magtiger manlikheid nie; nie meer en waardiger vroulikheid nie. Waarheen en waarin ons moet groei, is meer menslikheid teenoor en vir mekaar. En sonder die bagasie van mans sus en vroue so omdat dit so van die begin af was." |
|
|
Lees Sakkie Spangenberg se bydrae hier. "In Buchan se teologie is daar nie ruimte vir bevraagtekening nie. Alles is klokhelder in die Bybel uitgespel. Daarom is daar ook nie ruimte vir ’n Margaret Thatcher, ’n Angela Merkel, of ’n Mamphela Ramphele nie. Dis vroue wat manlike rolle inneem en na regte teen die voorskrifte van die Bybel handel." |
|
|
Lees Maretha Maartens se bydrae hier. "My eie spirituele styl is nie charismaties nie, wat uiteraard reeds by voorbaat gaan bepaal of ek die boek oor die Mighty Men Beweging sou wou lees. Ek vind dit gewoon nie besonder belangrik vir my eie geestelike lewe binne my meer analitiese, vraagstellende, navorsende spirituele styl nie." |
|
|
Lees Cornie Groenewald se bydrae hier. "In spirituele terme het die bediening indrukwekkende sukses behaal en word dit getipeer as ’n landswye herlewing onder mans." |
|
|
Lees Pieter de Villiers se bydrae hier. "Fenomene soos hierdie is nie onbekend aan die Afrikaanse kerklike tradisie nie. Daarvoor kan ’n mens maar kyk na voorbeelde van die Pinksterbidure, sendingweke en CSV-byeenkomste. En deur die geskiedenis heen was daar toe, soos ook nou, vrae en kritiek." |
|
|
Wil jy ’n bydrae lewer tot hierdie gesprek? Stuur jou voorstel aan publiseer@litnet.co.za. |
|
|
Kopieë van Die Mighty Men Verhaal is vir die seminaar deur |
|
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.






.jpg)


