SêNet-briewe | Letters

 
Amerikaanse presidentsverkiesing: Net realiteit
Het die Amerikaanse presidentsverkiesing finaal ‘n nekslag vir tradisionele media toegedien? Bloggers, Twitter en verskeie ander apps het nuus korrek en vinniger gedra en versprei as die tradisionele media, te wete koerante en televisie. Die rewolusie in die massamedia is nog nie heeltemal voltooi nie, maar dit is duidelik dat apparaat wat jy by jou kan dra, meer as net handig is. iPad, Microsoft, Samsung Galaxy, tablet … en die voorbeelde raak legio.

En dit help ook dat daar verskeie hofgedinge is oor handelsname ensovoorts. Verbruikers sal egter munt hier uit slaan.

Die video van President Obama wat getraan het tydens sy bedanking van helpers het “viral” gegaan. Twitter en van die ander tegnologiese instrumente het hier die hoofrol gespeel. Grepe hiervan is op televisie-kanale gespeel met erkenning aan die multi-media.

Die hele konsep is op sigself ‘n rewolusie … En die skote wat klap en bloed wat vloei is in die virtuele ruimte.

In 1976 het Jimmy Carter vir Gerald Ford aangevat om president van die VSA te word. In Suid-Afrika, waar TV net begin het, was die verkiesing oor die lug-golwe uniek. Geen Skilpadsaal-saamtrek nie. Of Pretoria-stadsaal vuisgeveg om dit so te vergelyk. Road shows was die inding. Bus, trein of vliegtuig is deur die kandidate gebruik. En ons het regop gesit.

Versnel na vyf jare later. Die Springbokke toer in Nieu-Seeland en wedstryde word vroeg soggens beslis. Beeld het op die dae van die toetse ‘n later uitgawe uitgebring om die uitslag te gee. (Terloops, TV was nog nie so vervuil soos nou nie.) En dit het verkoop.

In terme van Suid-Afrika en die wêreld was daar nie juis veel beweging op die tegnologiese terrein behalwe die internet nie. Dus, stories wat nie deur die tegnologiese rewolusie kon voordeel trek nie, sluit in Prinses Dianna se dood, Nelson Mandela se vrylating. Tot die aanvalle op New York se dekking was meer op televisie, radio en koerante gedek.

Obama se oorwinning in 2008 was geskiedkundig – en koerante sou verkoop – veral om iets aan die nageslag te wys.

Maar dit sal interessant wees om te sien hoe koerant-verkope tussen 2008 se verkiesing en vanjaar s’n verskil het.

En wanneer ek oor die saak skryf, dan dink ek aan die patetiese reaksie van ‘n patetiese wit-ken-alles wat my wou aanvat omdat ek durf sê Beeld se middag-uitgawe gaan vou.

Koerante soos ons hulle ken se dae is beslis getel.

Yuri

Comments 0 Reaksies | 0 Comments
   om te reageer | to comment
    Slegs indien jy inteken sal:
  • jou kommentaar aan jou LitNet-profiel gekoppel word
  • kan jy aandui dat jy 'n boodskap wil ontvang indien ander kommentaar by hierdie artikel verskyn.
    When you sign in:
  • your commentary will be linked to your LitNet profile
  • you have the option of receiving notifications of new commentary on this article.

Reageer | Post a comment
Kommentaar is onderhewig aan moderering | Comments to be moderated
Naam | Name  
E-posadres | Email address