Aansoekvorms vir Clover Aardklop Nasionale Kunstefees vir 2014 beskikbaar

  • 0

Aansoeke vir 2014 se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom sluit Maandag 10 Februarie 2014. Dit geld produksies sowel as visuele kuns-aansoeke.

Daar word onderskeid getref tussen aansoeke vir opdragproduksies, loketproduksies en gesubsidieerde produksies. Met opdragproduksies word ’n vaste fooi betaal, ’n persentasieverdeling is van toepassing op loketproduksies en gesubsidieerde produksies word hoofsaaklik ondersteun ten opsigte van spesifieke verblyf.

Die omvang van die pryse wat by die fees toegeken word vir nuwe produksies is ’n aansporing vir kunstenaars om hul werk by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees te laat debuteer.

Die aansoekvorms (in Afrikaans en Engels) is nou beskikbaar by www.cloveraardklop.co.za. Die fees word van 7 tot 11 Oktober aangebied.

Clover Aardklop 2013 Hoogtepunte

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top