Wen Irma Joubert se Tolbos en Deon Meyer se Kobra saam met CNA en LitNet!

  • 0

Darryl Earl David en Annalise du Buisson is die wenners van die kompetisie en sal hul pryse spoedig ontvang. Baie geluk!

Deon Meyer, Zapiro, Mark Boucher, Helen Fielding, Irma Joubert, Vusi Pikoli, Wilbur Smith, Jaco Jacobs, Jamie Oliver, Deon Opperman ...  Vandag se gewildste skrywers na wie se jongste boeke met groot verwagting uitgesien word.

Hul heel nuutste titels is nou op CNA se winkelrakke en bied 'n fees van leesgenot asook resepte – net betyds vir die vakansie. Hulle is ook deel van CNA se derde en waarskynlik beste Ultimate Book Selection tot dusver.

Hierdie jaarlikse Ultimate Book Selection het in 2011 die lig gesien toe CNA die behoefte raakgesien het om ‘n spesiale boekekatalogus saam te stel as koopgids vir die heel beste plaaslike en internasionale boeke.  Vanjaar is sowat twee-derdes van die 63 boeke van plaaslike oorsprong, met net meer as ‘n derde in Afrikaans. Daar’s iets vir elkeen in die gesin en sluit kinderboeke vir elke ouderdom in.

Boeke is beslis van die beste geskenke wat jy kan gee (en ontvang!) – en CNA se Ultimate Book Selection sorg dat jy met die eerste oogopslag kan sien watter treffers in ons winkels beskikbaar is. Met Kersfees voor die deur, is daar ook ‘n treffende uitstalling van hierdie boeke in sowat 195 CNA-winkels – spesiaal vir getroue klante wat ook boekliefhebbers is.

Pryse om te wen, plus Spesiale Aanbiedinge!

Afgesien van spesiale aanbiedinge, staan jy ook 'n kans om pryse te wen.

Gebruik net jou CNA (of Edgars, Jet, Boardmans, of Legit) Thank U-kaart wanneer jy drie of meer boeke uit die katalogus koop, en jy kan dalk die wenner wees van ‘n beperkte, baie spesiale leeromslaguitgawe van Nelson Mandela se Long Walk to Freedom – geteken deur die legende self.

 

Titel: Kobra
Skrywer: Deon Meyer
Uitgewer: NB-Uitgewers
ISBN: 9780798165044
Titel: Tolbos
Skrywer: Irma Joubert
Uitgewer: LAPA Uitgewers
ISBN: 9780799364033

CNA het ook iets spesiaal vir LitNet se ondersteuners - Deon Meyer en Irma Joubert het ingestem om elk twee eksemplare van hul nuwe boeke, Kobra en Tolbos onderskeidelik, te teken vir weggee op LitNet. Al wat jy hoef te doen is om hierdie maklike vraag te beantwoord: Wat is die titels van Deon Meyer en Irma Joubert se jongste boeke? Stuur jou antwoord saam met jou naam en telefoonnommer en met die titel "CNA-weggee" na wen@litnet.co.za. Die sluitingsdatum is 11 Desember 2013.

Ons weet dat jy CNA se fees van boeke gaan geniet. Lekker lees! 

View the CNA book catalogue for the holiday season online: 


 Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top