Ek skryf soos ek leef. As jy dink my lewenswyse is “ongekunsteld spontane banaliteit”, dan is jy reg, want dis die ongekunstelde spontane banale wêreld waarin ek leef en my ervarings kry. Lees jou dagblad om dit as joernalistiek verwoord te sien, daagliks. Ek is nie “politieke korrekte met n sak metaan oor n onderwerp” nie en sien nie die lewe deur een-of-ander obsessiewe bril, as ’n selfaangestelde wagter van ’n opinie in die bakermat vesting van akademiese opinies nie. So, baie skrywers “haal” lang stukke aan van ander skrywers in hul briewe, juis omdat dit ontbreek aan “spontane banale motivering” in hul lewe, maw hul vorm ’n opinie op grond van ’n ander geykte opinie. Die Franse “elite” het dieselfde gevoel oor die “ongekunstelde spontane banaliteit” van die skrywers en leiers van die Franse rewolusie, wie hul nie veel gesteur het aan die edelman en -vroue se geykte etiket protokolle nie. Wel, skynbaar het die “sak metaan of metaan staan en afblaas” ’n rou senuwee geraak by jou en andere? Ek is nie verantwoordelik vir jou gevoelens en stel bloot nie belang in emosionele plakkery van die aard nie. As LitNet-redaksie my “spontane banaliteite” plaas, bevraagteken jy eintlik hul sienings en oordeel ook. Maak tog van Afrikaanse skrywers se aanhalings jou bakermat. ’n Mens kan nie metaan afblaas oor gebruik van Afrikaans en dan Engelse skrywers as verwysings aanhaal nie. Dit is om ultra-ortodokse christelike sienings te smous en dan na ultra-moderne alternatiewe hippies voor te hou as die voorbeeld bedoel met jou siening. Dis geestelik onsamehangend.
Hans Richardt

