In Afrikaans vertaal: daar's boggherol buite die teks ...
Nou ja Wouter, dis glo een van die bekendste aanhalings deur Derrida.
Direk in teenstelling tot jou eie verwysing na Derrida en in steun vir jou rede, tik jy toe die volgende:
Wanneer die Bybel en enige ander teks onder hande geneem word, geskied dit nie in isolasie nie. Die interne waarhede van die teks word as ’n vertrekpunt geneem en gelees aan die hand wat dit openbaar, dit is egter nie voldoende nie en moet inligting wat buite die teks bestaan ook in konteks gebring word. Daardie konsep behoort jy te kan snap, sonder om na ’n woordeboek te gryp. Wanneer jy kan verstaan dat die Bybel (tekste) nie in isolasie gelees kan word nie, aangesien vakkundige studies lig werp daarop en die bevindinge ’n vormende rol speel in die ontleding van die werk onder hande ...
Derrida seg: "there is nothing outside the text" ... en jy reken: "... dit is egter nie voldoende nie en moet inligting wat buite die teks bestaan ook in konteks gebring word.
Wouter, jou gedurige teenstellinge spreek vanself.
Jy's werklik geslote as jy na al my bydraes op die werf, steeds reken ek beskou die Bybel in isolasie. Ek is juis so ongunstig bekend by jou en die leiers van die Jesus Camp op die werf vir my ter harte neem van alle openbaringe wat buite die Bybel bestaan. Dis juis op grond van my uiters liberale beskouinge en in soveel genade in GOD dat ek heelhartig kan getuig dat alle godsdiens tot eer en verheerliking van ons almal se Almagtige Lewende Skepper gewy word.
Woordeboeke, en veral verklarende woordeboeke, stel ons in staat om op geordende wyse met die minste misverstand oor alle grense met mekaar te kan kommunikeer.
Ek besig ’n paar ander tale behalwe my moedertaal. Daarom kan ek jou verseker dat dit gewoon onmoontlik sou wees om met ander in hul taal sinvol te kan kommunikeer, sou elke Woutie en sy knaap aandring op ’n "poëtiese gesprek" bepaald tot hul eie konteks en betekenis aan woorde. Jou konsep rakende die Bybel as ’n "geslote sisteem", hou eenvoudig net nie water in die algemene verklaarde betekenis van die woorde "geslote" en "sisteem" nie .
Laat ek dit herhaal: Dis uit respek vir my onderwerpe, maar bowenal uit respek vir my medemens om in welke die taal of vak my te laat "vasvang" deur die algemene betekenis van woorde en my bedoeling ondergeskik te maak daaraan. Dis aanmatigend en verwaand om jou eie betekenis aan woorde en taal te bring net om jou eie sogenaamde "bedoeling" te laat geld.
Wouter, ’n wetenskap wat ek juis in my studie en belewenis van godsdiens ag, is mitologie. Daar is duidelike orde in wat bepaald aan universale sinnebeelde gebind kan word, en waaraan die Bybel in sy hele versameling van uiteenlopende Heilige Skrifte gelees kan word.
Nog ’n bekende wetenskap van toepassing in godsdiens, staan bekend as teologie. Protestante universiteite plaas groot klem op hierdie studie rigting. Jy sal veel eerder van ’n teoloog op hul kampusse hoor, as van ’n mitoloog. Beide wetenskappe is egter relevant en bruikbaar en is ’n onderlegde persoon in hierdie kennis gewoonlik bevoeg om Heilige Skrifte aan die hand van bepaalde verskynsels wat algemeen in godsdiens voorkom, te verklaar.
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
Cornelius Henn
Brief verkort. – Maggie

