Hallo Wouter,
Dankie vir jou kommentaar elders.
Jy vra: "Wanneer die geleentheid dit moontlik maak, kan jy dalk aandui hoekom die term 'intellektualisme' vir jou 'n skelwoord geword het?"
Wouter, in kort: intellektualisme behels vir my 'n erge oorskatting van die funksie van die intellek ten koste van ander geestelike funksies. Dit leer dat kennis hoofsaaklik op verstandelike begrip berus en nie op ervaring, empirie nie.
Die geestelike, of te wel spiritualiteit van die mens, is die praktyk van ontsag en van verborgenheid wat 'n mens in die HART van die skepping aantref. Alles wat lewe word in die geesteswêreld van die mens beklemtoon. Mense in alle taal en kultuur dien ons Almagtige Lewende Skepper, en ontvang so seën daarin ons HART. Die wysheid van God soos dit inherent deel van die skepping is, word in ons HART onthul - en nie die intellek nie.
Daarom Wouter, het ek soveel minagting vir intellektualisme waar dit 'n mens se belewenis en ervaring in hul HART neerhaal. Dis ook om dieselfde rede wat Jesus Christus onse HERE die "spiritueel intelligentes" soos Kobus de Klerk, die Fariseërs en die Skrifgeleerdes van ouds, nie net vermaan het nie, maar as adders gewaarsku het.
Wouter, Eksodus 20:7 kom in my gedagte betreffende jou vrae oor die aard van God. Dis nie my bedoeling om daarop uit te wy nie, maar in kort weet ek dis nie vir die mens om God se karakter te verhef (deur die Waarheid te rek), of te verlaag tot iets wat niks beteken, of wat die resultaat van die een of ander ongeluk of demoralisasie is nie.
Dis die HART waarmee 'n mens God dien ons saligheid bepaal, en nie die kennis, omstandighede waarin, of geslag waarmee ons God wil beskou nie. Dis erg verstompend as iemand hulself so fundamentalisties oor ander wil verhef deur aan te dring dat God, net manlik kan wees; of dat God die een of ander hand in 'n ramp het - of nie het nie.
Die aanbidding van God as Shekhinah het ter sprake gekom omdat Trienie Mahne die uitdrukking "shekina-aroma" gebruik het, om so die ervaring van haar pa na sy lang gebed en vas te beskryf. Dis ook die eerste keer wat ek van die uitdrukking verneem het. Dit maak egter sin; sou Trienie soos ek vermoed 'n begeestering van haar pa deur die Heilige Gees daarmee beskryf het.
Wouter, Trienie het geen saak met ons vorige, of selfs met hierdie bespreking rakende Shekhinah nie. Sy bewys egter wel dat die begrip Shekhinah, ook algemeen in charismatiese Christengeledere geken word. Dis ook baie duidelik dat Trienie (nes menige ander wat dalk die uitdrukking gebruik), geen kennis oor die etimologie daarvan het nie. Dis ook nie nodig nie want die HART waarmee Trienie dit beskryf het dra die boodskap wel.
Op hierdie trant wil ek jou graag aanmoedig om nie so selektief daarmee uit jou bronne om te gaan nie, maar om my ook te glo as ek vir jou vertel dat die aanroep van onse Shekhinah as onse Heilige Gees, algemene katolieke gebruik oor die hele spektrum is. Die oorsprong van Christen en katolieke tradisie kom uit die Hebreeuse kultuur. Daarom is die Hebreeuse betekenis aan Shekhinah, dan ook die bepalende een naamlik (nes Hans Richardt dit ook reeds verklaar het); "Die Shekinah is volgens kabalah Adonai se vroulikheid".
Shekhinah is onse Trooster; Jesus Christus onse Heilige Gees - 'n enkele aansig van GOD as GOD onse MOEDER; een van vele wonderlike openbaringe van onse Enige God.
Wouter, jy tik: "Laastens, die geskiedenis van hierdie geknelde land. Indien jy Comestor as jou gids tot die land se geskiedenis wil wend, dan kan jy nie verhoed word deur my nie."
Dit lees bitter vir my. Ek dink jy neem Johannes Comestor se intellektuele uitdagings aan jou, erg persoonlik - wat ookal die rede!
Johannes Comestor se bydraes is wat my betref van die min intellektueel stimulerende op die werf. Ek het ook nie ooreenstemming met alles wat hy skryf nie. Ek glo byvoorbeeld nie ras is op enige manier 'n maatstaf om die gemors waarin ons land tans is, te meet nie. Dis mos in iedergeval 'n spul wit knolkoppe wat vir FW de Klerk se politieke leuens geval het; ook maar nes die swartes vandag totaal bewusteloos die ANC steun.
Ek het spesifiek van my bronne omtrent my politieke beskouinge met jou gedeel. Ek is byvoorbeeld bevoorreg om met 'n hele versameling Voortrekkermense deur Gustav Preller, op my rak te wees. Ek het ook verskeie ander boeke en dokumente wat uit die Voortrekker en Boere Vryheidstryd dateer.
Ek ken my erfenis - van Lapland tot verby die Voortrekkers.
Ek wil dit pertinent stel dat enigeen wat beweer dat die Boere, of die Voortrekkers, rassisties was - LIEG!
Ek wil dit ook uitdruklik stel dat geeneen in my voorgeslagte, ooit enige vorm van anderhaat in enige van hul doen en late ken, of geken het nie.
Wouter, jou term "Afrikaner", is gebore uit die Nasionale Party en Ingelse propaganda.
Ek het reeds verskeie bydraes hier gelewer waar ek met respek onderskeid maak tussen die Kaapses, en ons Boere agter die biltonggordyn, dws NOORD van die Vaalrivier. Die Vrystaat het sy eie erfenis, en ek hoop dat iemand die moed het om dit eendag te wil roer.
Wouter, dis sekerlik nie my, of jou skuld dat jy Ingels is nie.
Al wat ek vir jou kan seg is - jammer...
Daarom het ek jou spesifiek genooi om jou bronne oor ons Boereheld - Hans Dons de Lange self na te gaan, en dit met ons te deel.
Dit sal BAIE interessant wees om 'n Ingelsman soos jy se verhaling daarvan op ons werf te lees.
Ek weet jy sal my nie teleurstel nie.
Namaste!
Cornelius
En o ja ... ek hoop ons kom wel eendag by jou vergelyk tussen die pluralisme en die sinkretisme ...


Kommentaar
Hello Cornelius,
Hallo Wouter,
Ek sien uit na jou antwoord.
Die uwe is self oorlaai en vra verskoning waar ek deesdae so aanhoudend nalaat.
Nietemin, jou opmerking omtrent Hans Dons de Lange, maak my nuuskierig. Ek wil jou egter weereens aanmoedig om die redes waarom jy sy geskiedenis probeer uitsluit, hier te deel.
Wyl jy self die volgende en in jou eie woorde meen; "Die geskiedenis is deur my [Wouter] gevolg en bevind die Afrikaner erg rassisties te wees", ek jou daarop wys dat Hans Dons se erfenis juis die teendeel daarvan, asook die hart van die Voortrekkers/Boere/Afrikaner teenoor ander Afrikane, sal bewys.
My bronne oor Hans Dons is wel miskien beperk, daarom vra ek jou dat jy my beter sal toelig uit jou besondere bronne - al is dit ook net skakels of verwysinge.
Ek het ook weer terug gegaan na jou oorspronklike kommentaar, en haal die volgende daaruit aan:
Die tweede onderwerp wat jy [Cornelius] aanroer is die van pluralisme.
Dit moet [ek Wouter] erken is 'n onderwerp waarin ek 'n ernstige belang het en het dit nie ligtelik geplaas, pluralisme is waaraan ek glo. Die verskeidenheid van denke, gelowe, kulture, argumente. Dit toon vir my die werklike aard van die bestaan aan.
Dit is die laaste lesing, nommer ses, waar Professor van Eck, dit duidelik maak dat pluralisme veronderstel nie, 'n samevoeging van dit alles hier in 'n mengsel wat as 'n enkele waarheid weer aangebied kan word.
Die bring dan jou [Cornelius se] argumente oor mites weer na vore en die bousteen wat dit vir jou bied van 'n enkele God wat in veelvuldige tradisies uitgebeeld word, maar die oorsprong terug gaan na die van 'n enkele God. Inderdaad is dit so, want dit sou onmoontlik gewees om elke groep hul eie God toe te laat, want watter een is die 'regte' een. Hierdie bevestig hoe moeilik dit is om hierdie teenstrydige argumente te versoen.
(einde van aanhaling)
Wouter, ek vra verskoning, maar ek kom nie jou beskouing van pluralisme in vergelyk met die sinkretisme werklik daarin agter nie.
Kan dit wees dat jou definisie van die sinkretisme dalk met myne verskil?
Sinkretisme bedoel verseker 'n soort godsdiensvermenging vir my. Dis tog danksy hierdie gedurige vermenging van alles; taal, kultuur, geneties..., en wat ookal alles in die ganse mensdom, dat ons is waar ons vandag is.
Daar sal altyd vermenging tot 'n soort eenheidsvorm van verskillende godsdienstige en geloofsmotiewe wees.
In my hart groei Godsdiens juis so in die Evangelie saam.
Vanuit sinkretiese oog beskou, bedoel die Goeie Nuus vir my dat ons almal se een Almagtige Skepper, in God se genade as 'n mens, en as Jesus Christus vir ons geopenbaar is.
Met respek; pluralisme beteken vir my dieselfde as sinkretisme - net sonder die uitdra van die Evangelie daarin.
Ek lig jou spesiaal hierdie paar gedagtes toe sodat indien jy wel die tyd vind, jy nie onnodig sal tydmors met verkeerde gedagtes omtrent my vrae nie.
Pluralistiese groete en met die Evangelie in my hart,
Cornelius
Eina!!
Ag nee Cornelius. Defnitief sien ek en jy die "Shekinah-glory" (Hebreeus) van God nie as dieselfde nie. Nog minder Hans.Ek weet ook nie of mens hierdie onderwerp op hierdie werf moet bespreek nie. Dit is baie indiepte en kosbare onderwerp, wat net 'n bespotting van gemaak gaan word. Selfs die algemene gelowige ken die onderwerp skaars. Ek verseker jou Wouter vat niks wat jy daarvan se.
Die eerste teken wat jy daarvan sien in die bybel word gelees in Ex 29:42; 30:6, 36 en Num 7:89. Die NT praat van dit in 1 Tim 6:15-16. Gebruik asb. 'n Engelse weergawe van die bybel, aangesien Afrikaans as jong taal bietjie tekort skiet wanneer dit by dieper geestelike woordbetekenis kom. Hoop net jou bybel lees dieselfde as myne. Weet nie hoe jul katolieke bybels geskryf is nie.
Dankie. Trienie
Trienie
Jou kommentaar hierbo verwys: In alle opregtheid; ek sien nie die nodigheid vir jou byklanke nie. Ek sien ook glad nie soos jy, hoe "Shekinah-glory", Hebreeus is nie. Ek sien eerlik ook nie hoe jy hierdie onderwerp metal jou dawerende onkunde, en jou berugte gerek van die waarheid op die werf, met respek kan bespreek nie. Jou traagheid om selfs net my eenvoudige vrae voorheen te antwoord, maak ook gewis 'n bespotting van enigiets wat jy na dese hier kwytraak. Nie net dit nie; jou aansporing van Kobus de Klerk in sy beledigings teenoor my, en soveel ander, laat jou gewis as 'n klug!
Nog is dit einde niet - om Afrikaanse Bybels as minderwaardig in jou drogma voor te gee; jy ook nie eens 'n benul van die woorde Katoliek, en katoliek het nie, maak al jou bydraes nog meer van 'n grap.
Trienie, ek het al jou verse in 'n verskeidenheid van Bybels, asook in soveel tale, en selfs die Tanakh nageslaan, maar ek het steeds nie 'n benul hoe jy die heerlikheid van die HERE, daarmee probeer aanhaal nie.
Nietemin, ek deel met jou die volgende uit die diep geestelikheid van 'n Afrikaanse Bybel:
Toe het die wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid van die HERE het die tabernakel vervul, sodat Moses nie in die tent van samekoms kon ingaan nie, omdat die wolk daarop gerus en die heerlikheid van die HERE die tabernakel vervul het. En as die wolk van die tabernakel af optrek, het die kinders van Israel elke keer weggetrek op al hulle togte; maar as die wolk nie optrek nie, dan trek hulle nie weg nie, totdat dit weer optrek. Want die wolk van die HERE was bedags op die tabernakel, en vuur was snags daarin, voor die oë van die hele huis van Israel, op al hulle togte. (uit Eksodus 40)
Daarop het Moses en Aäron in die tent van samekoms gegaan; en toe hulle uitkom, het hulle die volk geseën. En die heerlikheid van die HERE het aan die hele volk verskyn vuur het van die aangesig van die HERE uitgegaan en op die altaar die brandoffer en die stukke vet verteer. Toe die hele volk dit sien, het hulle gejuig en op hulle aangesig geval (Levitikus 9).
En toe die dag van die Pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek. ( uit Handelinge 2).
Trienie, dis slegs enkele van vele gedeeltes in die Bybel, asook ander Heilige Skrifte, wat die werking van Shekhinah, die openbaring en heiligheid van die HERE op aarde, verwoord.
Vir die skares eenvoudige kinders van die HERE, wat die band tussen die heerlikheid van die HERE in die tabernakel van ouds, die bruid, asook die kerk ken, bied die volgende gedeelte troos: En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet (Openbaring 22:17).
Trienie, ek deel ook die volgende Google-resultaat met jou (nie dat dit hoegenaamd enige gesag dra, net omdat ek dit aanhaal nie). Ek deel dit met jou aangesien jou ghoeroe Kobus de Klerk, wel vir jare reeds Google as die absolute "Waarheid" aan almal probeer opdring. As dit volgens jou ghoeroe nie geGoogle kan word nie, bestaan dit eenvoudig nie - daarom, hierso is dit: http://www.wheeloftheyear.com/reference/Shekhinah.htm (dis natuurlik ook maar net een van vele wat dieselfde leer).
Trienie, ek hoop jy dink eers goed na voor jy weer vir Satan as jou advokaat in sy kammahof op die werf moet nader roep, om jou weer met sy oneervolle status in die regte lewe te kom los lieg.
Mag Jesus Christus, onse Shekhinah, ons almal vergewe en self die Lig en Troos in onse harte wees.
Namaste!
Cornelius