"Wind" deur Barbara Geldenhuys

  • 0

As die wind so rukkend waai
Pluk dit ou verlore wonde oop
Dit laat my nagosie kop draai
my hart, my siel, gesloop

Het jy al, alleen 'n pad gestap
'n Pad waar die gemaal jou vertrap
Want jou hart is blinkend goed
En niemand wil dit vat en voed

Mense is selfsugtig
Hul denke, hul lewe, hul als
Hul vind dit hul plig
Om jou mooiste mooi te vervals

Moeg
Sat
Gehawend

Opstaan
Nee
Ek moet

Die wind huil om die hoeke
En ek sit met familie vloeke
Ek dra my eie kruis
Ek vra: Waar is my prys

Die berg lyk hoog
Jou moed het verdroog
Die toekoms lyk blink
Maar ek moet dit nog vind

Die lewens wind waai my hart stukkend
Ek is moeg, ek’s op, ek’s gedaan
En alles binne my kom rukkend
geheel en al tot ‘n stilstaan

Waarom
Weetend
Dit is dom

Ek is klaar
Ek moet aan
Ek verstaan
Die lewe is ‘n gedurige spel
Aan die groot word skool uitgelewer
Nie van abc en tot tien tel
Maar uit die hand van die goeie gewer

Almal hardloop wen die wedloop
Van klein, groot tot baie oud
Ons is almal genoop
Al word ons angsvol benoud

Die wind waai woes
Binne nog nie geroes
Skuilend nog goeie wenke
Vir die belowende denke

Ek is bly
Geeerd
Beskeie

Aanhouer
Wenner
Geprys
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top