Beste Barend,
Elders tik jy die volgende kommentaar:
"Ek (Barend) kon aanvanklik nie lekker verstaan hoekom ons Christene met mekaar baklei nie, maar toe Kobus uitwys watter probleme Cornelius met struikel, verstaan ek hoekom daar op hierdie stadium 'n poging aangewend word om Cornelius bietjie anders te laat dink oor sy posisie. Ek dink dat Cornelius, nes Jaco, as gevolg van 'n persoonlike probleem (soos homoseksualisme) sy eie geloof probeer skep het om sy probleem aan te spreek. Dus voel hy verwerp deur die kerk, en sy verdegingsmeganisme, was ander as Jaco, wat godsdiens heeltemal afgeskryf het. Cornelius het 'n vreemde godsdiens geskep, wat vir meeste van ons moeilik is om te verstaan omdat dit so van die norm van Geloof in die algemeen afdwaal. As Cornelius besef dat sy siening uniek is, en dat hy natuurlik teenkanting gaan kry, sal hy dalk minder giftig en afkeurend teenoor ander hier praat. Dit is soos 'n komplekse verhaal wat hy hier neerpen, en word woedend as mense hom nie verstaan nie. Dalk moet hy sy geloofsiening in eenvoudige taal skrywe sodat ons kan uitpluis watter rigting hy probeer inslaan."
Barend, vir letterlik jare reeds word ek deur Kobus de Klerk en sy groepie neergehaal as sogenaamd die enigste hutspot stoker op aarde. Nes jy, veronderstel hulle gedurig dat ek my eie geloof probeer skep om een of ander persoonlike probleem (soos homoseksualisme) te probeer aanspreek, dat ek verwerp voel deur die kerk en dat my bydraes op die werf die een of ander verdedigings meganisme is.
Dit spreek egter van tipiese Anglo en Amerikaanse soort Protestante-kapitalisme onkunde waarin daar Mammon, eerder as ons naaste en ons Skepper gedien word.
Jy stel voor dat ek my geloofsiening in eenvoudige taal skrywe sodat julle kan uitpluis watter rigting ek probeer inslaan.
Nou ja Barend, ek het al menige bydrae met my beskouing gelewer en in die eenvoudigste taal wat ek kon. Anders as Kobus de Klerk en 'n paar ander wat privaat soos hy in eiewaan verkeer, is my profiel op LitNet oop en kenbaar. Jy kan op enige skakel kliek met my naam en dit behoort jou daarna te bring.
Wat ek wel hiermee met jou wil deel, is ook die algemene aanbidding tot ons Almagtige Lewende Skepper in verskeie ander bekende organisasies en deur individue.
Self is ek 'n lidmaat aan die Heilige George Katedraal gemeente in Kaapstad. Dis 'n Anglikaanse katolieke gemeente met onder meer baie Afrikaanse lidmate. Nie veel Afrikaanse Protestante weet iets van ons gemeente nie, behalwe 'n paar van die ouer garde wat dalk PW Botha se "Purple Rain" daar kan onthou.
Aartsbiskop Desmond Tutu is een van ons geliefde lidmate. Hy was ook jare lank die hoof van die Anglikaanse katolieke in Suid Afrika voordat hy onlangs afgetree het. Aartsbiskop Desmond Tutu is ook een van ons land se Nobel prys wenners. As jy steeds wonder van wie ek hier tik; Desmond Tiutu is die katoliek wat so 'n groot vriend van die Dalai Lama is. As jy nog wonder, lees hier vir meer omtrent hierdie wonderlike hart tussen ons.
Nietemin, Hindoes en Moslems is 'n algemene gesig in eerbied in die Heilige George Katedraal. Moslems aanbid nes Christene en Jode, die God van Abraham. Hulle nederige eerbied in die Katedraal is tot Jesus Christus - die Profeet van alle profete en Sy moeder die Heilige Maria. Baie Hindoes beskou Jesus Christus as 'n openbaring van Brahman, ons Almagtige Lewende Skepper. Jode betree egter nie die Katedraal nie omdat katolieke, Jesus Christus as HaShem aanbid. As katoliek aanbid ek wel saam met Jode en Moslems onse lieflike Allah en enigste HaShem, die God van Abraham.
Maar, ek is ook 'n ondertekenaar van Karen Armstrong se Handves vir Barmhartigheid. Lees gerus hier meer daaroor.
En dan is ek ook 'n intekenaar op Coexist en jare reeds 'n ondersteuner van Bono en U2 se Coexist veldtog. Lees een van my bydraes op die werf jare gelede hier – Hier is dit. En ja, ek het hulle so half en half al vergewe vir hul te min sensitiwiteit vir die plaasmoorde in Suid Afrika en Malema se "Kill the Boer". Die skakel in my bydrae jare gelede werk nie meer nie, daarom verwys ek jou nou met liefde na hierdie een (YouTube onderaan ingenestel.)
Dis waar; ek bid dat ek vir nog 'n paar jaar hier kan sit en tik oor my beskouing - wat 'n genade!
Mag Jesus Christus onse Here, self die Tuinier in 'n ieder se hart wees wat hier lees.
Namaste,
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
Cornelius
http://www.youtube.com/watch?v=HVoemrstxbI


Kommentaar
Dankie Cornelius. Ek kan sien dat jy baie moeite gedoen het om my die geleentheid te gee om meer inligting oor jou denkwyses te bekom.
Dankie ook vir die inligting oor die Heilige George Katedraal. Ek is verbaas dat Moslems, Hindoes en Katolieke saam kan aanbid, en ek was ook altyd onder die indruk dat Tutu 'n Anglikaan is en ek was nie bewus daarvan dat daar 'n Anglikaanse Katolieke gemeente bestaan nie.
Cornelius, opsigself het ek geen probleem om ander mense se gelowe te respekteer nie. Selfs om saam te aanbid tot ons grote God is vir my nie 'n probleem nie. Dit sluit in die Katolieke, Jode, Moslems en Hindoes. Ek kan myself net nie indink dat 'n Hindoe bv enige iets in gemeen sou he met 'n Christen en veral Moslems en Jode nie. Die Hindoes se geloof is nie monoteisties nie, so ek sukkel swaar om te sluk aan die gedagte dat hulle saam sou aanbid, aangesien hulle verskeie gode aanhang en eer.
Ook kan ek nie die Moslemgeloof of selfs die Judisme met Christenskap in dieselfde asem noem nie. Ek betwyfel dit sterk dat 'n streng Moslemgelowige wat Vrydae aanbid by hulle Moskees (wat net mans insluit), op 'n Sondag hulle God in 'n Christelike omgewing sal dien. Dit is vir my baie moeilik om te glo.
Tog, soos ek se het ek nie iets daarteen dat gelowiges saamkom en vir die beterskap van ons nasie aan God te bepleit nie, dus is ek ook nie gekant teen die coexist missie wat jy nastreef nie,
Wat my wel kwel, is dat jy wel tog verward geraak het tussen die verskillende gelowe. Jy het half die Bybel veral uit 'n Protestante oogpunt verdraai om ander gelowe in te sluit. Ek ken geen Moslem of Hindu wat Christenskap inkorpereer in hulle geloof nie. Ek ken ook baie min Christene, behalwe dalk die new - agers wat so inklusief probeer aanbid. Julle flous dus julle self om te dink daar is verskeie paaie na God, wat ek nie opsigself mee 'n probleem het nie, maar julle weglating en wysiging van die Woord van God om sekere "leemtes" wat julle in die Woord vind aan te pas of aan te vul met Islam of Hinduisme, is vir my onverstaanbaar.
Oor die afkraking van die Protestante gelowe, en die ophemeling van die Katolieke, kan ek boekdele skrywe. Ek vind dat die Katolieke baie meer eng en konserwatief is as wat enige normale Protestant ooit sal wees.
Ek hoop jy besef dat jy gesamentelike aanbidding verwar met inklusiewe Godsdiens. Twee totaal afsonderlike konsepte.
Sterkte
Barend
Verder Cornelius, die NG kerke en ander susterskerke is geensins besighede soos jy beweer nie. Kerke in hierdie land sluit hulle deure in groot massas omdat hulle nie die rekeninge kan bekostig nie. Ons Kerke is nie geldmaak - masjiene nie. Ons Kerke is afhanklik van aalmoese van groeinde nommers behoeftige mense. Die Protestante kerke is nie ryk of soos wat jy beweer, kapitaliste nie.
Die Vaders van Geloof en Kapitalisme is gewortel in die geskiedenis van die Vatikaan. 'n Kerk wat vandag na bewering 'n paar honderd biljoen dollars sterk is. Iets wat hulle nie maklik wil erken of verklaar nie.
Barend - Ek vind raakpunte in van wat jy skryf, maar ek moet ook maan dat ek nie glo dat jou opregte mening - van gesamentelike aanbidding aanvaarbaar is nie. In teendeel, ek dink dit is gevaarlik. Veral as Christene hulself oopmaak vir ander ideologie (nie gelowe in my opinie nie) wat juis die Bybel weerspreek. So ook met die Koran en die heilige geskrifte van die Hindoes en ander gelowe. Daar is nie 'n manier dat 'n ander geloof myns insiens die koninkryk van God kan beerwe nie. As die Islamiete en ander gedoentes Cornelius se kerk besoek in 'n poging om Christus te vind is dit vir my piekfyn. Dalk kan hulle daardeur die waarheid bekom.
Tog lyk dit of Cornelius se kerk die een of ander hippie - agenda volg en 'n mengelmoes van gelowe probeer saamsmelt en te probeer voorgee dat almal op pad hemel toe is, ongeag van hulle ideologie (weereens nie geloof nie).
Cornelius predik van Co - exist en ander fatale uitkyke. Ek dink mens kan co - exist, dus in vrede leef, maar waar het dit ons sover gebring? Co - exist, is om die ander persoon 'n plek onder die son te gun. Maar dit is waar dit stop, om te "co - exist" deur samesmelting van kulture en gelowe, breek jy die hele Christendom en waarvoor dit staan af. Dit staan direk in kontras met die Woord van God, en dit waarvoor Jesus gesterf het.
Cornelius en sy "kamma - kerk" moet nie kom staan en nonsens en twak aan ons kinders verkondig nie. Daar is net een weg na die Vader en dit is deur Jesus. Nie 'n mengelmoes van gode, demone, meerminne en ander monsteragtige wesens nie.
Aletta
Hallo Barend,
Dankie vir jou kommentaar.
Ek sal oneerlik wees as ek probeer voorgee dat ek jou redevoering in geheel volg.
Ten einde my dit op te klaar, haal ek jou gedeeltes aan en lewer so kort moontlik kommentaar daarop.
Jy tik: "... en ek (Barend) was ook altyd onder die indruk dat Tutu 'n Anglikaan is en ek was nie bewus daarvan dat daar 'n Anglikaanse Katolieke gemeente bestaan nie."
Ja Barend, Tutu is nog altyd in Anglikaan.
Jy tik: "... en ek (Barend) was nie bewus daarvan dat daar 'n Anglikaanse Katolieke gemeente bestaan nie."
Wel Barend, die Anglikane is inderdaad katoliek.
Jy tik: Cornelius, op sigself het ek geen probleem om ander mense se gelowe te respekteer nie. Selfs om saam te aanbid tot ons grote God is vir my nie 'n probleem nie. Dit sluit in die Katolieke, Jode, Moslems en Hindoes. Ek kan myself net nie indink dat 'n Hindoe bv enige iets in gemeen sou he met 'n Christen en veral Moslems en Jode nie. Die Hindoes se geloof is nie monoteïsties nie, so ek sukkel swaar om te sluk aan die gedagte dat hulle saam sou aanbid, aangesien hulle verskeie gode aanhang en eer."
Met respek Barend, ek dink jy moet jouself meer omtrent die Hindoes vergewis. Dis huidig die oudste lewende Godsdiens op aarde. Dis inderdaad monoteïsties. As sulks het dit ook groot invloed op die Hebreërs gehad tydens hul ballingskap. Die hoëpriester Melgisedek met wie Abraham sy ontmoetinge gehad het, word deur menige student as 'n Zoroaster gereken. Parsi's is die hedendaagse Aanhangers van die leer van Zoroaster in Persië en Indië. Nes Hindoeïsme word Parsisme op die Vedas gegrond.
Abraham het Melgisedek na ‘n suksesvolle veldslag teen vyandige konings ontmoet (Genesis 14:18). Hy het ‘n tiende van sy oorlogsbuit aan Melgisedek afgestaan. Abraham is deur hom geseën. Melgisedek was dus meer as Abraham, want die meerdere ontvang dankoffers en hy kan ander seën. Wat opvallend van hom was, is dat hy tegelyk die koning en hoëpriester van Jerusalem in Abraham se tyd was.
Barend, ek hoop jy kan begryp dat daar geweldig baie te leer is in godsdiensgeskiedenis.
Jy tik voorts: Ook kan ek (Barend) nie die Moslemgeloof (sic) of selfs die Judisme (sic) met Christenskap in dieselfde asem noem nie. Ek betwyfel dit sterk dat 'n streng Moslemgelowige (sic) wat Vrydae aanbid by hulle Moskees (wat net mans insluit), op 'n Sondag hulle God in 'n Christelike omgewing sal dien. Dit is vir my baie moeilik om te glo.
Barend, Moslems woon gereeld katolieke geleenthede soos troues en begrafnisse in katedrale by. Onlangs het ek die eerste keer in my lewe in Rabbi in 'n katedraal gesien. Dit was toe die Hoofrabbi Heer Sacks, prins William en Kate se huwelik in die Westminster Abdy bygewoon het. Dis uiters buitengewoon aangesien Jode nie in 'n omgewing saamkom waar Jesus Christus as HaShem aanbid word nie. Terwyl Moslems Jesus Christus as Profeet van alle profete geëer word, beskou Jode Jesus Christus as 'n valse profeet.
Dis egter anders om; draers van die Evangelie gaan bedien ander daarmee in hul Godsdiens. So word ek deur Jode, Moslems en Hindoes ontvang. Saam aanbid ons die God van Abraham, ons Almagtige Lewende Skepper wat deur die hoëpriester van Jerusalem aan Abraham oorgedra is - God wat ten volle mens in Jesus Christus geword het.
Jy tik: "Tog, soos ek (Barend) se het ek nie iets daarteen dat gelowiges saamkom en vir die beterskap van ons nasie aan God te bepleit nie, dus is ek ook nie gekant teen die coexist missie wat jy nastreef nie".
Barend, in jou aanvanklike kommentaar elders het jy ook die volgende getik: "Ek (Barend) dink dat Cornelius, nes Jaco, as gevolg van 'n persoonlike probleem (soos homoseksualisme) sy eie geloof probeer skep het om sy probleem aan te spreek. Dus voel hy verwerp deur die kerk, en sy verdegingsmeganisme, was ander as Jaco, wat godsdiens heeltemal afgeskryf het. Cornelius het 'n vreemde godsdiens geskep, wat vir meeste van ons moeilik is om te verstaan omdat dit so van die norm van Geloof in die algemeen afdwaal."
My pyn met die kerk staan direk in lyn met jou veronderstelling; "Tog, soos ek (Barend) se het ek nie iets daarteen dat gelowiges saamkom en vir die beterskap van ons nasie aan God te bepleit nie".
Barend, my hartseer het nie te doen met seksuele identiteit nie. Kobus de Klerk sal my baie graag as 'n "homoseksuele agnos" probeer brandmerk, maar tot syne en die res van sy meelopers se frustrasie beskou ek nie een daarvan as 'n belediging nie. Ek het vrede met ander se seksualiteit en oortuiging. Ek en my vrou is reeds meer as 'n leeftyd getrou aan mekaar en is na al die jare onlangs met 'n dogtertjie geseën. Ek belewe ons liefde in my hart, en nie in gekondisioneerde vooroordele omtrent 'n identiteit aan ander se doen en late nie.
Maar, die Protestante se diens aan ideologie (soos in "dat gelowiges saamkom en vir die beterskap van ons nasie aan God bepleit"), het my diep getref en seergemaak toe predikante hul ja/nee veldtog van preekstoele tot eer van PW Botha se Nasionale Party oorwinnings in die tagtigs gevoer het. Die Protestante het te veel politiek van hul kansels bedryf om Anglo en Amerika se kapitalistiese ideologie te probeer dien. Daarom het ek samekoms met Protestante destyds die rug gekeer.
Nou ja Barend, soos jy seker ookal self kon agterkom word Protestante gekondisioneer om te glo dat die Bybel die Woord is. Die Woord is God en so word die Bybel dan deur baie Protestante verafgod. Iemand soos Kobus de Klerk gebruik hierdie gekondisioneerde toestand van die "broeders". Deur voor te gee dat hy "die Woord" in pag het, aanvaar die "broeders" hom vanselfsprekend as iemand met goddelike mag sonder om verby hul gekondisioneerde denke te kom. Menige "besigheidsman" (lees slang) gebruik die Bybel op dieselfde manier om hulself te verryk. Menige "broeder" aanvaar die dominee se woord op dieselfde gesag.
Ergste seker en juis tot nadeel van die ideologie wat hulle so bevorder het, is die feit dat menige Protestant van mening is dat enigiets buite hul kerk, hel toe gaan. Daarom het Protestante so 'n agterstand in kennis en ly hulle onder soveel vooroordeel omtrent ander se Godsdiens.
Na my teleurstelling in die kerk, het ek myself gaan "voorberei vir die hel" en het ek die drumpels van ander se Godsdiens gaan betree - eintlik ook maar in 'n erge verlange na my pa se orrelspel. Ek het die musiek en liturgie tot eer van die HERE geweldig gemis. Ek wou net weer met ander saamkom en sing en dans tot eer van ons Skepper. Wat 'n wonderlike genade toe ek begin besef oral word ons ALMAL se Almagtige Lewende Skepper gedien - wat ookal God se openbaring daarin!
Jy tik: "Wat my wel kwel, is dat jy wel tog verward geraak het tussen die verskillende gelowe. Jy het half die Bybel veral uit 'n Protestante oogpunt verdraai om ander gelowe in te sluit. Ek ken geen Moslem of Hindoe wat Christenskap inkorporeer in hulle geloof nie. Ek ken ook baie min Christene, behalwe dalk die new - agers (sic) wat so inklusief probeer aanbid. Julle flous dus julle self om te dink daar is verskeie paaie na God, wat ek nie op sigself mee 'n probleem het nie, maar julle weglating en wysiging van die Woord van God om sekere "leemtes" wat julle in die Woord vind aan te pas of aan te vul met Islam of Hindoeïsme, is vir my onverstaanbaar."
Uit als dusver behoort jy seker van jou kwelling ontslae te kan raak. Maar hoe het ek "half die Bybel veral uit 'n Protestante oogpunt verdraai om ander gelowe in te sluit"? Hoe kan jy ander ken as jy nie in hul kring is nie? Wat op aarde bedoel jy met "inklusief probeer aanbid"? Hoe kan jy "nie op sigself mee 'n probleem het nie" wyl ander hulself "flous om te dink daar is verskeie paaie na God"? Waar laat ek weg en "wysig die Woord van God om sekere "leemtes" wat (julle) in die Woord vind aan te pas of aan te vul met Islam of Hindoeïsme"?
Barend, dink jy nie ook jou veronderstellinge is ietwat bevooroordeeld en onderhewig aan 'n gebrek aan kennis omtrent ander nie?
Jy tik ook:" Oor die afkraking van die Protestante gelowe (sic), en die ophemeling van die Katolieke, kan ek (Barend) boekdele skrywe. Ek vind dat die Katolieke baie meer eng en konserwatief is as wat enige normale Protestant ooit sal wees."
Weereens Barend, dis net Protestante wat Godsdiens met 'n dubbelwoord soos "geloof" sal opvolg. Dis omdat Protestante gekondisioneer word om eintlik hul godsdiens as 'n soort leefstyl in bepaalde politiek te ag. Ek het altyd gedink dat daar nie iets soos "Protestante ongeloof" sal wees nie, maar ek was verkeerd. Wat ek wel met jou kan deel is dat ek intussen geleer het Jode wel ateïsties kan wees en steeds as Jode gereken word. Die Jode voer wel ook 'n leefstyl. Katolieke, Moslem en Hindoes nie.
Barend, ek wil jou ook net graag op die verskil tussen Katoliek en katoliek wys. Katoliek met 'n hoofletter verwys spesifiek na die Roomses, wyl katoliek met 'n kleinletter na die Kopte, Anglikane, Hellene en selfs Protestante verwys. Katoliek met 'n kleinletter bedoel algemeen, allesomvattend; die Heilige Algemene Kerk oor die hele wêreld heen versprei en alle eeue deur beteken.
Jy tik: "Ek (Barend) hoop jy (Cornelius) besef dat jy gesamentlike aanbidding verwar met inklusiewe Godsdiens. Twee totaal afsonderlike konsepte."
Barend, ek sal waardeer indien jy op my veronderstelde verwarring omtrent gesamentlike aanbidding en inklusiewe Godsdiens sal uitwy.
Jy tik ook; "Verder Cornelius, die NG kerke en ander susterskerke is geensins besighede soos jy beweer nie. Kerke in hierdie land sluit hulle deure in groot massas omdat hulle nie die rekeninge kan bekostig nie. Ons Kerke is nie geldmaak - masjiene nie. Ons Kerke is afhanklik van aalmoese van groeiende nommers behoeftige mense. Die Protestante kerke is nie ryk of soos wat jy beweer, kapitaliste nie."
Barend, ek hoop ek kan jou gerus stel dat ek steeds gereeld saam met Protestante saamkom. Al my geliefdes en baie van my vriende en vriendinne is Protestante, ook my liewe moeder ingesluit. Ek herinner my nie dat ek ooit die NG kerke en ander susterskerke as besighede voorgestel het nie. Vergewe my as ek wel die gedagte by jou laat ontstaan het. Nee, die Protestante het, en dien steeds die kapitalistiese ideologie van die dag (Anglo en Amerika se geldmaak politiek), tot nadeel van hul verhouding met andersgelowiges. Hul nadelige verskoning vra vir hul Apartheid bediening gaan die blankes nog lank in hierdie land tref.
Dan sluit jy af met; "Die Vaders van Geloof en Kapitalisme is gewortel in die geskiedenis van die Vatikaan. 'n Kerk wat vandag na bewering 'n paar honderd biljoen dollars sterk is. Iets wat hulle nie maklik wil erken of verklaar nie."
Wel Barend, daar is 'n verskil tussen die kerk oor alle eeue rykdom te bring en om state soos die VSA en Ingeland met jou godsdiens ryk te maak. Gaan kyk gerus waar is al Mzansi se goud vandag.
Barend, ek is nie alwetend nie en my Google raak nie aan die van Kobus de Klerk nie. Ek bid egter dat dit wat ek dusver met jou gedeel het meer lig omtrent my deelname hier sal bring.
Die werf is nie kerk nie. Ek het egter werklik 'n probleem met onderdrukkers soos Kobus de Klerk en sy huiskerkbende met "die Woord" onder hul arms op die werf. Ek is eerlik van mening dat die werf nie 'n plek is om ander aan hul sonde met soveel persoonlike belediging te vermaan nie. Dis seker ook nie vir my om 'n vinger te wys dat Kobus eerste begin het nie, want ek weet ook ek moes nie daarmee voortgegaan het nie.
Mag Jesus Christus onse HERE ons almal vergewe.
Namaste!
Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese liefde,
Cornelius
Cornelius,
Ek is bietjie ontsteld oor jou houding. Jy is baie aspris en dit word getoon in jou gebruik van (sic) agter elke moontlik spelfout wat jy aantref. Hoe arrogant, beterweterig en selfvoldaan is jy nie! Maggies mens, om te staan en (sic) skrywe agter Moslemgeloof toon net dat jy maar regtig van mening is dat die son uit jou dinges skyn. In Afrikaans kan mens Moslem en geloof aaneen skrywe. Sit jy pal met 'n verouderde woordeboek langs jou sy as jy hier tik (sic)?? Lyk my Tant Alie is reg toe sy ons vertel het dat jy 'n baie twisgierige mens is!
Ek sal verder nie uitbrei op jou aanstellerigheid nie, want die paar briewe van jou wat ek tot dusver ontleed het, is ook deurspek van spelfoute en veral algemene taalfoute. Jou woordeboek is dus nie so doeltreffend as wat jy dink nie! Wat is byvoorbeeld Anglo (sic) en Amerika?
Ek dink jy is effens verward as jy 'n verskil tussen katoliek en Katoliek probeer trek. Dan eindig jy jou brief met Katolieke groete - hoofletter en al! Ek sal jou dalk later in die week antwoord op jou besware, maar ek dink jy is so ver heen dat dit amper onmoontlik is om met jou 'n debat te voer oor die onderwerp. Ek het bloot probeer om jou te verstaan, maar jy is so katterig en onbehulpsaam om jou posisie te verduidelik dat ek wonder of dit die moeite werd is om voort te gaan met die gesprek.
Intussen kan jy my asseblief inlig hoe die Protestante, wie jy so haat, jou in 2012 bedreig? Is jy bewus van die feit dat die Apartheidregime al jare lank uit die kussings gelig is, en dat die Kerk lankal vernuwe het en geensins meer gepolitiseer is nie? Antwoord net dit vir my.
Barend
Barend,
Die (sic) het niks te doen met 'n spelfout daarin nie.
As jy oplet sou jy dalk agterkom dat ek menige spelfout in my aanhalings uit jou kommentaar sonder enige verwysing daarna reggemaak het.
Die (sic) het te doen met die valse begrip wat jy in jou woorde probeer voorstel.
Daar is nie iets soos "Moslemgeloof", of eens "Moslem geloof" nie - maak nie saak hoe jy dit wil spel nie.
Moslem, is geloof.
Katoliek, is geloof.
Hindoe, is geloof ...
As jy vorendag kom met iets soos "Moslemgeloof", dan veronderstel jy die "dom" antoniem - "Moslem ongeloof".
Deur my as "effens verward" te probeer beledig jeens my toeligting aan jou dat Katoliek met 'n hoofletter en katoliek met 'n kleinletter verskillend beteken, openbaar jy eweneens jou onkunde.
Hoekom my wil neerhaal net omdat jou "spirituele intelligensie" (nes die van Kobus de Klerk), jou 'n bietjie inhaal?
Dis mos nie my skuld as jy jou onkunde hier kom uitblaker nie - is dit?
Dis regtig jammer dat jy so in jou ego gekrenk geraak het net omdat jy nie so reg is as wat jy gedink het nie.
Ek het dit glad nie so bedoel nie.
My kommentaar hierbo is weereens met baie moeite gestel sodat jy jou gekondisioneerde onkunde omtrent my en ander self daarin kon agterkom (so taktvol moontlik) - en jy het - met erge vyandige gevolge - net omdat jou eiewaan so 'n bietjie daardeur gekneus is ... hel, nee man ...
Nietemin, my gebed is dat waar ookal Godsdiens beoefen word die Evangelie daarheen geneem kan word, dit toegevoeg word en so gedien sal word - die Goeie Nuus dat ons Onbepaalbare God (Job 7:11), ten volle mens in Jesus Christus vir ons almal op aarde geword het!
Om jou te antwoord omtrent my sogenaamde haat volgens jou teenoor Protestante; as jy werklik jouself as sodanig 'n Protestant beskou, lees liefs weer jou vyandigheid en onkunde oor ander se geloof voor jy my probeer oorhaal dat Protestante vandag minder bevooroordeeld is teenoor ander as jare gelede.
Maar moenie dat dit jou pla nie, Tant Alie en Kobus de Klerk stof vir jou 'n ereplekkie in hul huiskerkbende af.
Ja Barend, ek is teleurgestel maar glad nie verbaas nie.
Jou slimkous trant is algemeen en ewe vervelig getrou aan soveel ander vyandige "skrifgeleerde" en farisese Christene se vervloeking en aanklag teenoor ander in hul kammahof hier op die werf - vir jare reeds.
Iemand het dit lank gelede en heel korrek "anderhaat" gedoop.
En Barend, spaar asseblief nog kommentaar.
Ek stel voor jy plaas 'n "volledige bydrae" om jou beterweterigheid by die van Kobus de Klerk en sy stertjies te voeg.
Mag Jesus Christus onse HERE, ons almal vergewe.
Namaste!
Nederige Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke en Boeddhistiese groete,
Cornelius
(Barend, let asssblief op; die woord katoliek in my groete is nes die vorige keer met 'n kleinletter gespel. Anders as die Roomses se Katoliek met 'n hoofletter, verwys katoliek met 'n kleinletter taalkundig en heeltemal korrek na die Heilige Algemene Kerk, die liggaam van Jesus Christus onse HERE die afgelope 2000 jaar reeds. Probeer gerus iets soos 'n verkalrende woordeboek as jy nog onseker daaroor is).
Cornelius,
Snaaks ek het vanoggend opgestaan en wou jou graag verskoning vra as ek ongeskik voorgekom het. Ongelukkig was dit hoe ek jou reaksie ervaar het en soms het ek ook my eie foute, en my reaksie is maar een van vele sondes wat ek in nederigheid voor God besin.
Jy is dalk nou 'n taalfundie, en dit is seker jou volle reg om ander te wys op taalfoute en sulke goeters. Vir my maak dit meer saak om in jou kop te kom en te probeer verstaan. Kobus het aan my uitgewys, dat die Katedraal waar jy aanbid, glad nie soos jy beweer Moslems en Hindoe - gelowe aanhang nie. Hy het ook genoem dat hy bekend is met die Katedraal en hy het genoem dat jy half eerw. Tutu se pogings om vrede te skep tussen gelowe, verwar met inklusiewe aanbidding.
Ek is nie hier om kant te kies tussen jou en Kobus en Tant Alie nie. Jy gaan nie ver kom met my as jy die heletyd hulle skel nie. Hierdie is jou kans om jouself mooi uit te druk, en dan kan ons die gesprek in vrede voortsit.
Ek het ook by Kobus verneem dat jy verskeie ander gode aanbid. Kyk asb na sy kommentaar op die brief - Cornelius se dwaleringe, en dalk kan jy uitwy oor hoekom jy sulke dinge in die verlede versprei het. Cornelius, ek probeer regtig verstaan, want soos ek se, jou siening is dalk bo my vuurmaakplek. maar vir my is Jesus Christus die enigste weg na die Vader, en ek is jammer dat jy sukkel om ons Christene te respekteer daarvoor.
Cornelius, jy sal ook moet verduidelik hoekom jy Hidoes as monoteisties beskou. Ek het jare gelede 'n gesprek met 'n Christen - Indier gehad en hy was duidelik oor die feit dat hulle verskeie gode aanbid. Ek moes toe maar gaan google (soos wat jy ook maar doen), en het dadelik hierdie interessante stuk gekry. Lees dit maar - dit blyk dat die hindoes pantisme aangang, nie monoteisme nie.. Kommentaar asbHinduism is a decidedly theistic religion; the difficulty lies in determining whether it is a polytheistic, pantheistic, or perhaps even monotheistic religion. It should be noted at the outset, however, that this is chiefly a western difficulty: the Indian mind is much more inclined to regard divergent views as complementary rather than competing.The Hindu gods Shiva, Parvati and Ganesh. Supporting a view of Hinduism as a polytheistic religion is the great pantheon of Hindu gods. The oldest and most sacred texts, the Vedas, are chiefly concerned with mythologies and rituals related to a number of deities, most of which are identified with aspects of the natural world. The gods of modern Hinduism include the chief gods Shiva, Vishnu and the Mother Goddess Shakti as well as a myriad of local community gods. Devotion to these various deities is based primarily on one's region and needs, and even when devotion is given to only one, the existence of others is acknowledged. Hindu worship virtually always involves sculptures and images, to which offerings are made and rituals are performed.Despite these polytheistic elements, however, many Hindus explain that the gods are various forms of a single Supreme Being (see quotes below). Similarly, the philosophical Hindu texts advocate a pantheistic view of ultimate reality. These texts, most notably the Upanishads, explain that there exists a single Supreme Reality, called Brahman. Brahman is often personified and presented as the One that must be sought, and can begin to sound like monotheism. Yet the ultimate revelation of the Upanishads is that the self (atman) is identical with Brahman. Life is therefore best spent not in rituals and offerings to the gods, but in deep meditation on the self until this truth is experienced firsthand.So is Hinduism polytheistic, pantheistic, or monotheistic? Contributing to the difficulty of answering this question is the fact that Hindus are not nearly as concerned as are western thinkers with such labels and categories. After all, it is a favorite Hindu saying that "The Truth is One, but different sages call it by different names." {1} But when Hindus do define their religion in these terms, usually for the benefit of curious westerners, they tend to do so in terms of monotheism and pantheism: "Hinduism worships multiple forms of the one God." (OM, an American Hindu organization)"According to the tenets of Hinduism, God is one as well as many." (HinduWebsite.com) "Hindus believe in monotheistic polytheism, rather than polytheism." (The Hindu Universe) "Even though Hinduism is mistakenly regarded by many as a religion having many gods namely, polytheism, yet truly speaking Hinduism is a monotheistic religion." (Sri Swami Chidanda)Taking all of the above into consideration, our Fast Facts on Hinduism page classifies Hinduism as "pantheism with polytheistic elements." Why not monotheism? Although "monotheism" literally means belief in the existence of one God, the term has come to denote belief in a God who created and is distinct from the universe. Pantheism is the view that God is essentially identical with the universe and totally immanent in the world: God is the universe and the universe is God. Thus pantheism seems to be the most accurate label for Hinduism. The "with polytheistic elements" qualifier is added because the Supreme Being of Hinduism is most often worshipped in the form of multiple deities. However, it must be noted that this is a generalization that does not describe the beliefs of all Hindus. Some regard the universe as created by and essentially distinct from God, and are therefore "monotheistic" in the traditional sense
Barend,
Ek kan my nie in die minste skeel waarmee die ou grote Kobus in jou kop smokkel nie. As jy wil glo wat hy hier uitlaat, dan is dit geheel jou dilemma.
Derhalwe moet ek jou ook daarop wys dat ek geensins myself in 'n kammahof sal laat boelie nie. Dus val jou aanname; "Cornelius, jy sal ook moet verduidelik hoekom jy Hidoes as monoteisties beskou" ..., my totaal verby (ek laat ook jou spelfoute daar).
Barend (met alle respek), my beste raad aan jou is om jouself liefs elders te gaan vergewis voor jy my hoenderbrein probeer krap. Vra dat Kobus sy eie onsin aan jou verklaar voor jy dit as iets betekenisvol aan my probeer bevraag.
Die onderwerpe is al deurtrap en as jy wil, kan jy my bydraes onder my profiel nalees as jy nog wil weet. Ek kruip nie agter 'n "private profile" weg nie. Ek het ook al menige kommentaar gelewer waarin ek my mening deel. Volg ook eers al die skakels in my bydrae hierbo voor jy nog onnodig verleentheid skep met jou onthutstheid.
Maar om dit vir jou so kort en eenvoudig te stel; ek het vrede met wat 'n ander glo of nie glo nie - ek't selfs vrede met Kobus de Klerk en sy huiskerkbende se ongeloof. God alleen bewerk geloof in ons harte - geen mens kan 'n ander geloof in God gee nie. Die werf is nie kerk nie. My bydrae hier is hoofsaaklik in antwoord op Kobus de Klerk en sy meelopers se onderdrukking van ander. Die ergste is hul onderdrukking met "die Woord" kamstig in hul pag - ja, wat 'n waan!
Daarom Barend, dis miskien okei dat jy my probeer uitsonder het "om in my kop te kom". Jy gaan duidelik nes Dolf, Henk en al die ander ge-aliedes nie ver kom as jy ander hier onder die invloed van jul hoëpriester de Klerk probeer beledig nie.
Jy het ook nie regtig nodig om in my kop te kom nie Barend. Maak liewer die deur van jou hart oop sodat Jesus Christus onse HERE daarin kom en laat my in vrede.
Ek dink nie ek kan jou iets leer nie.
Namaste!
Cornelius
Cornelius, ek wil graag vastel wat jou opinie is ten opsigte van die volgende kernwaarhede wat die Bybel ons leer.1 Wat is jou standpunt oor die Drie-Eenheid?2 Wat is jou siening ten opsigte van Jesus Christus die Persoon en Sy werke, veral Jesus se Godheid en genadewerk aan die kruis , oor die opstanding en die die ewige lewe, die letterlike vervulling van Bybelse profesieë? Wat is jou seining oor die hemel, die hel en die duiwel? 4 Oor sonde , nie net geweldsmisdaad, dronkenskap en diefstal nie, maar sonde soos homoseksualiteit, afgodsdiens en ongeloof?
Henry
Cornelius, met alle respek bedoel, ek is regtig nie uit daarop om jou aan te val nie, en ek is ook maar onlangs hier op Senet.
Cornelius, ek is ook disleksies met tye, so jammer vir my spelfoute.
Ek dink jou grootste probleem is agressie, soos wat ek ook mee gesukkel het in die verlede. Ek het nie die tyd om skakels te volg nie, maar ek moet net se, wat jy tot dusver verduidelik het maak vir my nie sin nie.
Sterkte vorentoe
Barend
Henry,
Dankie vir jou vrae.
Dankie ook vir die oop gemoed daarin.
Jy vra (1) "Wat is jou standpunt oor die Drie-Eenheid?"
Henry, die eerste antwoord wat in my hart opkom is Job 11:7 "Kan jy die dieptes van God peil? Of sal jy kan deurdring tot by die volmaaktheid van die Almagtige?"
Maar, ons Almagtige Lewende Skepper het ten volle mens geword in Jesus Christus en het self die volgende beveel; "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het." (Matt 28:19)
Ek is nie 'n taalkundige nie, maar moes al menigmaal die verskil tussen die woord "eenheid" en "enige" op die werf verduidelik. "Drie-Eenheid" is politeïsties wyl "Drie-Enige" monoteïsties is.
Die Nederlandse Geloofsbelydenis erken God se openbaring as "Drie-enig".
Ek bely uit my siel aan die hand van die Nederlandse Geloofsbelydenis onse Drie-enige God, en vertrou dat God alleen die aanroep in elkeen se hart daarin ken.
Ek deel ook dat God se openbaring in die Seun, die Woord is waarna in Johannes 1:1 en elders in die Bybel verwys word (die Bybel is dus nie die Woord soos Kobus de Klerk en ander dit hier verafgod nie).
Ek deel ook dat God se openbaring in die Heilige Gees, Shekhinah - GOD ons MOEDER - ons Trooster is.
Maar bowenal Henry, God is nie beperk tot enkele openbaringe nie. God openbaar aan elkeen soos God wil. So het God byvoorbeeld as die Engel van die HERE aan Hagar in die woestyn verskyn en ook as die Engel van die HERE van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!
Daar is diegene wat hulself mislei deur God te bepaal aan hul eie begrip en omstandighede. As dit goed gaan, is God goed. As dit sleg gaan, dan is God sleg of bestaan nie.
Dan is daar die onderdrukkers; hulle wat God in pag aan hul medemens voorhou. Volgens hulle is God die Regter wat almal wat hulle nie eer nie, ter helle sal verdoem ... ja, en so is die Ingelse en die Boere se kanonne deur dieselfde God geseën ... wat 'n waan!
Dus Henry, ek staan nederig teenoor elke openbaring van God in 'n ieder op aarde se hart.
(vervolg)
Henry, jy vra (2) "Wat is jou siening ten opsigte van Jesus Christus die Persoon en Sy werke, veral Jesus se Godheid en genadewerk aan die kruis , oor die opstanding en die ewige lewe, die letterlike vervulling van Bybelse profesieë?"
In die liefde en genade van Jesus Christus onse HERE antwoord ek jou dat ek nie aan myself behoort nie, maar aan my troue Saligmaker, Jesus Christus. Dis my enigste troos in lewe en in sterwe.
Ek dank God vir die wete in my hart dat Jesus Christus, onse Hemelse Vader is , ons Almagtige Lewende Skepper is wat ten volle mens in Sy openbaring as sy Seun geword het.
Daarmee het God self 'n volmaakte Soenoffer vir die mensdom aan die Kruis gebring; Jesus Christus ons Almagtige Lewende God daaraan gesterf en op die derde dag weer uit die graf opgestaan.
So is die dood, die gevolge van ons sonde vir elkeen wat dit glo tot in ewigheid oorwin.
Ek dank ook GOD ons MOEDER vir die troos in my hart in afwagting om te weet dat elke profesie in soveel Heilige Skrifte aan die mensdom geopenbaar, letterlik vervul sal word.
En hier aan die donkerkant van die maan, wag ek saam met soveel ander harte op die lieflike Ruimteskip genaamd die Ster van Bethlehem waarin Jesus Christus onse HERE, ons weer sal kom haal ...
(vervolg)
Henry, jy vra (3) "Wat is jou siening oor die hemel, die hel en die duiwel?"
Die hemel is soos Jesus Christus onse HERE dit self in Matteus 13 vir ons leer; soos 'n man wat goeie saad in sy landerye gesaai het, soos 'n mosterdsaad wat gesaai word, soos suurdeeg wat 'n vrou in drie mate inwerk, soos 'n skat verborge in die saailand ...
En die hel?
Die tong is ook 'n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so 'n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek. (Jakobus 3:6) ... ja, en so gee ons mekaar hel ...
... as God die engele wat gesondig het, nie gespaar het nie, maar hulle in die hel gewerp en aan kettings van duisternis oorgegee het, om vir die oordeel in bewaring gehou te word; (2 Petrus 2:4) ... en ja, die hel is ook 'n verskriklike Godsverlate plek ...
En Satan?
Soos daar geskrywe staan; En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. Toe hoor ek 'n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons naastes is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het. (Uit Openbaringe 12)
(vervolg)
Henry, jy vra (4) "Oor sonde , nie net geweldsmisdaad, dronkenskap en diefstal nie, maar sonde soos homoseksualiteit, afgodsdiens en ongeloof?"
Ja, wie is ek?
Ek sonder geen sonde uit nie.
Die werf is ook nie kerk waar daar 'n sterk genoeg band en vertroue tussen mekaar is om mekaar met sagmoedigheid, soos Jesus Christus onse HERE beveel het, te vermaan nie.
Soos daar geskrywe staan; Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; (Matt 11:29)
Sagmoedig ...
Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe, sagmoedig, en Hy sit op 'n esel, ja, 'n jong esel, die vul van 'n pakdier. (Matt 21:5)
En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet. (uit Openbaringe 22)
Henry, ek buig skouer aan skouer saam met elke ander dorstige sondaar op aarde voor ons Koning.
Mag Jesus Christus onse sagmoedige en nederige HERE, ons almal vergewe.
Cornelius
Barend,
Ons is almal by verskillende mylpale in die lewe.
Ek het daarom lankal besef om my liefs daarvan te weerhou om sommer goedsmoeds my ervaringe op die werf te deel.
Daar is menige listige slang wat ander se pêrels vertrap en harte verskeur.
Dis my gebed dat dit wat ek wel hier deel, nie ander in die versoeking sal bring nie.
As jy opreg na verklaring en antwoorde soek, sal jy dit vind.
Voorts kan ek jou verseker dat ek geheel kalm en rustig hier aan die donkerkant van die maan voor my rekenaar sit en tik.
Ek het geen bedoeling om jou persoonlik te kwets nie.
Andersyds, welkom op die werf.
Ek dink jy sal weldra agterkom dat hier nie gyselaar geneem word nie.
Staan jou man!
Cornelius
Cornelius,
Ek gaan jou geensins beoordeel op jou belydenis hierbo verskaf, al wat ek kan sê is dat al jou antwoorde verdraai is en dat dit nie konsekwent en in lyn met die Gesonde Leer van Christus is nie.
Henry