Beste Hans,
Ek vind geen bewyse in jou skakel dat ons nou juis Wes-Vlaams praat nie. Jy sal dus maar self moet uithaal en wys. Dis mos maar die reël hier op SêNet: hy wat beweer, moet bewys.
Groete,
Angus
Beste Hans,
Hier aan die Suidpunt van Afrika praat ons Afrikaans, in al sy kleure en geure. Mens kan nie sommer net dinge raai en dan as die waarheid verkoop nie, jy moet in die geskiedenis gaan kyk wat gebeur het.
Jan van Riebeeck en sy gevolg het Nederlands gepraat, wat om verskillende redes begin verander het, sodat daar spoedig gekla is oor die Kaaps wat die mense praat. Dit is ook bestempel as Kaaps-Hollands. Taalbewustes het dit in 1875 Afrikaans genoem.
Beste Dirk,
Ja, die Hans Richter veroorsaak 'n probleem. Gedurig moet ek eers probeer in Afrikaans vertaal wat hy skryf, want hy ken nie verskil tussen Afrikaans en Juddisj nie. Dan gebruik hy woorde wat hy dink geleerd klink, maar amper soos Mrs Malaprop dit sou gedoen het. Hy maak sommer sy eie woorde ook soos bv "kreonisme" en dan het hy 'n hele betoog daaroor. Vra ek hom 'n eenvoudige vraag, beantwoord hy dit nie, maar raai my aan om dit te google.
Kommentaar
Beste Angus
Ek sien Hans hou jou besig!
Groete
Dirk
Beste Hans,
Ek vind geen bewyse in jou skakel dat ons nou juis Wes-Vlaams praat nie. Jy sal dus maar self moet uithaal en wys. Dis mos maar die reël hier op SêNet: hy wat beweer, moet bewys.
Groete,
Angus
Wel Angus, sal jy saamstem dat ons Indo-Kaaps praat dan?
Beste Hans,
Hier aan die Suidpunt van Afrika praat ons Afrikaans, in al sy kleure en geure. Mens kan nie sommer net dinge raai en dan as die waarheid verkoop nie, jy moet in die geskiedenis gaan kyk wat gebeur het.
Jan van Riebeeck en sy gevolg het Nederlands gepraat, wat om verskillende redes begin verander het, sodat daar spoedig gekla is oor die Kaaps wat die mense praat. Dit is ook bestempel as Kaaps-Hollands. Taalbewustes het dit in 1875 Afrikaans genoem.
Kan jy "Indo-Kaaps" motiveer?
Groete,
Angus
Beste Dirk,
Ja, die Hans Richter veroorsaak 'n probleem. Gedurig moet ek eers probeer in Afrikaans vertaal wat hy skryf, want hy ken nie verskil tussen Afrikaans en Juddisj nie. Dan gebruik hy woorde wat hy dink geleerd klink, maar amper soos Mrs Malaprop dit sou gedoen het. Hy maak sommer sy eie woorde ook soos bv "kreonisme" en dan het hy 'n hele betoog daaroor. Vra ek hom 'n eenvoudige vraag, beantwoord hy dit nie, maar raai my aan om dit te google.
Het jy nie raad nie?
Groete,
Angus