Ek werk in Daveyton. Ek is 'n skaars item en moet dikwels opstelle skryf vir swart skoolkinders, wie nog Afrikaans as skooltaal leer. Hul lag dikwels vir woorde wat in tsotsi-taal vloekwoorde is of ander betekenis gekry het! Wat my pla is 'gesofistikeerde anglisismes' wat deur mense in bv Pretoria se ooste 'gebesig' word, met sulke plat stywe lippe!
Hans


Kommentaar
Hallo Hans
As ek jy was sou ek my glad nie dat "anglisismiese missprekery" my pla nie. Doen vir jouself iets vir 'n verandering. Google "Language is not transparent" en jy sal uitkom uit by 'n konseptuele kunswerk oor taal en gebruik daarvan. Die kunswerk is in die VSA gedoen en ooreenstemmend met konsepkuns, wat op die gedagte konsenstreer en die op die uitvoer van die kunswerk nie, is dit sommer swartbordverf wat ietwat slordig op 'n witgekalkte baksteenmuur geverf is. Dekades gelede al. Wat wel deursigtig is die masker van die stywe lippe wat die anglisisme kwytraak. Moenie dink " my Engelse-Afrikaans is baie beter as gewone Afrikaans" gebeur net in Pretoria se ooste nie. Ek skryf van uit die Wes-Kaap. Die voorbeeld van die soort van ding wat jou pla, wat vir my meer treffender was as geslaan deur 'n bliksemstraal, was e-pos uitruil, met van alle soorte mense, 'n taamlik bekende digter. Sy het aan my geskryf vanaf die volmaakte digkuns-heiligdom van Versindaba in Stellenbosch. Sy skryf toe vir my "ek het jou e-pos aan Rapport geforward." Ek antwooord. "Dankie, maar wat is fout met 'aangestuur', pleks van 'geforward'." Haar antwoord was "Niks nie, maar ek verstaan jou beswaar. Ook maar goed ek het dit net per e-pos geskryf en nie op die internet gepubliseer nie". Red nou die Afrikaanse taal met Afrikaanse "digters" wat ook alte Engelse-Afrikaans optree. Die probleem is nie taal wat nie deursigtig is nie, maar wel dat daardie gebruikers wie se "probeer beter wees as net Afrikaans met gebruik van modieuse verengelsing se drogdenkery is so deursigtig soos 'n glasbord in 'n advertensie vir Sunlight skottelgoedwasmiddel. Net omdat die Kaap eens op 'n tyd vir altyd glad nie meer Hollands was nie, maar Engels geword het, en toe later ook die hele SA, maak dit nie vandag 'n beter mens van jou om Engelse Afrikaans te praat nie. Ek loop ook Kapenaars van alle rassegroepe raak wat hulle nie skuldig maak aan met een voet in Engeland probeer staan en die ander in eens op 'n tyd koloniale Afrika nie.
Vriendelike groete,
Henk Seymore