Wie bepaal wat is selfmoord?
As iemand doelbewus en wetend hy kan 'n ongeluk maak, 'n kar teen hoë spoed ry en 'n ongeluk veroorsaak wat sy lewe neem, sê mense nie dit is selfmoord nie ... nee hy is in 'n karongeluk dood.
Iemand wat drank of dwelmmiddels gebruik en dood gaan daaraan word nie as selfmoord geklassifiseer nie, maar "hy is aan drankmisbruik of dwelm-oordosis" oorlede.
As iemand rook, wetend wat dit aan hul liggame doen, word dit nie as selfmoord beskryf nie!!
Is selfmoord dan konsuis so on-Christelik? Het die Bybel nie self voorbeelde van mense wat 'selfmoord' gepleeg het nie? Neem Simpson wat die pilare omgetrek het op homself en 'n groot klomp mense ... met die Here se goedkeuring ... of is ek verkeerd!
Ek vra maar net ... wanneer is dit selfmoord en hoekom dit veroordeel ...
Margi Jarrett


Kommentaar
Margi Jarrit
Eenvoudig. Selfmoord is wanneer 'n persoon vrywillig en bewustelik besluit en beplan om self sy lewe tot 'n einde te bring.
Die ander gevalle genoem, drank, rook, dwelms, ens wat oormatig gebruik is en wat uiteindelik tot die dood toe lei, is 'n ongelukkige "miscalculation" van hoeveel die liggaam kan verdra. Motorongeluk is ook nie 'n beplande daad nie, maar oor 'n "miscalculation" in die lewe. Die geval van Simson in 'n gevangenskapsituasie met geen vooruitsig van ontsnapping en OORLEWING nie, is 'n aanvalsdaad om sy en sy volk se vyande saam met hom te vernietig, en sou ek nie as selfmoord defineer nie. Die geval van 'n mensebom wat homself soortgelyk beskikbaar stel, is beslis selfmoord, want hy het self besluit en beplan om dit te doen vir sy saak.
Vir my is selfmoord veroordeelbaar waar ander onskuldiges in die slag ly of te nagekom is. Maar waar niemand anders enigsins te nagekom word nie, beskou ek dit sy eie saak, en ek persoonlik sal hom nie veroordeel nie.
Jaco Fourie
Hi Margi. Ek dink dit is seker een van die moeilikste vrae om te beantwoord. Ek as leek sal my vertolking daarvan probeer verduidelik. Moord en selfmoord loop hand aan hand. Moord is wanneer jy iemand met voorbedagte rade van sy/ haar lewe ontneem. Selfmoord is vir my dieselfde in die sin, dat jy met voorbedagte rade jou eie lewe neem. Jy het beplan om dit te doen en jy weet hoe en wanneer jy dit gaan doen. Die redes om selfmoord te pleeg is legio. Die ergste is wanneer 'n persoon selfmoord pleeg en die agtergeblewenes weet nie hoekom/waarom nie.
Kom ek help jou reg, die mense wat agterbly weet goed hoekom dit gebeur het, dis net hulle manier om hulself te verontskuldig oor hulle nie omgegee het nie. Hulle was te besig om hulle te bemoei met daardie persoon, en net 'n bietjie om te gee, want dit sou beteken hulle moes ietsie van hulself gee, hoekom die moeite doen?
Beste Margi,
Ek het heelwat ooreenstemming met jou; selfs dekadente en promiskue narsiste is sulke potensiële selfmoordenaars ... en dis presies soos Jaco Fourie dit stel - "Vir my is selfmoord {....} waar ander onskuldiges in die slag ly of te nagekom is" ...
Ja, weet getroue en onskuldige belastingbetalers en bydraers tot mediese fondse, maar nie al te goed hoeveel die onopgevoede plesierjagters en roekeloses, ons reeds kos nie?
Maar, ek sal niemand veroordeel nie - ook nie eens die promiskue en dekadente ateïste en homoseksuele nie!
Mag Jesus Christus onse HERE, ons almal vergewe.
Namaste!
Cornelius Henn
Hello.
Wouter
Heeltemal reg. Daar is die naasbestaandes wat emosioneel benadeel gaan word, maar dit geld vir enige vorm van afsterwe, hetsy ongeluk asook moord, die dat ek die persoon wat ander nie andersins te nagekom, het nie, sal ek nie veroordeel nie.
Jaco Fourie
Hello Jaco,
Margi,
Hello,
My seun van het op 16 selfmoord gepleeg. Hy was altyd in die akademiese top tien, het goed in sport gevaar - dus hoekom? Ons was 'n doodgewone gesin wat eintlik alles saam gedoen het. Maar die veroordeling en vingerwysing en geskinder wat ons moes verduur ... ek het my vertroue in mense totaal verloor. Niemand weet presies wat in so 'n persoon se kop aangaan die oomblik wat hy/sy die daad pleeg nie. Ons was al op die maan, was in die diepste plekke van die see, dis maklik om amper enigiets op internet op te spoor, kyk na enige ontwikkeling in enige sfeer van die samelewing en mens kan jou hande saamslaan - TOG weet ons bitter min van die werkinge van die menslike brein.
Mense wat rook en weet wat se gevaar dit inhou is besig om stadig selfmoord te pleeg. Iemand wat te veel drink en willens en wetens van moontlike gevolge is 'n moontlike selfmoordslagoffer. Maar daar is nie naastenby die tipe veroordeling as wat ons beleef het nie. Mense praat bietjie oor so 'n tipe ongeluk/dood en dis verby, maar ons moes jare SIEN hoe mense aan mekaar stamp as ons bv in 'n supermark is. Agter die hand praat en as jy vir hulle kyk kyk hul weg. Moet ook asb nie praat van "doelbewus" mense in 'n toestand agterlaat agv selfmoord nie - so 'n persoon dink nie eers reguit op die stadium wat hy/sy dit doen nie. Inteendeel het navorsing bewys dat so 'n persoon glo hy/sy doen die agtergeblewenes/wereld 'n guns deur sy/haar daad.
Dis net so.
Mense is so veroordelend, sonder dat hulle IETS weet waarvan hulle praat. Ignorance is bliss ... yes, then why aren’t more people happy.
Ek ondervind 'n absolute vereensaming, nie deur my toedoen alleen nie, (want ek verkies nou maar om alleen te wees in stede van die klomp 'fools' toe te laat om my verder te verneder en te vermy), maar omdat kinders, familie en vriende nie belangstel as jy skielik besluit het jy wil nie meer 'n 'people pleaser' wees of 'n vloerlap nie. As jy jou voet neersit, dan is jy die vark in die verhaal.
Moenie eers praat van die sogenaamde 'Godsdienstige Christine’ nie. Hulle vat die koek. Omdat ek nie 'n JW wil word nie, word ek 'geshun' deur die familie, omdat ek nie meer 'n 'nice' persoon is wat gebruik kan word nie, is ek nie meer goed genoeg vir kinders en familie nie. Kamstige 'vriende' 'drop' jou omdat hulle selfsugtig en geldgierig is (ek betaal ALTYD vir dinge wat vir my gedoen word) en vertel ander dat JY so ondankbaar is ...
Ek is deur twee groot operasies binne vier maande en sal nog een moet deurgaan een of ander tyd ... toe ek hulle almal nodig gehad het was die verskonings legioen ... Te besig, die tyd vlieg so, die bietjie wat hul bereid is om te doen is mos genoeg! Hul kerk laat hul nie toe om met buitestanders te verkeer of in hul huise te gaan nie.
Vereensaming, verwerping, wat jy al die jare gedoen het is nie genoeg nie, nou dat jy siek is is jy nie meer van waarde nie ... Die seerste is die kinders wat ek as enkel ouer grootgemaak het en noudat ek 'needy' is, weet hulle of nie wat om te doen nie, of hulle skram weg vir die verantwoordelikheid.
Wat as ek ouer is, word ek dan geprop in 'n ouetehuis en sien niemand meer nie? Dan eerder vroeg doodgaan en nie aangewese op hulle 'gedwonge' hulp nie.
Ek glo vas in Euthenasia, want as ek ouer is en nie myself kan help nie, waar is die waardigheid, die respek en die kwaliteit van lewe. Jy moet aangewese wees op vreemdelinge wat jou skoonmaak en voer ... hoe vernederend!!
Nee wat, ek verstaan absoluut as iemand selfmoord pleeg ... dis nie lafhartigheid nie, maar neem verskriklik baie 'guts' om dit te doen. Soos jy sê, om ander dit te spaar dat hulle na jou MOET omsien en dit INBRAAK maak op hulle bestaan. Ai, maar die wiel draai ... Hoop hulle dink daaraan as hulle oud is.
Hi Margi.
Genugtig, dit klink nie asof jy tans in 'n lekker situasie is nie.
Geen mens kan hom of haarself in 'n ander se situasie inleef as jy dit nog nie self beleef het nie. Almal is gou om te oordeel en advies te gee. Vat my raad, as jy wil ontslae raak van familie en vriende, leen vir hulle geld.
Vriende van my se dogter het ses jaar gelede selfmoord gepleeg. Ek sien nou nog die verwarring in die ouers. Ek het vir die man 'n brief geskryf. Ek kon nie met hom simpatiseer nie. Ek het nie geweet en weet nou nog nie hoe nie. Sy was een van die mees aangenaamste jong vrouens wat ek geken het. Sy het voor my groot geword. Iets het haar net die aand motiveer dat sy opstaan van haar stoel af, na die kamer toe stap en die pistool teen haar kop druk en die sneller trek.
Dit is vir my maklik op te praat. Iets moet erg in jou brein inskop om tot so stap oor te gaan. Ek persoonlik was ook al in situasies waar ek myself nie sien uitkom nie. Ek het net gaan sit en bietjie seëninge tel. Die positiewes en negatiewes teen mekaar opgeweeg. Gelukkig het ek tot die slotsom gekom die positiewes weeg baie meer as die negatiewes.
Ek kan 'n lang soetsappige relaas probeer lewer. Ek het ook gedink as ek myself nou die ewigheid inhelp, die donners wat agterbly suip my duur whisky en wyn op. Iemand anders ry my tweedeur Italiaanse motor, dra my horlosie en ek is met my boude tussen die lang bome. Se moer, ek doen niemand so 'n guns nie. Ek gaan die kinners ook nog gas gee. Ek bederf die kleinkinders sodat dit pappie en mammie se probleem is. Die dag as ek my kop neersit en die wat die begrafnis bywoon moet trane stort van blydskap. Hulle is ontslae van my. Ek het altyd geseg ek leef eerder tot op veertig, voluit as tot op tagtig teen halfpas. Ek en 'n pel praat nou die dag daarvan, ons is albei met vyftien jare verby. Ons het weer van voor af begin en mik nou vir tagtig.
Sterkte, daar is altyd 'n uitweg.
Resumé
Hello,
My seun is aan 'n oordosis heroine oorlede. Hy het nie selfmoordneigings gehad nie, dit was absoluut 'n ongeluk. Hy het ook die Here geken, maar hy het hierdie "siekte" gehad. Sy vader het hom verwerp toe hy nog klein was, en dit het hom geweldig gepla deur sy kinderdae en sy grootmensjare. My seun was liefdevol, maar altyd soekend. My hart is in stukke.