Wanneer is dit selfmoord?

  • 15

Wie bepaal wat is selfmoord?

As iemand doelbewus en wetend hy kan 'n ongeluk maak, 'n kar teen hoë spoed ry en 'n ongeluk veroorsaak wat sy lewe neem, sê mense nie dit is selfmoord nie ... nee hy is in 'n karongeluk dood.

Iemand wat drank of dwelmmiddels gebruik en dood gaan daaraan word nie as selfmoord geklassifiseer nie, maar "hy is aan drankmisbruik of dwelm-oordosis" oorlede.

As iemand rook, wetend wat dit aan hul liggame doen, word dit nie as selfmoord beskryf nie!!

Is selfmoord dan konsuis so on-Christelik?  Het die Bybel nie self voorbeelde van mense wat 'selfmoord' gepleeg het nie?  Neem Simpson wat die pilare omgetrek het op homself en 'n groot klomp mense ... met die Here se goedkeuring ... of is ek verkeerd!

Ek vra maar net ... wanneer is dit selfmoord en hoekom dit veroordeel ...

Margi Jarrett

  • 15

Kommentaar

  • Margi Jarrit

    Eenvoudig.  Selfmoord is wanneer 'n persoon vrywillig en bewustelik besluit en beplan om self sy lewe tot 'n einde te bring. 

    Die ander gevalle genoem, drank, rook, dwelms, ens wat oormatig gebruik is en wat uiteindelik tot die dood toe lei, is 'n ongelukkige "miscalculation" van hoeveel die liggaam kan verdra.  Motorongeluk is ook nie 'n beplande daad nie, maar oor 'n "miscalculation" in die lewe.  Die geval van Simson in 'n gevangenskapsituasie met geen vooruitsig van ontsnapping en OORLEWING nie,  is 'n aanvalsdaad om sy en sy volk se vyande saam met hom te vernietig, en sou ek nie as selfmoord defineer nie.  Die geval van 'n mensebom wat homself soortgelyk beskikbaar stel, is beslis selfmoord, want hy het self besluit en beplan om dit te doen vir sy saak.

    Vir my is selfmoord veroordeelbaar waar ander onskuldiges in die slag ly of te nagekom is.  Maar waar niemand anders enigsins te nagekom word nie, beskou ek dit sy eie saak, en ek persoonlik sal hom nie veroordeel nie.

    Jaco Fourie

  • Hi Margi. Ek dink dit is seker een van die moeilikste vrae om te beantwoord.  Ek as leek sal my vertolking daarvan probeer verduidelik. Moord en selfmoord loop hand aan hand. Moord is wanneer jy iemand met voorbedagte rade van sy/ haar lewe ontneem. Selfmoord is vir my dieselfde in die sin, dat jy met voorbedagte rade jou eie lewe neem. Jy het beplan om dit te doen en jy weet hoe en wanneer jy dit gaan doen.  Die redes om selfmoord te pleeg is legio. Die ergste is wanneer 'n persoon selfmoord pleeg en die agtergeblewenes weet nie hoekom/waarom nie. 

    • Kom ek help jou reg, die mense wat agterbly weet goed hoekom dit gebeur het, dis net hulle manier om hulself te verontskuldig oor hulle nie omgegee het nie. Hulle was te besig om hulle te bemoei met daardie persoon, en net 'n bietjie om te gee, want dit sou beteken hulle moes ietsie van hulself gee, hoekom die moeite doen?

  • CorneliusHenn

     

    Beste Margi,

    Ek het heelwat ooreenstemming met jou; selfs dekadente en promiskue narsiste is sulke potensiële selfmoordenaars ... en dis presies soos Jaco Fourie dit stel - "Vir my is selfmoord {....} waar ander onskuldiges in die slag ly of te nagekom is" ...

    Ja, weet getroue en onskuldige belastingbetalers en bydraers tot mediese fondse, maar nie al te goed hoeveel die onopgevoede plesierjagters en roekeloses, ons reeds kos nie?

    Maar, ek sal niemand veroordeel nie - ook nie eens die promiskue en dekadente ateïste en homoseksuele nie!

    Mag Jesus Christus onse HERE, ons almal vergewe.

    Namaste!

    Cornelius Henn

     

     

  • Hello.

     
    Ek hou van Reusedwerg se oplossing dit maak baie sin. Aangesien dit 'n baie duidelik besluit verg van jou kant af om jou self te dood. Soos byvoorbeeld om behandeling vir 'n siekte te staak, nie meer te eet nie en talle ander maniere. Hierdie naweek wat verby is het ek na hierdie program geluister:

     
    The Suicide Plan van PBS. 
     
     
    Die grootste frustrasie wat ek gehad het is met die een amptenaar van die staat wat die persoon se reg om 'n einde te bring aan hul lewe wil inperk.
     
    Jaco wat van die emosionele impak vir die wat agterbly. Hulle word benadeel?
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Wouter

    Heeltemal reg.  Daar is die naasbestaandes wat emosioneel benadeel gaan word, maar dit geld vir enige vorm van afsterwe, hetsy ongeluk asook moord, die dat ek die persoon wat ander nie andersins te nagekom, het nie, sal ek nie veroordeel nie.

    Jaco Fourie

  • Hello Jaco, 

     
    Ek verstaan dit dan so. Alhoewel ek nog steeds 'n vraag het oor hoe die wat agterbly en doelbewus deur die persoon wat sy lewe geneem het in daardie toestand gelaat is. 
     
    In verband met bogenoemde is die verhaal van verlede week wat uitstaan die van  Paul Nothnagel (45), wat verlede week sy twee dogters geskiet en sy eksvrou gewond het en homself daarna om die lewe gebring het. Dit is 'n verhaal wat my geraak het. 
     
    Vandag se Beeld ontleed dit soos volg: 
     
    “Aan die een kant funksioneer die persoon normaal. Die wanfunksionele sy van sy persoonlikheid beplan egter die daad tot in die fynste besonderhede. Die motivering of dryfveer is dikwels sy siening dat hy in sy eie oë ’n mislukking is en hy nie sy kinders in die wêreld kan los nie.“Hy pleeg die daad uit ‘liefde’ vir sy kinders. Hy dink sonder hom gaan hulle sukkel in die wêreld en dan verwyder hy hulle.“Dikwels gebeur dit ook dat een van die gesin ‘gespaar’ word en dit is dan dikwels as ’n vorm van straf vir daardie persoon,” sê dr. Elzette Fritz, ’n sielkundige verbonde aan die Universiteit van Johannesburg (UJ).Dr. Eddie Wolff, ’n sielkundige en voormalige lektor aan die UJ, sê ook desperaatheid speel ’n rol. “Die persoon voel hy het alles verloor. ’n Egskeiding word dikwels as finale bewys van mislukking gesien, maar daar kan verskeie snellers wees wat alles aan die gang sit.”
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hannes De Beer

    Margi,

    Ek hou van jou redenasie.
     
    Ek sou die hele boel klassifiseer as selfmoord, miskien met die onderskeid dat dit in sommige gevalle beskou word as "voluntary suicide", en in ander gevalle as "involuntary suicide". (verskoon die Engels.)
  • Hello, 

     
    Voor ek vergeet, hierdie van verlede het my oog gevang en uitgestaan en kan nou hier geplaas word: 
     
    On Suicide
    And why we should talk more about it
    By Clancy Martin
     
    For years, growing up, I was obsessed with the thought; among my earliest memories is the desire, at age three or four, to run in front of an oncoming bus. Not because I wanted to see what would happen, but because I was sure I knew what would happen: I wouldn’t have to live any longer. 
     
    We know that suicide often “runs in the family”; three of Ludwig Wittgenstein’s four brothers killed themselves, and Wittgenstein at various points contemplated doing so — this despite his family’s enormous wealth and intelligence and its privileged position in Viennese society.
     
    We tend to talk about suicide most when a famous person kills himself. There was, we all remember, the flurry of argument about suicide — much of it indignant, even outraged — when David Foster Wallace took his own life. 
     
    His friends were deeply hurt, and many of them were writers, so they wrote about it. “[E]very suicide’s an asshole,” wrote Mary Karr, in a poem about Wallace’s death. “There is a good reason I am not/ God, for I would cruelly smite the self-smitten.” 
     
    Suicide, seen as among the most selfish of acts, pushes a button in us that even murder doesn’t.
     
    That self-destruction should be morally blameworthy because of its selfishness is, if not paradoxical, at least a bit odd. 
     
    After all, if there is one thing I am entitled to as a human being, only one right I am permitted, it ought to be the right to life: this right, it has often been argued, is a kind of necessary precondition for any other right one might claim. But does it make sense to say that I have the right to life if I don’t have the right to end it when and as I choose?
     
    Albert Camus suggested that the only serious philosophical question is whether or not one ought to kill oneself. Suicide, he wrote,is merely confessing that [life] “is not worth the trouble.” 
     
    Living, naturally, is never easy. You continue making the gestures commanded by existence for many reasons, the first of which is habit. Dying voluntarily implies that you have recognized, even instinctively, the ridiculous character of that habit, the absence of any profound reason for living, the insane character of that daily agitation, and the uselessness of suffering.Camus’s conclusion — that the very meaninglessness of life ought to provoke us into a kind of mulish defiance toward the rationality of death — is not entirely satisfying. 
     
    At one level I agree: to go on living is to say “Fuck you” to a universe that doesn’t give a damn about us.
     
    When Camus writes that we “must imagine Sisyphus happy,” we know that the greatest part of Sisyphus’ happiness must derive from the knowledge that the very gods who condemned him are now watching him, with frustration and grudging respect, push that damn boulder up the mountainside again and again. They can’t break him. 
     
    But if the universe doesn’t know I’m telling it to screw itself, and if I’m still stuck here suffering, 

    Arthur Schopenhauer observed that it is only in the Judeo-Christian tradition that we find the wholesale condemnation of suicide, despite the fact that neither the Old nor the New Testament contains much mention of it. 

    But Schopenhauer’s radius is a little too small: 

    Buddhism and Hinduism also warn against the dangers and irrationality of suicide, depending on its motivations (in many Buddhist and Hindu accounts, taking one’s life to escape suffering only increases suffering in the next life). 

    For Schopenhauer, suicide can be a perfectly reasonable choice (if you are indeed miserable, why prolong the misery?) or even a morally praiseworthy act. What courage it must require, he writes, to end one’s own life when one can see nothing better to do with it. Or when, as was sometimes true in ancient China and at the height of the Roman Empire, the shame of defeat could be so great that to go on living was an affront to oneself and one’s peers. 

    Schopenhauer quotes Stobaeus:

    The good man should flee life when his misfortunes become too great. . . . 

    So he will marry and beget children and take part in the affairs of the State, and, generally, practice virtue and continue to live; and then, again, if need be, and at any time necessity compels him, he will depart to his place of refuge in the tomb.

    Shakespeare’s suicides die for honor or love. And as the self-immolations of Buddhist monks during the Vietnam War and in Tibet today remind us, suicide may be a profoundly morally praiseworthy thing. 

    To take one’s life in protest of human injustice seems far more rational than to go on living in protest of the injustice of the universe.

    We may feel that the suicide is failing in some debt he or she has to society. 

    But as Hume puts it in his essay on the subject,

    [S]uppose that it is no longer in my power to promote the interest of the public; suppose that I am a burden to it; suppose that my life hinders some person from being much more useful to the public: in such cases, my resignation of life must not only be innocent, but laudable. 

    And most people who lie under any temptation to abandon existence are in some such situation; those who have health, or power, or authority, have commonly better reason to be in humour with the world.

    It’s unlikely, as Hume points out, that a person who feels satisfied with his lot will wish to take his own life; much more common is the suicide who — mistakenly or no — sees himself as useless, even harmful, to the people and world around him. 

    In perhaps the most famous defense of suicide ever offered, Hume writes: 

    “I believe that no man ever threw away life while it was worth keeping.

    Hume is wrong: many people have thrown away or tried to throw away lives well worth keeping (the Wittgensteins are a good example). 

    A few months ago I was in the mountains of southern Brazil with a Tibetan Buddhist monk, a retired firefighter, who told me (we were swapping stories of how we became Buddhists) that he had tried three times to kill himself. I admitted my own attempts. “We’re in the most shameful club of all,” he said. “We are the ones who couldn’t even do that.” 

    It’s true: people are furious with you if you succeed and contemptuous of you if you fail. 

    “But your wife, your parents, your children!” we want to remind the would-be suicide. 

    Here’s the darkest paradox of that dark night of the soul: it is precisely the suicide’s willingness to sacrifice his family’s happiness that serves, in his mind, as further evidence that he’s the kind of person who, in the long run, will only harm the people he loves by sticking around. 

    This sounds like the most contemptible form of self-pity. But we can’t reproach the suicidally depressed for feeling too sorry for themselves: that is symptomatic of a mind no longer able to bear its own existence. 

    “Yes, I feel too sorry for myself,” the suicide will happily admit, “so sorry for myself that I can’t take it anymore.” 

    You can drown in self-pity, but knowing that self-pity is morally blameworthy doesn’t make things better, it makes them worse.

    What is to be done? 

    It’s an unfortunate, hypocritical fuss in a culture that both glamorizes the act and expresses moral outrage over it. 

    Being unable to talk about suicide openly is genuinely damaging. 

    Suicide is on the rise in America: more Americans die by suicide than in car accidents, and suicide by gun is almost twice as common as homicide by gun. (It’s hard to know how to feel about that last statistic.) 

    Middle-aged men in America are committing suicide at an accelerating rate. When I was in treatment for depression, I found that meeting and talking to other people about suicide was profoundly helpful; I saw what a loss it would have been had those people succeeded.A friend once said to me, “Suicide leaves behind nothing but miserable people blaming themselves.” 

    My psychiatrist, a wise eighty-seven-year-old woman who has been practicing six days a week for more than forty years, told me, “Think of the example it sets. For your children.” 

    That remains the most compelling argument I’ve heard against suicide: it sets an example — for one’s children, of course, but for others too. It isn’t that we want people to “tough it out.” It isn’t that we think the suicide has acted out of moral weakness. It’s that, when we look at the people we knew who committed suicide, they were often the very people we most appreciated having around. 

    We need more of those people, not fewer. The bad weather of depression can and does change. The argument for awaiting such a change presupposes that life is worth living for its own sake, which I think is the deeper point Camus was trying to make. As far as we know, life is the only game in town. 

  • My seun van het op 16 selfmoord gepleeg. Hy was altyd in die akademiese top tien, het goed in sport gevaar - dus hoekom? Ons was 'n doodgewone gesin wat eintlik alles saam gedoen het. Maar die veroordeling en vingerwysing en geskinder wat ons moes verduur ... ek het my vertroue in mense totaal verloor. Niemand weet presies wat in so 'n persoon se kop aangaan die oomblik wat hy/sy die daad pleeg nie. Ons was al op die maan, was in die diepste plekke van die see, dis maklik om amper enigiets op internet op te spoor, kyk na enige ontwikkeling in enige sfeer van die samelewing en mens kan jou hande saamslaan - TOG weet ons bitter min van die werkinge van die menslike brein.

    Mense wat rook en weet wat se gevaar dit inhou is besig om stadig selfmoord te pleeg. Iemand wat te veel drink en willens en wetens van moontlike gevolge is 'n moontlike selfmoordslagoffer. Maar daar is nie naastenby die tipe veroordeling as wat ons beleef het nie. Mense praat bietjie oor so 'n tipe ongeluk/dood en dis verby, maar ons moes jare SIEN hoe mense aan mekaar stamp as ons bv in 'n supermark is. Agter die hand praat en as jy vir hulle kyk kyk hul weg. Moet ook asb nie praat van "doelbewus" mense in 'n toestand agterlaat agv selfmoord nie - so 'n persoon dink nie eers reguit op die stadium wat hy/sy dit doen nie. Inteendeel het navorsing bewys dat so 'n persoon glo hy/sy doen die agtergeblewenes/wereld 'n guns deur sy/haar daad.

  • Dis net so.

    Mense is so veroordelend, sonder dat hulle IETS weet waarvan hulle praat.  Ignorance is bliss ... yes,  then why aren’t more people happy.
     
    Ek ondervind 'n absolute vereensaming, nie deur my toedoen alleen nie, (want ek verkies nou maar om alleen te wees in stede van die klomp 'fools' toe te laat om my verder te verneder en te vermy),  maar omdat kinders, familie en vriende nie belangstel as jy skielik besluit het jy wil nie meer 'n  'people pleaser' wees of 'n vloerlap nie. As jy jou voet neersit, dan is jy die vark in die verhaal.

    Moenie eers praat van die sogenaamde 'Godsdienstige Christine’ nie. Hulle vat die koek. Omdat ek nie 'n JW wil word nie, word ek 'geshun' deur die familie, omdat ek nie meer 'n 'nice' persoon is wat gebruik kan word nie, is ek nie meer goed genoeg vir kinders en familie nie. Kamstige 'vriende' 'drop' jou omdat hulle selfsugtig en geldgierig is (ek betaal ALTYD vir dinge wat vir my gedoen word)  en vertel ander dat JY so ondankbaar is ... 

    Ek is deur twee groot operasies binne vier maande en sal nog een moet deurgaan een of ander tyd ...  toe ek hulle almal nodig gehad het was die verskonings legioen ... Te besig, die tyd vlieg so, die bietjie wat hul bereid is om te doen is mos genoeg!  Hul kerk laat hul nie toe om met buitestanders te verkeer of in hul huise te gaan nie.

    Vereensaming, verwerping, wat jy al die jare gedoen het is nie genoeg nie, nou dat jy siek is is jy nie meer van waarde nie ... Die seerste is die kinders wat ek as enkel ouer grootgemaak het en noudat ek 'needy' is, weet hulle of nie wat om te doen nie, of hulle skram weg vir die verantwoordelikheid.

    Wat as ek ouer is, word ek dan geprop in 'n ouetehuis en sien niemand meer nie? Dan eerder vroeg doodgaan en nie aangewese op hulle 'gedwonge' hulp nie.

    Ek glo vas in Euthenasia, want as ek ouer is en nie myself kan help nie, waar is die waardigheid, die respek en die kwaliteit van lewe. Jy moet aangewese wees op vreemdelinge wat jou skoonmaak en voer ... hoe vernederend!! 

    Nee wat, ek verstaan absoluut as iemand selfmoord pleeg ... dis nie lafhartigheid nie, maar neem verskriklik baie 'guts' om dit te doen. Soos jy sê, om ander dit te spaar dat hulle na jou MOET omsien en dit INBRAAK maak op hulle bestaan.  Ai, maar die wiel draai ... Hoop hulle dink daaraan as hulle oud is.

     

  • Hi Margi.

    Genugtig, dit klink nie asof jy tans in 'n lekker situasie is nie.

    Geen mens kan hom of haarself in 'n ander se situasie inleef as jy dit nog nie self beleef het nie. Almal is gou om te oordeel en advies te gee. Vat my raad, as jy wil ontslae raak van familie en vriende, leen vir hulle geld.

    Vriende van my se dogter het ses jaar gelede selfmoord gepleeg. Ek sien nou nog die verwarring in die ouers. Ek het vir die man 'n brief geskryf. Ek kon nie met hom simpatiseer nie. Ek het nie geweet en weet nou nog nie hoe nie. Sy was een van die mees aangenaamste jong vrouens wat ek geken het. Sy het voor my groot geword. Iets het haar net die aand motiveer dat sy opstaan van haar stoel af, na die kamer toe stap en die pistool teen haar kop druk en die sneller trek.

    Dit is vir my maklik op te praat. Iets moet erg in jou brein inskop om tot so stap oor te gaan. Ek persoonlik was ook al in situasies waar ek myself nie sien uitkom nie. Ek het net gaan sit en bietjie seëninge tel. Die positiewes en negatiewes teen mekaar opgeweeg. Gelukkig het ek tot die slotsom gekom die positiewes weeg baie meer as die negatiewes.

    Ek kan 'n lang soetsappige relaas probeer lewer. Ek het ook gedink as ek myself nou die ewigheid inhelp, die donners wat agterbly suip my duur whisky en wyn op. Iemand anders ry my tweedeur Italiaanse motor, dra my horlosie en ek is met my boude tussen die lang bome. Se moer, ek doen niemand so 'n guns nie. Ek gaan die kinners ook nog gas gee. Ek bederf die kleinkinders sodat dit pappie en mammie se probleem is. Die dag as ek my kop neersit en die wat die begrafnis bywoon moet trane stort van blydskap. Hulle is ontslae van my. Ek het altyd geseg ek leef eerder tot op veertig, voluit as tot op tagtig teen halfpas. Ek en 'n pel praat nou die dag daarvan, ons is albei met vyftien jare verby. Ons het weer van voor af begin en mik nou vir tagtig.

    Sterkte, daar is altyd 'n uitweg.

     
  • Resumé

    BY DOROTHY PARKER
     
    Razors pain you;
    Rivers are damp;
    Acids stain you;
    And drugs cause cramp.
    Guns aren’t lawful;
    Nooses give;
    Gas smells awful;
    You might as well live.

     
    Hello Margi, 
     
    Bogenoemde speelse inleiding om die probleem van die metode te bevestig. Weens my uiters melankoliese aard is die gedagtes van selfmoord ook 'n bekende aan my, maar was dit die metode wat my nog altyd laat stop het. Intussen is ek HIV positief verklaar en dra ek binne my dit wat my kan vernietig. Vir my om dit nou te end moet ek net die medikasie staak en oor 'n paar maande sal dit die einde wees. 
     
    Uiteindelik is daar nou 'n uitweg, waar ek net die natuur sy gang moet laat gaan. 
     
    Maar tog kan ek nie nou nie, daar is mense en dinge wat my laat bly en op hierdie stadium is dit genoeg. Ek hoop regtig jy kan iets vind waaraan jy kan vashou. Daarom van my kant af ook, sterkte, en hou vas vir al wat jy werd is. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
    Naskrif, let op op na die die dubbel betekenis van 'resume', wat ook beteken 'gaan aan' ...
  • Hello, 

     
    Die volgende program van 'n paar jaar gelede van BBC Radio 4 word gebied vir die wat belangstel en kan hier geluister word: 
     
     
    Understanding Suicide - Families, Secrets And Memories
    Duration: 28 minutes
    First broadcast: Wednesday 21 September 2011
     
    Laurie Taylor explores the latest research into how society works. He examines a new book seeking to understand suicide and talks to a sociologist about family secrets. Ben Fincham is a Lecturer in Sociology at Sussex University and his book 'Understanding Suicide: A Sociological Autopsy' assesses sociological work in this area and explores what can be known about the motivation and lives of suicidal people. He's joined by Dr Mike Shiner, a Senior Research Fellow in the Mannheim Centre for Criminology at London School of Economics. Laurie also talks to Professor Carol Smart from the University of Manchester about her paper exploring family secrets and memories ...
  • My seun is aan 'n oordosis heroine oorlede. Hy het nie selfmoordneigings gehad nie, dit was absoluut 'n ongeluk. Hy het ook die Here geken, maar hy het hierdie "siekte" gehad. Sy vader het hom verwerp toe hy nog klein was, en dit het hom geweldig gepla deur sy kinderdae en sy grootmensjare. My seun was liefdevol, maar altyd soekend. My hart is in stukke.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top