Voetspore na teenwoordigheid
Die trekking van jou glimlag lag verby my pyn.
Jou skemer-donker oë verblind die hartseer akkoord.
My brand in my hart, wat branderder brand as die vlam van verlede in die voetspore van ’n gedagte.
Gee my die woord.
Gee my jou woord.
Gee my die gedagte, laat my agter
met die gedagte van jou vooruitbeplande toekoms,
terwyl ek die verlede in my voetspoor van teenwoordigheid betree.
Ek mag dalk nie die akkoorde van ’n klavier hê nie,
maar my hart speel die akkoord van die verlede
deur ’n klank wat ruis uit die stukkende snaar
van ’n stukkende hart.
Laat my stem, my neergeslane stem,
jou teenwoordigheid betree,
jou laat vergeet van die toekoms met sy heel akkoord.
![]() |



