Dagsê Wouter
Jy gee Vrydag ’n klomp aanhalings oor wat verskillende ouens oor demokrasie te sê het. Ek kan nie mooi agterkom wat jou gevolgtrekking is nie en/of watter van die aanhalings jou gevolgtrekking ondersteun nie. As jy dit net bietjie duideliker wil omskryf sal ek bly wees.
Intussen wil ek jou op die volgende fout wys wat jy gemaak het. Jy sê: In Afrika het bitter ondervinding geleer dat sonder demokrasie is beide vryheid en brood buite bereik en dat dit die fondasie is van die beskerming van alle verdere regte.
Dit is net mooi andersom: Elke keer wanneer ’vryheid’ bereik is en ’n sogenaamde demokrasie ingestel is, het alle hel losgebars en wel tot so’n mate dat mense uit daardie lande gevlug het.
Buitendien, in Afrika was daar nog nooit ’n demokrasie nie; verskillende volke is bymekaargegooi in gebiede met kunsmatige grense en etniese geweld is aan die orde van die dag. Kyk maar na Rwanda-Burundi, Sierra Leone en die onlangse verkiesing in Kenia.
Wat jy onder ’demokrasie’ verstaan, naamlik ’meerderheidsregering in ’n kunsmatig begrensde land’, werk nêrens in Afrika nie. Daar gaan nie ’n dag verby wat daar nie etniese struwelinge is nie, of die media nou daaroor berig of nie (meestens ignoreer die media die slegte dinge in Afrika, insluitend SA aangesien hulle juis die Dr Frankenstein is wat die gedrog geskep het).
Wat demokrasie wel is, is regering vir die volk deur die volk, soos in Suid-Afrika besig was om bewerkstellig te word. Dit was egter stopgesit deur nyweraars en sakelui want dan sou hulle nie so maklik hulle hande op die bronne hier (platina, vis, goud, yster ens) kon kry nie. Hulle lag in die mou vir die mense wat nou nog steeds dink die hele bevrydingstryd het om menseregte gegaan; hulle kan skaars glo hulle propaganda en breinspoeling het so goed gewerk.
Jan Rap


Kommentaar
"We may all agree that freedom is valuable while fundamentally disagreeing about what this claim, if true, implies for our politics"
"Democracy is all about practising the art of bearable dissatisfaction"
"A democracy never has to worry about the crown prince being a psychotic bastard. It never has to worry about being forced to accept the last leader's feeble-minded son as the successor. I mean, we did it anyway, back in 2000. But we weren't forced to"
Wouter, wil jy wraggies voorgee dat die moord en doodslag op ons plase en in ons voorstede - die algemene verkragting en roof oral in ons land, 'n "kuns van draaglike ontevredenheid" is wat deur die "regering" hier beoefen word?
... EN Wouter (synde jy so skerp is met jou Ingelse spreuke), hierso is nog een net sodat jy kan sien 'n Boer kan ook iets in die Kwien se taal plak: "Democracy is two wolves and a lamb voting on what to have for lunch." - Benjamin Franklin... en onthou; Benjamin Franklin was een van die grote demokratiese VSA, se Volksvaders... 'n man vir wie onse eie Oom Paul, die wêreldse respek gehad het...
Hello Cornelius,
Hello Jan et al,
Hello,
Wouter
Jy volg jou stelling "Democracy is all about practising the art of bearable dissatisfaction", op met "... dit laat toe om die wat kla met die witbrood onder die arm uit te wys dat daar word gekla met die wit brood onder die arm".
Wouter, hoe antwoord jy dan die groot getal nie-blankes wat vandag beweer dat hulle veel beter onder "Apartheid" geleef het, as onder die huidige "Demokrasie" vol korrupsie, moord en doodslag?
Kan dit dalk beteken dat die nie-blankes, min wetend wat op hulle in die nuwe "Demokrasie" wag, destyds met 'n "wit brood onder die arm" gekla het?
Impliseer dit dan nie volgens jou dat "Apartheid" ('n puik "art of bearable dissatisfaction - veiwed in the perfect science of hindsight"), 'n wonderlike vorm van "Demokrasie" was nie?
Cornelius
Hello Cornelius,
Wouter
En daar is Afrika se demokrasie toe amptelik bankrot!... ja, IDASA is vandag gelikwideer!... lees self hier http://www.idasa.org/ (Wouter, lees ook die res van my kommentaar onder hoofde "Wouter, nostalgie gelees teenoor jou "art of bearable dissatisfaction"")
Hello Cornelius,
Waar sal ek die Wouter, nostalgie gelees teenoor..... kry.
In jou skrywes in hierdie siklus het ek reageer behalwe as ek dit misgekyk het?
Baie dankie
Wouter
Wouter, ek dink ons Webvoete is dalk klaar weg vir die Paasnaweek... die bydrae waarna ek verwys, sal miskien eers later geplaas word... nietemin, ek moes oorgaan tot 'n "volledige bydrae" oor die onderwerp, aangesien ons reeds ver weg van hierdie opskrif gedwaal het... dankie vir jou stiptelike kommunikasie... groetnis tot later, Cornelius.
Wag, hier's dit Wouter: https://www.litnet.co.za/Article/wouter-nostalgie-gelees-teenoor-jou-art-of-bearable-dissatisfaction
Hello,
In die naweek se WSJ is daar 'n uitreksel uit Democracy in Retreat, The Revolt of the Middle Class and the Worldwide Decline of Representative Government van Joshua Kurlantzick. (Fellow for Southeast Asia - The Council on Foreign Relations (CFR) is an independent, nonpartisan membership organization, think tank, and publisher).
Aangesien die inligting soos dit huidiglik bekend is van Freedom House alreeds geplaas is in hierdie siklus van kommentare sal dit nie weer herhaal word nie, aangesien die opstel van Joshua Kurlantzick as oogmerk het om die faktore wat demokrasie stuit te bespreek.
Die inleiding bevestig van die statistieke soos bekend weens die plasing van Freedom House se verslag. Dit kan argumenteer word dat Freedom House en ander instellings wat demokrasie ondersteun fokus op die lande waar demokrasie suksesvol is. Die ongeveer 153 lande uit 195 lande.
Kurlantzick begin sy argument om te fokus op die volgende bevindinge.
"One of the most comprehensive studies of global democracy, the Bertelsmann Foundation's Transformation Index, has declared that "the overall quality of democracy has deteriorated" throughout the developing world. The index found that the number of "defective" and "highly defective democracies" -- those with institutions, elections, and political culture so flawed that they hardly resemble real democracies -- was up to 52 in 2012.
In another major survey, by the Economist Intelligence Unit, democracy deteriorated in 48 of 167 countries surveyed in 2011.
Even countries often held up as new democratic models have regressed over the past decade.
When they entered the European Union in 2004, the Czech Republic, Hungary, Poland, and Slovakia were considered success stories. After nearly a decade as EU members, however, all of these bright lights have dimmed.
Populist and far-right parties with little commitment to democratic norms gained steady popularity; public distaste for democracy increased; and governments showed more willingness to crack down on activists. Hungary has deteriorated so badly that its press freedoms rate barely better than they were under the communists".
Selfs Europa is nie meer bestand teen die tipe van agteruitgang nie. Die redes vir hierdie ontwikkeling volgens Kurlantzick is die volgende:
SO WHAT WENT wrong?
Let's start by blaming an unlikely culprit: the middle class. Today, roughly 70 million people worldwide each year begin to earn enough to join the middle class. It seems, however, that this new global middle is choosing stability over all else. From Algeria to Zimbabwe, the rising middle class has often supported the military as a bulwark against popular democracy, fearing that it might empower the poor, the religious, and the less-educated.And in many countries, middle classes have increasingly come to disdain norms of democratic culture such as using elections, not violent demonstrations, to change leaders. From Bolivia to Venezuela to the Philippines, middle classes have turned to street protests or appeals to the judiciary to try to remove elected leaders.
Die krisis van 2008 speel ook 'n rol en word soos volg bespreek:
A comprehensive study of Central and Eastern Europe by the European Bank for Reconstruction and Development released in 2011 found that the crisis severely lowered support for democracy in all 10 of the new EU countries. "Those who enjoyed more freedoms wanted less democracy and markets when they were hurt by the crisis," the report noted.
In die kommentaar is van die redes uitgelig en moet in konteks gesien word van die lande wat vry en gedeeltelik vry is en is dit werd om die volgende lande se mening oor demokrasie ook in oorweging te bring:
The respected Globalbarometer series uses extensive questionnaires to ask people about their views on democracy. It has found declining levels of support for democracy throughout much of sub-Saharan Africa. In Central Asia and the former Soviet Union, the story is the same. In Kyrgyzstan, which despite its flaws remains the most democratic state in Central Asia, a majority of the population did not think that a political opposition is very or somewhat important. And recent polls show that only 16 percent of Russians surveyed said that it was "very important" that their country be governed democratically. Likewise, in Colombia, Ecuador, Honduras, Guatemala, Nicaragua, Paraguay, and Peru, either a minority or only a tiny majority of people thinks democracy is preferable to any other type of government.
Nog meer om oor te dink.
Baie dankie
Wouter