Vir Wouter oor demokrasie

  • 15

Dagsê Wouter

Jy gee Vrydag ’n klomp aanhalings oor wat verskillende ouens oor demokrasie te sê het. Ek kan nie mooi agterkom wat jou gevolgtrekking is nie en/of watter van die aanhalings jou gevolgtrekking ondersteun nie. As jy dit net bietjie duideliker wil omskryf sal ek bly wees.

Intussen wil ek jou op die volgende fout wys wat jy gemaak het. Jy sê: In Afrika het bitter ondervinding geleer dat sonder demokrasie is beide vryheid en brood buite bereik en dat dit die fondasie is van die beskerming van alle verdere regte.

Dit is net mooi andersom: Elke keer wanneer ’vryheid’ bereik is en ’n sogenaamde demokrasie ingestel is, het alle hel losgebars en wel tot so’n mate dat mense uit daardie lande gevlug het.

Buitendien, in Afrika was daar nog nooit ’n demokrasie nie; verskillende volke is bymekaargegooi in gebiede met kunsmatige grense en etniese geweld is aan die orde van die dag. Kyk maar na Rwanda-Burundi, Sierra Leone en die onlangse verkiesing in Kenia.

Wat jy onder ’demokrasie’ verstaan, naamlik ’meerderheidsregering in ’n kunsmatig begrensde land’, werk nêrens in Afrika nie. Daar gaan nie ’n dag verby wat daar nie etniese struwelinge is nie, of die media nou daaroor berig of nie (meestens ignoreer die media die slegte dinge in Afrika, insluitend SA aangesien hulle juis die Dr Frankenstein is wat die gedrog geskep het).

Wat demokrasie wel is, is regering vir die volk deur die volk, soos in Suid-Afrika besig was om bewerkstellig te word. Dit was egter stopgesit deur nyweraars en sakelui want dan sou hulle nie so maklik hulle hande op die bronne hier (platina, vis, goud, yster ens) kon kry nie. Hulle lag in die mou vir die mense wat nou nog steeds dink die hele bevrydingstryd het om menseregte gegaan; hulle kan skaars glo hulle propaganda en breinspoeling het so goed gewerk.

Jan Rap 

  • 15

Kommentaar

  • "We may all agree that freedom is valuable while fundamentally disagreeing about what this claim, if true, implies for our politics"

  • "A democracy never has to worry about the crown prince being a psychotic bastard. It never has to worry about being forced to accept the last leader's feeble-minded son as the successor. I mean, we did it anyway, back in 2000. But we weren't forced to"

  • CorneliusHenn

    Wouter, wil jy wraggies voorgee dat die moord en doodslag op ons plase en in ons voorstede - die algemene verkragting en roof oral in ons land, 'n "kuns  van draaglike ontevredenheid" is wat deur die "regering" hier beoefen word?

  • CorneliusHenn

    ... EN Wouter (synde jy so skerp is met jou Ingelse spreuke), hierso is nog een net sodat jy kan sien 'n Boer kan ook iets in die Kwien se taal plak: "Democracy is two wolves and a lamb voting on what to have for lunch." - Benjamin Franklin... en onthou; Benjamin Franklin was een van die grote demokratiese VSA, se Volksvaders... 'n man vir wie onse eie Oom Paul, die wêreldse respek gehad het...

  • Hello Cornelius, 

     
    Klink ook soos Freud se 'man is wolf to man'. 
     
    Vir die rekord daar is geen manier dat die aanhaling deur my van "kuns  van draaglike ontevredenheid" so wyd strek of dit veronderstel as om moord en roof en ander misdade te aanvaar nie. 
     
    Nooit nie en onder geen omstandighede, maar dit laat toe om die wat kla met die witbrood onder die arm uit te wys dat daar word gekla met die wit brood onder die arm. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello Jan et al,

     
     Verskoning dat daar nie al eerder direk op die stellings in bogenoemde brief reageer is. Daar is wel Donderdag 'n antwoord aan LITNET gestuur wat die redes daarvoor aandui. 
     
    In die aanvanklike brief deur jou word daar melding gemaak van Rwanda-Burundi, Sierra Leone en Kenia en spesifiek die onlangse verkiesing in Kenia. 
     
    Indien daar met Kenia sou begin word dan moet dit erken word dat Kenia in die verkiesing van 2007 'n uiters geweldadige verkiesing gehad het en die land op die rand van afgrond gestaan het. 
     
    Kenia moet dit uitgelig word bestaan uit ongeveer 40 etniese groepe en dan dink Suid-Afrika hul trek swaar met 11 etniese groepe. 
     
    Hoe dit ook al is Kenia word aanvaar is 'n stabiele land en 'n gewilde bestemming vir toeriste en belegging alhoewel die verkiesing van 2007/2008 afbreuk daaraan gedoen het. 
     
    Die grootse etniese groepe soos die Kikuyus en die Kalenjins. Met die verkiesing is dit verwag dat Emilio Mwai Kibaki die verkiesing sou verloor teen sy teenstander Raila Odinga maar weens bedrog met die stemmery was die uitslag skokkend aangesien dit Kibaki herkies het. 
     
    Die hel het losgebars onder die bevolking omdat dit so duidelik was vir die bevolking dat hul demokratiese regte vertrap is. 
     
    Vreemd vir 'n groep wat jy aanvoer nie geskik is vir demokrasi nie. 
     
    Indien dit wel die geval sou wees, dan sou die lewe mos kon aangaan, dit maak nie saak wie in beheer is in die regering. 
     
    Maar tog nie, die deel van die bevolking wie se regte vertrap is, staan op vir daardie regte. 
     
    Dit is nog vreemder dat die President van Ghana die geskil wou besleg en vrede probeer bereik. 
     
    Is dit weereens die reaksie van 'Afrika' wat geen belang het in demokrasie nie. 
     
    Hoekom dan die pogings om dit die hoof te bied? 
     
    Daar word in detail in Foreign Affairs beskryf hoe die onderhandelinge verloop het en so ook die rol van Graça Machel tesame met die van Kofi Annan, waar Machel aandui dat Nelson Mandela sy wens uitspreek dat die geskil vreedsaam besleg moet word en dat die res van Afrika die gebeure dophou. 
     
    Weereens 'n verandering, is die verwagting mos nie volgens die vertelling van Jap Rap, dat verkiesings word net een keer gehou word en alle hel dan losbars.
     
    Die uiteinde was 'n magsdeling en koalisie en het dit dinge begin normaliseer. 
     
    Die verkiesing van 2013, wat jy gebruik as 'n voorbeeld dat demokrasie in Kenia misluk het, kan nie gevolg word nie. 
     
    Die Financial Times rapporteer soos volg daarop: 
     
    Uhuru Kenyatta was declared the winner a week ago after reaching the threshold needed to avert a run-off by a 0.07 per cent margin – 8,418 votes out of 12.4m cast, according to official results.
     
    Die verskil is egter verstommend in teenstelling met ses jaar gelede: 
     
    Raila Odinga, Kenya’s outgoing prime minister, has hired George W. Bush’s former lawyer to challenge presidential election results in the supreme court, claiming polls were so shambolic they should be cancelled. The campaign behind Raila Odinga, the prime minister, said it had evidence that some results were being doctored and called on the Independent Electoral and Boundaries Commission to halt the announcement of results. Some observers drew parallels with a dispute over the 2007 election, which triggered mass protests and ethnic violence that left more than 1,100 dead, although candidates this time have pledged to seek redress through the courts.
     
    Dit kom op hierdie stadium voor om 'n land te wees wat geskille in die raamwerk van wetgewing wil oplos en nie die land wat die inleidende brief skets nie.
     
    Die tweede voorbeeld verwys na Rwanda-Burundi en is dit nie duidelik hoekom jy die twee lande saamgooi en aanbied as 'n mislukking van demokrasie nie. In Rwanda is die volksmoord wel bekend en die ongeveer 1000 000 mense wat in die konflik gesterf het. 'n Mate van vrede bereik het en sal jy meer duideliker oor die mislukkings moet wees. 
     
    Die derde of vierde land wat jy uitlig is Sierra Leone. (Tensy die idee was dat daar konflik tussen Rwanda & Burundi i s. Dit is nie duidelik nie en as jy dit net 'n bietjie duideliker wil omskryf sal ek bly wees.) 
     
    Hierdie voorbeeld is nog vreemder aangesien Freedom House se onlangse verslag, 2013 aandui dat Sierra Leone daarin geslaag het om 'n suksesvolle verkiesing te hou, tien jaar na die einde van die burgeroorlog daar. 
     
    Die prent is dus meer divers as die eensydige prent waarmee daar vorendag gekom word in die inleidende skrywe. 
     
    Die volgende stelling is ook radikaal verkeerd, wanneer daar geskryf word: 
     
    Buitendien, in Afrika was daar nog nooit ’n demokrasie nie; verskillende volke is bymekaargegooi in gebiede met kunsmatige grense en etniese geweld is aan die orde van die dag. Kyk maar na Rwanda-Burundi, Sierra Leone en die onlangse verkiesing in Kenia.
     
    Gebaseer op Freedom House se verslag van 2013 is die bevindinge soos volg: 
     
    30 of 49 sub-Saharan African countries is considered “free” or “partly free.”
     
    Indien bogenoemde syfers aanvaar word, dan is 60% van Afrika demokraties en kan daar dalk aangevoer word jy was ongeveer 40% verkeerd. 
     
    Hoe sou dit globaal vergelyk met die statistieke: 
     
    90 lande of dan 46% word as vry beskou. 
     
    58 lande of dan 30% word as gedeeltelik vry beskou.
     
    Hierdie is uit 'n totaal van 195 lande. 
     
    'n Vergelykende studie sou dus toon dat 76% van alle lande demokrasie volg in vergelyking met 'n syfer van 60% in Afrika. 
     
    Daar is dus 'n argument te maak dat Afrika onderpresteer in verhouding tot die portuurgroep dit bevestig egter nie die stelling soos gemaak deur jou, 'buitendien, in Afrika was daar nog nooit ’n demokrasie nie'.
     
    Die oorsprong van jou denke is egter bekend en is in 'n aparte brief aangespreek wat Maandag publiseer sal word. 
     
    Maar jy kan dalk tevrede voel dat die Economist Intelligence Unit vir jou uitkoms bied en die stand van Afrika soos volg verwoord: 
     
    The “Democracy Index 2011” which uses a different set of criteria, counts 21 African countries as “full” or “flawed” democracies or hybrid regimes, and 23 as autocratic.
     
    Dit bring die syfer af na 42%. 
     
    Jou brief sluit soos volg af: 
     
    Dit was egter stopgesit deur nyweraars en sakelui want dan sou hulle nie so maklik hulle hande op die bronne hier (platina, vis, goud, yster ens) kon kry nie. Hulle lag in die mou vir die mense wat nou nog steeds dink die hele bevrydingstryd het om menseregte gegaan; hulle kan skaars glo hulle propaganda en breinspoeling het so goed gewerk.
     
    Bogenoemde slotsom van jou brief is so veregaande en platvloers dat daar op geen sinvolle manier daarop reageer kan word nie, behalwe om dit af te lag. 
     
    Gaan kyk weer na jou geskiedenis en lees dit in 'n globale konteks en dink oor waar die mensdom huidiglik is. 
     
    76% van alle lande verkies om die rigting van demokrasie te gaan. 
     
    Die mensdom het gestem, die weg na demokrasie is demokrasie. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • Hello, 

     
    Dit sal waardevol wees om die nuuste verslag van Freedom House hier te plaas vir maklike toegang en word dit duidelik gestel hierdie is die werk van Freedom House en alle krediet behoort aan die instelling Freedom House: 
     
    Key global findings:
     
    The number of electoral democracies stood at 117, the same as for 2011. 
     
    Two countries, Georgia and Libya, achieved electoral democracy status, while two were dropped from the category, Mali and the Maldives.
     
    Four countries moved from Partly Free to Free: Lesotho, Senegal, Sierra Leone, and Tonga. 
     
    Three countries rose from Not Free to Partly Free: 
     
    Côte d'Ivoire, Egypt, and Libya. Mali fell two tiers, from Free to Not Free, and Guinea-Bissau dropped from Partly Free to Not Free.
     
    Some notable trends highlighted in the report include increased Muslim-on-Muslim violence, which reaching horrifying levels in Pakistan and remained a serious problem in Iraq and elsewhere; a serious decline in civil liberties in Turkey; and among the Persian Gulf states, a steady and disturbing decline in democratic institutions and an increase in repressive policies.
     
    Worst of the Worst: 
     
    Of the 47 countries designated as Not Free, nine have been given the survey's lowest possible rating of 7 for both political rights and civil liberties: 
     
    Eritrea, Equatorial Guinea, North Korea, Saudi Arabia, Somalia, Sudan, Syria, Turkmenistan, and Uzbekistan. 
     
    Two territories, Tibet and Western Sahara, were also ranked among the worst of the worst.
     
    An additional 5 countries and 1 territory received scores that were slightly above those of the worst-ranked countries, with ratings of 6,7 or 7,6 for political rights and civil liberties: 
     
    Belarus, Chad, China, Cuba, Laos, and South Ossetia.
     
    Key regional findings:Middle East and North Africa
     
    In a region notable for sectarian polarization, civil strife, and repressive autocracies, freedom scored some grudging but nonetheless impressive gains in 2012. 
     
    Gains:Tunisia maintained dramatic improvements from the previous year, and Libya and Egypt both moved from Not Free to Partly Free. 
     
    Declines: Syria suffered by far the worst repercussions from the Arab Spring. 
     
    Declines were also seen in Bahrain, Iraq, Jordan, Kuwait, Lebanon, Oman, and the United Arab Emirates.
     
    Sub-Saharan AfricaIn recent years, sub-Saharan Africa has ranked as the world's most politically volatile region, with major democratic breakthroughs in some countries, and coups, civil strife, and authoritarian crackdowns in others. While the region saw several significant gains, especially in West Africa, civil conflicts and the emergence of violent Islamist groups prevented an overall upgrade for political freedom. 
     
    Gains: 
     
    Three countries moved from Partly Free to Free: 
     
    Lesotho, Sierra Leone, and Senegal. 
     
    Côte d'Ivoire moved from Not Free to Partly Free. Guinea and Malawi also showed gains. 
     
    Declines: Mali suffered one of the greatest single-year declines in the history of Freedom in the World, dropping precipitously from Free to Not Free, and Guinea-Bissau's status declined from Partly Free to Not Free. 
     
    Declines were also seen in the Central African Republic, The Gambia, Kenya, Nigeria, Madagascar, South Africa, and Uganda.
     
    Central and Eastern Europe/Eurasia
     
    The return of Vladimir Putin to the Russian presidency ushered in a new period of accelerated repression. With Russia setting the tone, Eurasia (consisting of the countries of the former Soviet Union minus the Baltic states) now rivals the Middle East as one of the most repressive areas on the globe. 
     
    Indeed, Eurasia is in many respects the world's least free subregion, given the entrenchment of autocrats in most of its 12 countries. 
     
    Gains: Improvements were seen in Armenia, Bosnia and Herzegovina, and Georgia, as well as in the disputed territories of Abkhazia and Nagorno-Karabakh, the latter of which moved from Not Free to Partly Free.
     
    Declines: Kazakhstan, Russia, Tajikistan, and Ukraine all had notable declines.
     
    Asia-Pacific
     
    For years ranked among the world's most repressive regimes, Burma continued to push ahead with a process of democratic reform that was launched in 2010. While it remains a Not Free country, it registered improvements that brought it ahead of China in both its political rights and civil liberties ratings. 
     
    Gains: Improvements were seen in Burma, Bhutan, Indian Kashmir, Mongolia, and Tonga. 
     
    Declines: The most serious declines in the Asia-Pacific region for 2012 took place in the Maldives and Sri Lanka.Americas
     
    As the year ended, Venezuelan strongman Hugo Chavez was in a Cuban hospital attempting to recover from surgery for an undisclosed form of cancer. For over a decade, Chávez has been a significant figure in regional politics and has aspired, with less success, to a leading role on the global stage. His reelection in 2012 was ensured by the massive abuse of state resources. 
     
    Gains: The region of the Americas saw no substantial improvements. 
     
    Declines: Ecuador, Paraguay, and Suriname suffered notable declines.
     
    Western Europe and North America
     
    Although Western Europe and North America continue to grapple with the impact of the financial crisis and, in Europe, an increase in nationalist sentiment in response to an influx of immigrants, they have managed to weather these challenges without a serious weakening of their traditionally high level of respect for democratic standards and civil liberties. There were no major gains or declines in this region.
     
    Bogenoemde skets die prent veel beter en behoort wilde stellings van 'n Jan Rap in te perk.
     
    Baie dankie
     
    Wouter
  • CorneliusHenn

    Wouter

    Jy volg jou stelling "Democracy is all about practising the art of bearable dissatisfaction", op met  "... dit laat toe om die wat kla met die witbrood onder die arm uit te wys dat daar word gekla met die wit brood onder die arm".   

    Wouter, hoe antwoord jy dan die groot getal nie-blankes wat vandag beweer dat hulle veel beter onder "Apartheid" geleef het, as onder die huidige "Demokrasie" vol korrupsie, moord en doodslag?  

    Kan dit dalk beteken dat die nie-blankes, min wetend wat op hulle in die nuwe "Demokrasie" wag, destyds met 'n "wit brood onder die arm" gekla het?  

    Impliseer dit dan nie volgens jou dat "Apartheid" ('n puik "art of bearable dissatisfaction - veiwed in the perfect science of hindsight"), 'n wonderlike vorm van "Demokrasie" was nie?  

    Cornelius  

  • Hello Cornelius, 

     
    Die stelling wat jy maak 'naamlik dat 'n groot getal nie-blankes wat vandag beweer dat hulle veel beter onder "Apartheid" geleef het, as onder die huidige "Demokrasie" vol korrupsie, moord en doodslag?', is 'n ongetoetse stelling en hoogtens 'n persoonlike staaltjie. 
     
    Wat wel verlang word, is 'n verteenwoordigende meningsopname waar die vrae sorgvuldig formuleer sal word en getoets word aan die teikengroep se reaksies. 
     
    Vrae soos die volgende: 
     
    Is u bereid om u demokratiese regte en beskerming van regte prys te gee en terug te keer na die vorige bestel. 
     
    Indien ja, dui asseblief aan watter voordele die vorige bestel ingehou en hoe dit vergelyk met die huidige bestel. 
     
    Is u bereid om weer met fors verskuif te word en tot 'n groot mate buite die geskoolde arbeidsmark geplaas word.
     
    'n Meningsopname soos dit, met 'n stel vrae, wat beide voorkeur  en afkeur bevestig en die waardes en aspirasies verwoord. 
     
    Meer as een keer het ek swart stemme laat praat deur my skrywes, 'n belangrike aspek, aangesien dit gewoonlik net 'n Comestor of 'n Jan Rap is wat hier kla oor alles hier en waar Comestor sinspeel op 'pes' en ander derglike terme. Daardie 'pes', word nooit duidelik by die naam genoem nie, maar reaksies op die briewe toon die intensies baie duidelik. 
     
    In daardie stemme wat ek al hier geplaas het, hoor jy die ongelukkigheid, die ontevredenheid, maar daar is 'n baie belangrike verskil, daar is geen begeerte om die ANC uit die kussings te lig, vergelyk dit met die geweld, opstande oor die tydperk 1974 tot laat 1993,1994 wat as doelwit gehad die afskaffing van die wit heerskappy. 
     
    Dit dui aan dat die bestel defnitief nie as demokraties aanvaar was nie en die bestel soos dit gegeld het onaanvaarbaar was. 
     
    Indien dit nou wel volgens jou stelling verander het, bring dan asseblief resultate van meningsopnames, of ook artikels, waar skrywers argumente aanbied vir 'n terugkeer na die ou bestel en dit verhef word as 'n beter antwoord op van die probleme hier. 
     
    Nie 'n tskrywe van 'n Jan Rap of 'n Comestor nie, gewone burgers, die intellektuele klas daar duidelik gesien word, die tydsgees verlang 'n terugkeer na die vorige bestel. 
     
    Laat 'hulle', dit bevestig. 
     
    Baie dankie
    Wouter
  • CorneliusHenn

    En daar is Afrika se demokrasie toe amptelik bankrot!... ja, IDASA is vandag gelikwideer!... lees self hier http://www.idasa.org/ (Wouter, lees ook die res van my kommentaar onder hoofde "Wouter, nostalgie gelees teenoor jou "art of bearable dissatisfaction"")

  • Hello Cornelius, 

    Waar sal ek die Wouter, nostalgie gelees teenoor..... kry. 

    In jou skrywes in hierdie siklus het ek reageer behalwe as ek dit misgekyk het? 

    Baie dankie

    Wouter

  • CorneliusHenn

    Wouter, ek dink ons Webvoete is dalk klaar weg vir die Paasnaweek... die bydrae waarna ek verwys, sal miskien eers later geplaas word... nietemin, ek moes oorgaan tot 'n "volledige bydrae" oor die onderwerp, aangesien ons reeds ver weg van hierdie opskrif gedwaal het... dankie vir jou stiptelike kommunikasie... groetnis tot later, Cornelius.

  • Hello,

     

    In die naweek se WSJ is daar 'n uitreksel uit Democracy in Retreat, The Revolt of the Middle Class and the Worldwide Decline of Representative Government van Joshua Kurlantzick. (Fellow for Southeast Asia - The Council on Foreign Relations (CFR) is an independent, nonpartisan membership organization, think tank, and publisher).

     

    Aangesien die inligting soos dit huidiglik bekend is van Freedom House alreeds geplaas is in hierdie siklus van kommentare sal dit nie weer herhaal word nie, aangesien die opstel van Joshua Kurlantzick as oogmerk het om die faktore wat demokrasie stuit te bespreek.

     

    Die inleiding bevestig van die statistieke soos bekend weens die plasing van Freedom House se verslag. Dit kan argumenteer word dat Freedom House en ander instellings wat demokrasie ondersteun fokus op die lande waar demokrasie suksesvol is. Die ongeveer 153 lande uit 195 lande.

     

    Kurlantzick begin sy argument om te fokus op die volgende bevindinge.

     

     

    "One of the most comprehensive studies of global democracy, the Bertelsmann Foundation's Transformation Index, has declared that "the overall quality of democracy has deteriorated" throughout the developing world. The index found that the number of "defective" and "highly defective democracies" -- those with institutions, elections, and political culture so flawed that they hardly resemble real democracies -- was up to 52 in 2012. 

     

    In another major survey, by the Economist Intelligence Unit, democracy deteriorated in 48 of 167 countries surveyed in 2011.

     

    Even countries often held up as new democratic models have regressed over the past decade.

    When they entered the European Union in 2004, the Czech Republic, Hungary, Poland, and Slovakia were considered success stories. After nearly a decade as EU members, however, all of these bright lights have dimmed.

     

    Populist and far-right parties with little commitment to democratic norms gained steady popularity; public distaste for democracy increased; and governments showed more willingness to crack down on activists. Hungary has deteriorated so badly that its press freedoms rate barely better than they were under the communists".

     

     

    Selfs Europa is nie meer bestand teen die tipe van agteruitgang nie. Die redes vir hierdie ontwikkeling volgens Kurlantzick is die volgende:

     

     

    SO WHAT WENT wrong?

     

    Let's start by blaming an unlikely culprit: the middle class. Today, roughly 70 million people worldwide each year begin to earn enough to join the middle class. It seems, however, that this new global middle is choosing stability over all else. From Algeria to Zimbabwe, the rising middle class has often supported the military as a bulwark against popular democracy, fearing that it might empower the poor, the religious, and the less-educated.And in many countries, middle classes have increasingly come to disdain norms of democratic culture such as using elections, not violent demonstrations, to change leaders. From Bolivia to Venezuela to the Philippines, middle classes have turned to street protests or appeals to the judiciary to try to remove elected leaders.

     

    Die krisis van 2008 speel ook 'n rol en word soos volg bespreek:

     

     

    A comprehensive study of Central and Eastern Europe by the European Bank for Reconstruction and Development released in 2011 found that the crisis severely lowered support for democracy in all 10 of the new EU countries. "Those who enjoyed more freedoms wanted less democracy and markets when they were hurt by the crisis," the report noted.

     

    In die kommentaar is van die redes uitgelig en moet in konteks gesien word van die lande wat vry en gedeeltelik vry is en is dit werd om die volgende lande se mening oor demokrasie ook in oorweging te bring:

     

     

    The respected Globalbarometer series uses extensive questionnaires to ask people about their views on democracy. It has found declining levels of support for democracy throughout much of sub-Saharan Africa. In Central Asia and the former Soviet Union, the story is the same. In Kyrgyzstan, which despite its flaws remains the most democratic state in Central Asia, a majority of the population did not think that a political opposition is very or somewhat important. And recent polls show that only 16 percent of Russians surveyed said that it was "very important" that their country be governed democratically. Likewise, in Colombia, Ecuador, Honduras, Guatemala, Nicaragua, Paraguay, and Peru, either a minority or only a tiny majority of people thinks democracy is preferable to any other type of government.

     

    Nog meer om oor te dink.

     

    Baie dankie

     

    Wouter

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top