Thomas, jy reken volgens my " ... is die “Afrikaner” ’n amorfe begrip met geen duidelik omskryfbare definisie nie maar baie driftig daaroor dat almal wat Afrikaans praat nie Afrikaners is nie."
Is jy nie die ou wat gekla het dat ek allerhande "toedigsels" aan jou skrywes koppel nie? Jy, lyk dit my, is 'n toedigsel-er (nog nie in die woordeboek nie) van formaat: Waar sou ek nou "driftig" gewees het dat almal wat Afrikaans praat nie Afrikaners is nie?
Ek het bloot gesê dat jy moet onthou dat almal wat Duits praat nie Duitsers is nie en nie almal wat Engels praat Engelse is nie. Buitendien, dit was nie die kern van my betoog nie, dit was agterna ingegooi nadat ek vir jou gesê het om uit te vind of iemand 'n Afrikaner (of 'n Griek of 'n Rus) is moet jy hom bloot vra. Nou's ek skielik "driftig" daaroor. 'n Ou kan sien jy was in die politiek betrokke.
Jy sê ook dat die Afrikaner volgens my 'n 'amorfe' begrip is. Nou vra ek jou, hoe 'amorf' kan dit wees as iemand weet hy is 'n Afrikaner (of 'n Armeniër of 'n Pool)? En jy kla ook oor ek geen duidelike definisie wil gee nie; waarvoor iets definieer wat almal weet bestaan? Om die waarheid te sê, jyself het geen definisie gegee nie; jy wil die definisie aanpas deur die bruines in te sluit maar by wat? Wat is jou definisie van die Afrikaner (en ek sê weer, nie jou nuwe, aangepaste definisie nie maar jou oorspronklike definisie)?
Die definisie van kuns is byvoorbeeld baie moeilik maar almal weet wat kuns is. So ook kultuur; jy sal jou as af sukkel om kultuur te definieer maar kom baie gou agter as jy in, sê Japan, of Spanje, rondreis dat daar 'n heel ander kultuur heers.
Groetnis
Jan Rap

