Vir Stephan Marcus, Kleinkoos, Panda en Thomas oor evolusie

  • 4

Dag here

Ek is nie anti-evolusieteorie nie; ek sê net die hele storie is vol leemtes. Ek waardeer julle insette op my onkunde maar, heelwaarskynlik meer uit hoofde van my beperkte kennis en intelligensie as julle vermoë om inligting oor te dra is ek nog niks wyser nie.

Ek is op die oomblik besig om Life Ascendancy, subtitel The Ten Great Inventions of Evolution van ene Nick Lane te lees en dit is nag, ten spyte van die stofomslagresensie wat sê "With clarity and vigour Lane pulls up evidence to show how the critical componenets and mechanisms of complex life COULD HAVE DEVELOPED (my hoofletters). Ek sal eers ’n PhD in biologie moet kry en die boek nog drie keer lees om gerusgestel te word.

Thomas, jou verduideliking met die guppies is nie evolusie nie, dis aanpassing, teling, net soos die bekende voorbeeld van die wit en grys motte.

Kleinkoos, is dit nie Dawkins (kan ’n ander ou ook wees) wat gesê het evolusie gebeur in spronge en stote (dink aan die Kambriese aanwas) en een van die meganismes is juis lukrake mutasie wat dan (een uit ’n groot aantal) uitstekend aangepas is vir die veranderde of veranderende omgewing en dan voortplant en bly voortleef nie?

Panda, jy’s reg, my fout; nie alle lewe vernietig ander lewe om te oorleef nie. Alhoewel, in die stryd om lig, water en voedsel sal plante hulle kompetisie wel elimineer. Maar jy het gelyk, hulle verorber nie ander lewe nie (behalwe nou goed soos die paradysvlieëvanger).

Stephan, jy sê " ... daar is geen doel nie ... dit gaan nie oor ontsnap uit kompetisie of groter kompleksiteit nie." Ek weet darem nie; vir my lyk dit of die leuse is "leef en plant voort ten alle koste." Die meganismes vir verdediging en die vang van prooi is legio en uitsluitlik daarop gemik om die nis te behou. Ek sal later egter meer volledig op almal se interessante insette reageer.

Terloops, en op ’n punt van orde Kleinkoos en Thomas. Om van ’n biljoen in plaas van ’n miljard te praat is verkeerde grammatika. In Afrikaans is ’n biljoen 10^12, in Amerikaanse (en deesdae Engelse ook lyk dit my) is dit 10^9.

Groetnis

Jan Rap

 

  • 4

Kommentaar

  • Hello Jan, 

     
    Hierdie debat is werklik afgehandel vir my, want evolusie is so seker soos die lug blou is en daarmee moet die wat ongelukkig is daaroor, maar vrede maak. 
     
    Net soos De Klerk amper, skep jy die indruk, daar is probleme, daar is leemtes. 
     
    Met al die takt moontlik, stel ek nie belang werklik wat jy en De Klerk dink die leemstes is nie, want dit wat tot my beskikking is dui dit beter aan, as wat die kreasionis wat dit vir sy eie misbruik as onpartydig probeer aandui, hoegenaamd kan doen.
     
    Die eintlike rede vir die skrywe is jou verwysing na  Life Ascendancy, subtitel The Ten Great Inventions of Evolution van Nick Lane. 
     
    Dit is 'n gunsteling boek van my kant en is betroubaar soos ek kon oordeel, dit is hoekom ek nie De Klerk se gesanik oor die oersop kon ernstig opneem, want soos die boek aan jou ook bevestig, is daardie idee al 'n lang ruk terug agtergelaat. 
     
    Dit was 'n wenk dat De Klerk soos altyd nie by is nie. 
     
    Iets hoor lui, maar nie weet waar en wat dit was nie. 
     
    Die oorsprong van lewe soos behandel in Lane se boek is in ooreenstemming met die bespreking in David Christian se Maps of Times, wat "Big History" doen in die konteks van 13.7 miljard se ontwikkeling. 
     
    Indien dit egter nog nie betroubaar is nie kan "Origins and Evolution of Life An Astrobiological Perspective"" onder die redaksie Muriel Gurgaud, PL Garcia & Herve Martin, uitgegee deur Cambridge ook ondersoek word. 
     
    Selfs die gewone, inleidende In Our Time van die BBC geplaas hier deur my, bied die oorsprong aan soos uitgelig in die detail hierbo. 
     
    Sommige meer detail, ander met minder detail, ander vraagstukke, ander oplossings, die ooreenstemming is egter daar. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
  • @Jan Rap: “Ek is op die oomblik besig om Life Ascendancy, subtitel The Ten Great Inventions of Evolution van ene Nick Lane te lees en dit is nag, ten spyte van die stofomslagresensie wat sê "With clarity and vigour Lane pulls up evidence to show how the critical componenets and mechanisms of complex life COULD HAVE DEVELOPED (my hoofletters). Ek sal eers ’n PhD in biologie moet kry en die boek nog drie keer lees om gerusgestel te word.”

    Dis hoe die natuurwetenskappe werk. In my lyn van werk, na al die geboordery en kerne bestudeer en geofisiese instrumente en  navorsing en rekenaarmodelle  en alles wat gedoen word, kan ek nie vir jou sê daar is definitief 50 miljoen ton platinum op daardie stuk bestudeerde grond nie. Ek kan wel vir jou sê dat daar moontlik 50 miljoen ton platinum onder daai stuk grond kan wees. 

    En, jy moet ook onthou, ‘n PhD in Biologie gaan jou nie alles van biologie laat weet nie. Biologie is ‘n baie groot vakgebied wat bestaan uit baie onderafdelings, onderwerpe en dissiplines. Iemand wat ‘n Ph.D. in biologie het, is ‘n spesialis op ‘n baie klein gebied van een van baie onderafdelings. Mens kan jou hele lewe wy om dit te bestudeer, maar daardie mens sal nog steeds slegs iets weet van ‘n baie klein deeltjie van biologie. Wat ons weet van biologie is ‘n kombinasie van die klein stukkies kennis wat opgebou is oor baie jare duisende spesialiste. 

    @Jan Rap: “Kleinkoos, is dit nie Dawkins (kan ’n ander ou ook wees) wat gesê het ….”

     Gould en Eldridge het punctuated equilibrium (wat’s dit in Afrikaans?) voorgestel het.

    @Jan Rap: “… evolusie gebeur in spronge en stote….”

    Jy sal hulle reg moet verstaan en nie lees wat daar in kreasionistiese webwerwe oor hulle geskryf word nie. Gould en Eldridge  het onder andere voorgestel dat organisms vir baie lang tydperke nie baie verander nie (hulle noem dit stasi’s), maar dat daar redes is hoekom ‘n bevolking binne ‘n relatiewe kort periode (oor miljoene jare) vinnige evolusie ondergaan. Een van die redes is relatief vinnige verandering in die omgewingstoestande waarin die organisms oorleef.

    @Jan Rap: “…  (dink aan die Kambriese aanwas)….” Die Kambriese aanwas is die gevolg van die ontwikkeling van die eerste organisms met skelette. Daar was dus ‘n vinnige diversifisering (oor ongeveer 20 miljoen jaar) van verskillende lewensvorme wat in die fossielrekord getoon word. Jy moet dus onthou dat lewe voor die Kambriese ontploffing slegs uit organismes bestaan het wat nie harde dele  gehad het nie en nie baie goed fossilifiseer nie. Na die ontwikkeling van harde dele kry ons baie meer fossiele.

     @Jan Rap: “….en een van die meganismes is juis lukrake mutasie wat dan (een uit ’n groot aantal) uitstekend aangepas….”

     Die meganismes van evolusie  is lukrake mutasies en natuurlike seleksie. Sonder natuurlike seleksie sal daar nie evolusie wees nie. Die proses het dus ‘n lukrake gedeelte (mutasies) en ‘n selektiewe gedeelte (natuurlike seleksie), wat die teenoorgestelde van lukraak is. Die proses is dus nie lukraak nie.

    @Jan Rap: “…is vir die veranderde of veranderende omgewing en dan voortplant en bly voortleef nie?”

    Die proses van evolusie benodig ‘n variasie in oorerfbare eienskappe (mutasie) en dan natuurlike seleksie, wat positiewe eienskappe vir oorlewing, in die omgewing, laat versprei in die bevolking.

  • Stephan Marcus

    Jan: die velste kompetiese tussen organismes wat die naaste verwant is aan mekaar omdat hulle dieselfde behoeftes en lewenssiklus het. Bome besit saadverspreidingsmeganismes wat daartoe lei dat nuwe bome vêr van die gevestigdes groei en die kompetiese vir hulpbronne beperk. So 'n kompetiese tussen voorouer en nasaat sal natuurlik sleg wees vir beide en hul reproduktiewe sukses beperk.

    Wanneer 'n bioloog van kompetiese praat gaan dit byna nooit oor direkte mededinging nie. Bome kan mekaar nie slaan of byt nie, akasia's het nie hulle dorings om mekaar of ander bome te steek en verjaag nie, maar om hulle teen bewyding te beskerm.

    Die gevegte wat mens op tv tussen hiëna's en leeus sien is heeltemal atipies. Dit is 'n kwaai vermorsing van energie en 'n onnodige risiko vir besering om in so 'n fisiese stryd betrokke te raak. Kompetiese word gewoonlik besleg deur aanpassings soos baba hondjies se volslae vraatsigheid: in stede daarvan om met mekaar te baklei vir die kos vreet almal net so vinnig soos hulle kan. Die kompetiese is meestal vir hulpbronne en die rigting waaring seleksie die proses dryf is vir die mees effektiewe bekom en verbruik van daardie hulpbronne.

    Kompetiesie tydens seksuele voortplanting tussen groter diere is soms direk. Gereeld is die gevegte tussen mannetjies soortgelyk aan die vertoon van sommige voëls waarin die doel is om 'n wyfie te beïndruk en die mannetjies beseer mekaar selde.

    Die vermoë van 'n mannetjie om 'n harem van wyfies van ander mannetjies weg te hou is afhanklik van hoeveel energie hy het om hierop te verkwis en hoe vinnig hy van besering kan herstel wat 'n aanduiding van die kwaliteit van sy gene is. As so 'n mannetjie egter swak sperms produseer gaan sy reproduktiewe sukses nog steeds laer wees as sy mededingers sin en gaan sy gene gou uit die populasie verdwyn. Weereens dit gaan oor reproduktiewe sukses en nie oor wie die grootste, sterkste, ens. ens. is nie.

  • Notas: 
     
    Peppered moths. 
     
    Why do textbooks use pictures of peppered moths camouflaged on tree trunks as evidence for natural selection — when biologists have known since the 1980s that the moths don’t normally rest on tree trunks, and all the pictures have been staged?   
     
     A: These pictures are illustrations used to demonstrate a point - the advantage of protective coloration to reduce the danger of predation. The pictures are not the scientific evidence used to prove the point in the first place. Compare this illustration to the well-known re-enactments of the Battle of Gettysburg. Does the fact that these re-enactments are staged prove that the battle never happened? The peppered moth photos are the same sort of illustration, not scientific evidence for natural selection.
     
  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top