Vir Namib

  • 0

Namib

Dat van die manne wat nie in ’n kontak was nie, skuldig voel is ’n feit.

Daar is van die ondersteuningsmanne wat rêrig eerder sou wou uitgaan maar noodgedwonge ingedeel is waar hulle nie wou wees nie. Vir die manne het ek net die hoogste agting. Hierdie ouens het baie mooi na ons gekyk en selfs so af en toe ’n skaapboud (waar hulle dit gekry het was staatsgeheim) vir ons gemaak het. Die medics wat in die basis agter ons moes kyk was van die bestes.

Ek onthou selfs die ou in die kantien wat nie altyd al die biere oopgemaak het nie, dan kon jy laatnag ’n brandblusser gaps
en jou paar biere weer yskoud kry.

Dis manne wat verstaan het en wat omgegee het. Manne waarsonder ons nie sou klaarkom nie.

Daar is egter daai groepie wat absoluut niks makeer het nie, maar wat eenvoudig net te vrotsleg was om iets te beteken, en hulle is die kakke waarna ek verwys. En ja dis hulle wat die meeste “jam”-stelers is. Dis van hulle wat nou met moerse sielkundige probleme sit oor “dinge” wat op die grens gebeur het. (Nie almal met probleme is hierdie tipe nie).

Hier onthou ek een onder korporaal wat verantwoordelik was vir die troepe se pos. Regte klein hardegat in ’n kantoor maar weens een of ander “gebrek” kon hy nie uitgaan nie. Hy is reggesien binne twee weke en toe hy kom kla het, het hy weer pakslae gekry. Daarna het die pos baie goed gevloei.

Ek wens ek het ’n tipe van dagboek gehou, maar daardie tyd was ’n man jonk en sulke dinge was nie eens ’n gedagte nie.

Groete

Stefan

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top