Vir Kobus en Wouter
Dagsê here
Julle kommentaar onderaan my brief aan Kobus nou die dag verwys.
Moet nou nie van ’n molshoop ’n berg maak nie.
Komaan Kobus …
Jan Rap2012-02-10
… jy kla Johannes val Wouter as persoon aan en in die proses val jy Johannes se persoon aan. Hoe regverdig jy dit?
Buitendien, Wouter en van die ander wat redelik allergies vir die waarheid is, was gereeld besig om Johannes se skrywes (EN vir Johannes as persoon) uitmekaar te trek sonder dat hy, dis nou Johannes, ’n woord gerep het.
Op ’n stadium egter het Johannes genoeg gehad en sy streep in die sand getrek en vir Wouter, by wyse van anglisistiese spreke, vir Wouter gedaag om sy geld te sit waar sy mond is en waarvan daar toe dadels gekom het. Johannes het daarna net weer voortgegaan met sy uitstekende bydraes en, lyk dit my, Wouter-hulle het weer begin hap na Johannes. ’n Goeie beeld hiervan is ’n onnutsige hondjie wat ’n fiets jaag, die fiets stop, die hondjie draai ongemaklik rond, die fiets ry weer en die hondjie jaag weer die fiets.
Daar is wel gevalle waar ek kritiek op Johannes het: In sy laaste bydrae byvoorbeeld sluit hy af met die aanhaling "Qui s’excuse s’accuse", en hy vertaal dit as "he who apologises, accuses himself". Ek sou graag wou sien dat sy vertaling uit Frans as volg gelees het: "Wie verskoning aanbied beskuldig homself", of so iets. Ek weet nie hoekom moet iets wat in Sjinees, Duits, Russies of in watter taal ookal gesê is vir ons in Engels vertaal word nie.
Maar dit nou daar gelaat en so van askiesvra gepraat, is dit nie wonderlik hoe dit van toepassing op die NSA is nie? Die kerke, politici ens smeek in effek vir wraak; ons sien dit aan die absoluut wreedaardige manier waarop weerloses aangeval en vermoor word. Hoe anders? Ons vertel dan vir hulle ons is verantwoordelik vir hulle ellende.
Weer eens het Johannes die spyker op die kop geslaan. En weer, kan ek jou waarborg, gaan Wouter-hulle blou moord gil.
Groetnis
Jan Rap
Terug | Back
Boontoe | Top
2 Reaksies | 2 Comments
Kobus
10 February 2012 @04:33 PM
Jan Rap,
… en nou val jy weer vir Wouter aan ter wille van Jan Rap, én jy maak boonop absoluut ongesubstansieerde opmerkings soos “Wouter en van die ander wat redelik allergies vir die waarheid is, was gereeld besig om Johannes se skrywes (EN vir Johannes as persoon) uitmekaar te trek sonder dat hy, dis nou Johannes, ’n woord gerep het.” Wat in dié sinsnede kan jy substansieer, behalwe dat hulle oor en weer geskrywe het?
Jy sien Johannes se optrede as ’n uitdaging tot ’n romantiese outydse tweegeveg, ek sien dit vir wat dit is – ’n kinderagtige ego-gekrenkte skoolseuntjie-na-skool-boks-uitdaging wat deur die volwasse een van die twee eenvoudig geïgnoreer was, soos dit hoort.
Jy weet, ek wil nie met jou in ’n kattemaai betrokke raak oor sulke dinge nie. Daar is vrye interaksie, dinamika, noem dit wat jy wil, maar op ’n kol word daar ’n streep getrek, soos jy self sê. Vraag is, wat is die streep en waarom word dit in die eerste plek getrek?
Nou ja, as jy bereid is om bietjie meer objektief te kyk as jou op- en aanmerking soos hierbo uitgewys, sal jy gou agterkom dat daar nou by Johannes ’n venyn ingesluip het wat nie by ’n volwasse, belese mens wat hy graag voor aangesien wil word, te verwagte is, nie. ’n Persoonlike ek-is-beter-as-jy motief en ’n hele brief waarin hy teen Wouter te velde trek - ongeregverdig só. Johannes rig sy uitdaging én sy latere treurmare op ’n openbare forum aan Wouter en dít maak hom oop vir kritiek en teregwysing.
Wouter is nie ’n aggressiewe mens nie. Waarom moet iemand dit probeer uitbuit en hom probeer verneder? Plaas dat iemand by hom leer daaroor – die politici en kerkmense waarna jy verwys, inkluis. Wouter is ’n ordentlike mens wat duidelik hier skrywe vir die genot en leersaamheid daarvan en nié om ander se persoon te probeer aftakel, of sy eie bagasie op ander, af te laai, nie. Johannes kan kritiek nie hanteer nie. Hierdie is ’n plek waar kritiek alledaags is. Dus, ’n sluipmoordpoging soos dié van Johannes op Wouter, sal my reaksie uitlok, weens die onvanpastheid van die poging.
En ek wys dit uit. Nou wat sê jy eintlik? As ek dit uitwys, doen ek verkeerd? Dus, ek moet maar niks sê nie? Nee, wat Jan Rap – nes jy nou, bly ek ook nie stil nie. Jy staan nou in die glashuis waarvan jy my beskuldig en …
Wat die res van jou brief aanbetref, meer in besonder die kwessie van die Franse aanhaling waaroor jy Johannes kritiseer, is dit waarskynlik ’n spul haarklowery van jou kant … kyk maar - net met ander woorde sê jy maar wat hy ook gesê het, daaroor, maar jy kom breek ’n lansie vir Afrikaans (bravo! Mooi so!) omdat jou oortuiging vir jou sê jy is reg (en jy is) omdat jy jou taal se integriteit wil beskerm en bevorder … En net só kom breek ek nou weer op my beurt ’n lansie vir ’n mens met ’n hart en siel wat deur ’n ander vir ’n sluipmoordpoging aangesien word en ek sy integriteit beskerm, omdat dit reg is om dit te doen en daarom doen ek óók reg ...
Ek dink jy begryp nou my beweegredes. Ek gaan egter bepaald nie in ’n katgeveg oor dié kwessie deur jou ingetrek word nie. Só iets sou ek beskou as onvolwasse en kinderagtig … en ek is seker jy wil ook nie, dus is die saak mos afgehandel.
Groete,
Kobus de Klerk
Wouter Ferns
12 February 2012 @05:47 PM
Jan Rap,
Kennis geneem van jou skrywes maar geen kyk mooi wat gebeur het. 2 Februarie publiseer Comestor ’n brief wat volgens my oordeel gelaai is met onsin. Die doel van daardie brief is nie om die konsepte wat uitgelig word in die verwysings te ondersoek nie, maar wel dit te gebruik om die gewone stellings wat uit sy pen vloei te formuleer.
Dit kon sonder die verwysings gedoen gewees het, maar Comestor gaan swaar gebuk onder die idee dat sulke truuks meer gewig aan sy stellings bied, daarom die geskiedenis van sulke vergrype uit sy pen op die forum en kan nie meer met almal tred gehou word nie.
Die reaksie publiseer van my kant spreek dit aan, net soos dit reaksie lewer op die stand van behuising en die uitdaging om dit die hoof te bied.
Dit word nie beveg deur Comestor nie maar val hy presies in die patroon wat hy met volg reg van die begin af, probeer my diskrediteer, val my persoonlik aan en probeer daarmee die grense van die debat verskuif en sy eie vergrype verskuil.
Indien die stellings onwaar was, hoekom is dit nie aangespreek nie.
Op grond daarvan moet Comestor terug gedwing word tot die kern van die debat en moet daarop gefokus word.
Hoe graag hy ook al die terme van die debat wil verander.
Net soos jy is hy erg neerbuigend en stel vereistes aan my wat geen ander deelnemer aan mekaar stel nie.
Blou moord skreeu ek nie, maar is verstom oor die uiterstes waartoe hy gaan en hoe gemeen hy is, dit was ’n openbaring om dit te sien tesame.
Verstommend hoe mislik Comestor is.
Wouter
Jan Rap


Kommentaar
Kennis geneem, geen kommentaar nie. Geniet die aftrede.
Wouter, hierdie brief waarop jy kommentaar gelewer het, het ek per ongeluk geplaas: Ek het jou en Kobus se biriewe gedruk vir maklike verwysing en toe dit gepos in plaas van die eintlike brief wat vandag onder die opskrif "Aanmatigend om aan te neem die saak is afgehandel". Ongelukkige opskrif, dit maak die toevallige slotopmerking die hooftema van die brief wat dit nie is nie. My opskrif was "Vir Kobus en Wouter", vandaar die aanhef "Dagsê here". Ek het gevra dat die betrokke brief verwyder word maar ek sien hy's nog daar.
Wat die aftrede betref: Ek weet nie waar ek die tyd gekry het om te gaan werk nie. Ek maak (of sal ek sê probeer maak) nou rowwe skaaktafels en -stelle (rustiek kan jy maar sê, nie kabinetmakerstandaard nie) en ek probeer skilder, 'n moerse moeilike storie - so paar prentjies gemaak maar nou sit ek met skildersblok (soos skrywersblok neem ek aan). As jy weet van iemand wat tips kan gee laat weet.
Groetnis