Vir Jaco oor PRAAG Leonie en nog 'n sakie of twee

  • 3

Dagsê Jaco

Jy't my nog nie geantwoord oor wie die ouens is wat volgens jou hier op SêNet voorskryf wie en wat 'n Afrikaner moet wees nie.  Ek het so 'n vermoede jy't na my verwys maar ek het gesê ek twyfel want jy weet tog ek het geen definisie gegee nie.  Miskien bedoel jy Thomas en Thys, ek weet nie.  Jy het nog nie daarop geantwoord nie; ek sal bly wees as jy my laat weet.

Jy het ook gesê ek " ... steek vas in die verlede ..." en ek het geantwoord dat jy verkeerd is; ek hou van blink spore, ruimtereise, lopende water, kragvoorsiening sonder onderbreking, skoon en veilige parke, die soort van ding.  Ek het nog vir jou gesê die verlede is paraffienlampe, kerse ens, iets wat al hoe meer begin manifesteer en daarvan hou ek nie.  Jy het ook nie daarop geantwoord nie of gaan jy nog?

Jy sê ook ek " ... gebruik dieselfde afgesaagde argumente ad nauseam .." maar jy haal nie een van hulle aan nie.  Laat weet my asseblief welke argumente so afgesaag en tot naarwordens toe deur my gebruik en op die gevaar heen dat ek weer die goed inspan moet jy my ook sommer wys waar en wanneer jy hulle weerlê het.

Jy kla oor Dan Roodt 'n volkstaat belowe het en daar is nog nie een nie; reken Afrikaners is nou moeg van leë beloftes.  Ek sê vir jou die werklike leë beloftes was gemaak deur die DA (oukei toe was hulle naam nog Progge, Libs en / of Nasionale Party van die 80's en 90's, selfde ding).  Daarop het jy nog niks geantwoord nie of sou dit nou die "tob oor die verlede wees" soos jy ook aan Leonie genoem het?

Indien dit die geval is, hoe werk jou kop?  As jou debatsopponente iets wat relevant is aanhaal en dis enigsins in die verlede dan tob hulle.  Ek sal graag jou kar wil leen en as ek hom opfoeter sal dit in die haak wees met jou want jy tob nie oor die verlede nie, of hoe? Absurd. Alles wat Dan Roodt tot en met vandag gedoen het is ook in die verlede; hoekom tob jy daaroor? 

En so terloops, as elke Afrikaner 'n honderdste van die energie vir die Afrikanersaak spandeer het as wat Dan Roodt (of Steve Hofmeyr) tot dusver spandeer het, was daar geen probleme nie, was dit dalk nie eers nodig om vir 'n volkstaat te probeer beding nie.

Groetnis

Jan Rap

  • 3

Kommentaar

  • Thys Human (PTA)

    Goed gestel, Jan Rap.  Maar ek dink steeds dat jou "definisie" van ’n Afrikaner enigeen is wat so genoem wil word, baie geldig is.

     

    Dit help nie om logies en nugter met Jaco te redeneer nie – hy steru hom n ie aan jou stellings nie (verdraai dit eerder), antwoord nie vrae nie en hou vol met gelaaide woorde soos "bemagtig" sonder die vaagste benul wat dit eintlik betreken.  Ek dink ons mors ons tyd. Stel jou saak en as iemand jou kritiseer, stel jy dit net weer!

  • Jan.

    Een van vele debatstrategieë is dat indien jou rug teen die muur is, trek aandag af van die hoofargument, en doen “knitpicking” op kleinlikhede sodat jou opponent “gets bogged down in a quagmire of slush irrelevancies”, en die hoofonderwerp word “gesidelined en die “slush” word nou die hoofonderwerp. Gewoonlik wanneer jy hierdie strategie in jou opponent gewaar, dan weet jy hy is met feite bankrot en in ’n hoek gedryf.

    Nieteenstaande gaan ek hierdie EEN keer aan jou irrelevante vrae voldoen. Wanneer jy sien ek ignoreer soortgelyke strategieë  in die toekoms, moenie aanstoot neem nie, of die indruk probeer weergee dat ek dit nie kan beantwoord nie, want wees verseker ek gaan uitsluitlik by die hoofargument bly, en nie daarvan afwyk nie.

    1   “voorskryf wie en wat ’n Afrikaner moet wees nie”

    1. (a)     Thomas het die bal aan die gang gesit. Ek het die indruk gekry hy het ’n definisie gesoek, en volgens sy jongste brief, wil dit voorkom, nog steeds.  Ek het hom probeer afraai van die onderwerp, juis weens die steriliteit wat sondanig onderwerp gaan uitlok, wat wel bewys is.
    2. (b)     Uitgesproke.  Vir Thys is ek nie ’n Afrikaner nie omrede ek die Afrikaner nie uitsluitlik as blank-gekkegrenser aansien soos hy nie; ook nie Van Zyl Slabbert weens sy Engelse vrou,  ook nie diegene wat nie ’n afgod van Verwoerd wil maak nie (alles hier op rekord) .

    2.   “Ek het so ’n VERMOEDE  jy't na my verwys”. Indien jy nie kan bewys ek het ’n vaste stelling gemaak nie, is dit oorbodig aan my kant om aan jou “vermoedens” te voldoen al dan nie. 

    3.   “gebruik dieselfde afgesaagde argumente ad nauseam.” Die gepaardgaande vraag is op dieselfde betrekking nl; “steek vas in die verlede ..." 

    Wat gaan jy vir enige koerant sê indien hy dieselfde nuus dag na dag uitblaker? Naderhand verswak die impak van sodanige nuus op die betrokke leser. 

    Jy skryf tot vervelens toe die volgende en dit is waarna ek verwys het soos jy goed weet: “nie net word skole NIE gedeel nie maar hulle verdwyn sommer en daarmee saam die Afrikaanse kolleges en universiteite, wrede moorde word met reëlmaat gepleeg op plaasboere (hier by die 3 000 verstaan ek al teen die tyd), Afrikaanse dorp- en straatname word weggevee en Afrikaans verdwyn heeltemal uit die openbare lewe; jy kan nie eers meer Afrikaans praat met die belastinggaarder nie.” Brief aan Pieter Redelinghuys 17/10/12

    4.   Ek het geskryf: “reken Afrikaners is nou moeg van leë beloftes met verwysing na Dan se stelling dat die volkstaat ’n werklikheid oor die volgende 5 jaar gaan word sedert 2008. “Jy kla oor Dan Roodt ’n volkstaat belowe het en daar is nog nie een nie”  Eerstens dit was nie ’n vraag aan jou kant nie, en tweedens het ek ’n feitlike stelling gemaak, nie daaroor gekla nie.

    Jy wyk af oor die Progge (wat nooit regeer het nie) se beloftes wat kamptig nie nagekom is nie. In elk geval die ANC is verantwoordelik vir die gemors, nie enige ander politieke party wat sedert 1994 nie regeer het nie. My hoofargument is AfriForum verses Gekkegrensers, en dit is juis daarvan wat jy  probeer van afwyk.

    Nou gaan ek jou speletjie speel. Jy het my nie met die volgende beantwoord nie, nl:

    “Is Van Zyl Slabbert ’n Afrikaner of nie?"  Ek wag steeds vir ’n antwoord.

    “Jy sê dat ’n versugting na ’n volkstaat word al hoe groter. Wat is jou inligtingsbron? 18/10”.  Ek wag nog steeds op ’n antwoord.

    Op watse redelike argument tipeer jy my: “As jy wat Jaco is teen ’n volkstaat is, is jy bloot dikvellig;18/10”

    Ek is nogal geamuseerd oor die volgende van jou waar jy skryf:  “En so terloops, as elke Afrikaner ’n honderdste van die energie vir die Afrikanersaak spandeer het as wat Dan Roodt (of Steve Hofmeyr) tot dusver spandeer het, was daar geen probleme nie, was dit dalk nie eers nodig om vir ’n volkstaat te probeer beding nie.”

    Bewys vanuit ’n betroubare bron, sodat ek dit ook kan navors, waarop (projekte) en hoeveel geld is deur die twee gespandeer ten bate van die Afrikanersaak, en hoe vergelyk hierdie here se prestasie beter as AfriForum s’n, aangesien jy hulle blyk die Afrikanerreddingspan te lof! Hierdie dien nou ook as vraag waarop ek en die lesers ook, antwoorde verlang.

    Jan. Jy weet waar ek polities staan, en ek vergun jou om my onder die vergrootglas te plaas. Is jy bereid om vir ons dieselfde te doen, en jou alternatiewe te wil weergee? Hierdie is ook ’n vraag waarop antwoorde verlang word.

    Jaco Fourie

  • Thys,

    Jou oggend en aand praatjies is nooit dieselfde nie. Jy sê: "Maar ek dink steeds dat jou 'definisie' van ’n Afrikaner enigeen is wat so genoem wil word, baie geldig is'.  Wel ek wil as Afrikaner genoem word, maar jy sê aan my: "Julle gaan nie wen nie, want julle is nie Afrikaners nie". Dit lyk my jy ly aan ’n identiteitskrisis.

    Jaco Fourie

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top