Jou ergste ervarings by die dokter – wenner aangekondig!

  • 2
Baie geluk, Ronel Gill! Jy ontvang Snydokter van Leon van Nierop omdat jy kommentaar gelewer en jou storie hieronder vertel het.

Wanneer ons nog klein is, lees ons al stories hieroor. Maar meestal oor hoe om dit te hanteer: ervarings by die dokter. “Maak oop jou mond, haal diep asem met die koue stetoskoop teen jou lyf. Raak aan die slaap voor die mangeloperasie.” Maar sê nou iets loop skeef? Niks kan jou voorberei op die ergste nagmerrie nie?

LitNet nooi jou om vir ons jou ergste stories te vertel. Ons wil weet van nare ervarings in die hande van die mense wat ons die meeste vertrou.

Voorwaarde: jy mag niemand se name noem nie.

Jou storie moenie langer as 600 woorde lank wees nie. Lewer kommentaar onder aan die artikel en deel jou ervaring teen Vrydag 10 Mei 2013 om in aanmerking te kom.

Prys: Leon van Nierop se jongste roman by LAPA Uitgewers, Snydokter.



Titel:
 Snydokter
Skrywer: Leon van Nierop
Uitgewer: LAPA Uitgewers
ISBN: 9780799359275

Klik hier om die boek by kalahari.com te koop.

 

  • 2

Kommentaar

  • Die grootste nagmerrie ervaring by ‘n dokter vir my was die ginekoloog, met my eerste ‘inwendige’ swangerskap ondersoek.  ‘n Nagmerrie vir enige vrou, maar gelukkig is manlief in die wagkamer en kan ek net my arm oor my gesig gooi en na my ‘gelukkige’ plek toe gaan terwyl ‘n ander man krap waar geen vreemde man behoort te krap nie.

    Daar lê ek toe, oopgespalk en bloedrooi tot in my omgekrulde kleintoontjie terwyl die dokter sy ondersoek afhandel, deeglik.

    “Is jy nog met my, Mevrou?” vra die middeljarige dokter met ‘n laggie in sy stem en ek maak ‘n kreungeluid van agter my wegkruipplek wat soos ‘n ja klink.

    “Alles lyk goed.  Het jy nog altyd hierdie moesies gehad?” Gesels die dokter met ‘n vriendelik-afwesige stemtoon, asof hy besig is om ‘n ingroei toonnael te bekyk en nie in my diepste wese staan en rondkrap nie.  Die moesies waarvan hy praat is twee groot uitstaan-moesies wat in elke kant van my lieste sit.  En ja, vandat ek kan onthou het ek dit, en dit het my nog nooit moeilikheid gegee nie.

    Meneer ginekoloog kom regop en maak vir ‘n oomblik verskoning terwyl hy by die deur uit verdwyn. 

    Skaars ‘n minuut later is hy terug, met manlief op tou! 

    Eers kom die skrik, dan die skaamte.  Erger as enige iets wat my nog ooit oorgekom het. 

    Hier lê ek oopgespalk en manlief en die dokter staan my ‘binnegoed’ en bekyk en bespreek asof hulle van ‘n rugby-wedstryd praat.  Die dokter verduidelik vir manlief dat hy – nie ek nie – die moesies moet dophou en as dit lyk asof hulle van kleur verander moet hy my by ‘n dokter kry.

    Manlief natuurlik, skud ewe plegtig sy kop en beloof hart en mond om my moesies op te pas.

    Nodeloos om te sê het ek tot en met vandag, agtien jaar later, nie vir manlief, of die dokter vergewe nie!

    Nou, as ek moet dokter toe gaan, of dit nou oorpyn of toonpyn is, wag manlief in die kar en bewaar sy siel as hy dit waag om naby die wagkamer te kom!

  • So 'n klompie jare gelede het ek uit die bloute 'n irriterende jeukerasie in my 'exhaust' opgedoen.

    Na vele gesmekery en gedreigery kom ek uiteindelik by vroulief se dokter uit.

    “Uit met die broek, knieë op die bed en mik vir die dak,” beveel hy terwyl hy ‘n paar plastiekhandskoene amper met ‘n sadistiese gebaar oor sy hande forseer. Ek vermy sy oë en hande en wonder bekommerd of sy vingers net so bonkig soos die res van sy postuur is.

    Met my blik vasgenael op ‘n denkbeeldige stoffie op die spierwit kussing wag ek vir die ergste wat toe nie eintlik so erg was nie.

    Maar toe begin dit lol; onse dokter wil my op my gemak kry sodat sekere van my spiere kan ontspan. Hy begin met ‘small talk” tussen die gegrouery deur. Wat hy nie geweet het nie, was dat ek ‘n lagger is (sekere mense is bloeiers, andere is suurknolle, ek is ‘n lagger).

    Kyk, as ek lag, dan lag ek behoorlik.

    “Nou weet jy waar ons arme dokters ons geld moet uitkrap,” begin hy met sy terapie. Ek lag so dat hy sy vinger met ‘n ‘shloeeep’ uitpluk en geduldig wag dat ek moet kalmeer.

    Pleks hy sy les daar en dan geleer het.

    “En om te dink Moffies baklei oor hierdie ou gedroogte pruimpie,” waag hy dit weer en die volgende oomblik verloor hy amper ‘n vinger.

    Hannes Steyn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top