Presies en sekuur soos sy my opgehang het
staar ek daagliks na die lewe om my.
Getrou aan my taak bespied ek alles
rondom my –
sonder voorbehoud, sonder aansitterigheid.
Nee, gemeen is ek nie,
net eerlik.
My spieëlbeeld staar terug na my
vanaf die skokpienk muur aan
die ander kant van die vertrek.
Mense kom en gaan.
Soms word ek ’n vlei,
sagte vloeiende water wat murmel.
Die vrou kyk elke dag na
haar beeld in die water.
Soms troos sagte kerslig haar
of ’n dowwe maan.
Ek is belangrik vir haar.
Met die nagwaak wat wyk,
kyk sy elke oggend hoopvol
na my …
in my soek die jong meisie
wat verdrink het
en sien ’n dooie vis.
Vertaling van Sylvia Plath se “Mirror.” Klik hier om die oorspronklike gedig te lees.
Klik hier vir meer besonderhede oor die kompetisie.

