"Verstrengel" deur Rochelle Botes

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Soos ek in die stilte van my gedagtes wegsak
In die donkerte van my kop dwaal
Voel ek jou asem in my nek blaas
En hoe jy jou skedelvingers om my nek haak
Ek weet as jy my in jou greep vashet

Dat jy my in die seer gaan toevou
En my aanhou martel
Tot ek tam neerval
In dit wat jy my laat onthou

REFREIN:
En al breek ek los uit jou verstrengeling
En vlug ek weg van jou bestaan
Sal jy, my engel
My net weer inhaal
Om weer jou kloue in my in te slaan

En terwyl jy herinneringe
In my arms in krap
En die skuld my begin opvreet
Sal jy vir my oorwinnend skree
Dat ek jou nooit sal vergeet

En dan terwyl ek daar lê
En ek weer my kop stamp
Weet ek, voel ek
Dat ek jou altyd as deel van my gaan hê

En terwyl jy in my oor fluister
Oor dit wat voorheen was
Besef ek
Jy's net nog ? geraamte in my kas

REFREIN
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top