"Verslaaf" deur Clarence Payne

  • 0

Verslaaf

Is ek dalk van my sinne beroof,
kan die liefde ’n hart oopkloof?
En so onthou ek jou lyf konkaaf;
is ek net aan jou verslaaf?

Dis nou vyf jaar af in die lyn,
en ek leef steeds met die onvergeetlike pyn.
Volgens vriende en familie is ek “partially insane”,
maar ek vra vir jou: Waar trek ek die lyn?

Is ek dalk aan jou verslaaf,
het jy aan my perfekte wêreld kom skaaf?

Hul sê vir genesing moet jy verslawing erken,
maar vir my klink dit eerder soos goed verpakte Zen.
Pop ek nog ’n vergeet-jou-pil
word verdoesel in die hart se kul.

Ja, dalk is ek net verslaaf:
So gaan kla my aan in wettiese Den Haag.
Gaan wys gerus hoedat ek die liefde behaag.

En hoe dit ook al nou sy,
hoe wens ek om net weer vir jou te kry.
Maar na als weet ek jy’s nie goed vir my,
jy’s amper ’n sonde waarteen ek daagliks baklei:
obsessief,
destruktief,
miskien iets waaraan my hart kan klief.

Ek weet jy is ver,
en jy hou my nie meer in jou persoonlike lêer.
Nogmaals wil ek ons liefde behou,
al het dit met die jare so ietwat verflou.

Ek wil jou hê:
nou, vandag, gister, môre!
Maak dit my nou braaf
om openlik te erken: Ja, ek is jou slaaf?

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top