Geskryf vir: Straatligkinders
In ’n soete wintersnag, kom daai ondier, ’n bose mag
In ’n soeke na aanvaarding en krete van ween, word jy omsingel deur daardie ontroue krag
Jy roep
Jy soek
Jy vra hoekom?
Maar jy voel jy moet
Tot die vlerke om jou vou, om jou veilig te vas te hou
Sal jy glo in dit wat jy ken
Want liefde wen, ja liefde wen
In tye van alleen
In die sonskyn en reën
Staar jy vooruit en weet van die laaste maal se verwyt
Met die breek van die brood en klingel van glas, het stemme verdwyn soos visioene tussen gras
Jy roep
Jy soek
Jy vra hoekom?
Maar jy voel jy moet
Tot die vlerke om jou vou, om jou veilig te vas te hou
Sal jy glo in dit wat jy ken
Want liefde wen, ja liefde wen
Die liefde van sy seun
Die liefde in die reën
Die liefde wat jy nooit kon sien
Die liefde wat jy verdien
Van vasbyt en geen verraad het jy vergeet van hulle haat
Jy het weggesmyt, en verval in jou eie kwaad
Maar hy het jou kom haal, soos na die laaste maal
Jou in sy vlerke toegevou
In liefde, soos almal jou onthou
In die liefde van sy seun
In die liefde van die reën
Die liefde wat jy nooit kon sien
Die liefde wat jy verdien
Sy liefde wen!

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

