Angus, ek verwys na jou kommentaar onderaan my brief (Antwoorde ...) van 2 April.
Dis nou al die tweede keer dat jy te kenne gee dat die volgende twee stellings teenstrydig is:
- "Die wat glo die taal sal bly voorbestaan solank hy net gepraat word misgis hulle" en
- "... die feit ... is dat Afrikaans nie meer gepraat word nie; dié dat hy aan die verdwyn is."
Waar sien jy die teenstrydigheid? Daar is mense wat heeltemal verlief neem met die feit dat Afrikaans sy hoër funksies verloor want hulle glo, hulle verkondig eintlik, dat solank die taal net gepraat word sal hy bly voortbestaan.
Dit is ’n mite; hierdie einste mense praat nou Engels by die werk, in die hof, op vakansie, oral, en praat dan die taal by die huis en met familie en vriende. By die huis en onder familie en vriende bespreek hulle wat by die werk, in die hof, op vakansie ens gebeur het en gebruik dan die Engelse uitdrukkings en terme waaraan hulle so gewoond geraak het. Hulle taal is dan erg vermeng, hulle taal is verarm en verswak, hulle kan hom nie meer ordentlik praat nie.
Stelling 2) is die bewys hiervan: Mense praat nie meer Afrikaans nie, REEDS nie meer Afrikaans nie so hoe red jy Afrikaans deur hom nie meer te praat nie? Luister maar na die inbellers op die radio. Net vandag byvoorbeeld het Lynette Francis weer ’n gas op haar program gehad en die kêrel moes kort-kort oorslaan na ’n Engelse sinnetjie toe en het gedurig Engelse woorde gebruik.
Of wil jy puntenerig wees; wou jy gehad het ek moes sê 'die mense praat nie meer ordentlike Afrikaans nie' in plaas van 'die mense kan nie meer Afrikaans praat nie'?
Selfde ding; ’n kar wat vuur op twee silinders gaan binnekort botstil staan.
So, ek het nie nodig om te besluit tussen die twee soos jy aanbeveel nie; die een vloei voort uit die ander. Terloops, 'jy moet jou mind opmaak' is bloot 'jy moet nou besluit', jy't mos gevra ek moet dit vir jou vertaal.
Jou stelling dat "geskrewe taal is eintlik nie ’n taal nie, maar slegs ’n afdruk van die taal soos ’n foto van iemand nie die persoon self is nie, maar slegs ’n beeld daarvan" is myns insiens nie reg nie. Gesproke taal is ’n konsep (in jou gedagte) in klank omgesit en geskrewe taal is daardie einste konsep grafies daargestel. Daarvoor kan jy ’n simbool gebruik om die klank voor te stel of, soos die Japanners, ’n simbool om die hele konsep voor te stel (eintlik het die Japanners ’n mengsel van simbole, party stel klanke voor en ander hele begrippe).
Taal is wel ’n kommunikasiemiddel soos jy sê maar, ewe belangrik, ’n deel van jou kultuur. Soos, sê, mooi bene hoofsaaklik daar is om ’n vrou se liggaam te dra dien dit terselfdertyd as ’n aanlokmiddel, soos muskus by sekere diersoorte (en nie net haar bene nie). Jy gebruik byvoorbeeld jou mond om kommunikasiegeluide te maak EN om voedsel in te neem, jou liggaam is vol van goed wat ’n dubbele doel dien. So ook met taal; kommunikasie is maar een aspek daarvan.
As ek jou beskuldig het dat jy praat van 'groei' waar jy eintlik praat van 'aanpassing' vra ek om verskoning, dis dan nie jy nie. Daar is egter volgens my nie veel verskil nie tensy mens nou 'groei' wil uitsonder as 'n aanduiding van sprekersgetal. Hoe dit ookal sy, 'groei' of 'aanpas' word hier teenoor 'kwyn' gestel en ek voer aan die taal is besig om te verarm, dus te kwyn, met die dat hy so met Engels vermeng word.
Jou regverdiging vir hierdie vermenging is dat ons nie meer die taal kan praat wat in 1857 gepraat het nie hou nie water nie. Russies, Frans en Duits is ook nie meer dieselfde as wat dit in 1857 was nie maar die 'aanpassing' intussen (van toe tot nou) bestaan nie daarin dat die tale vermink moet word met vermenging nie. Afrikaans het wel verander, soos tale maar verander met tyd maar hierdie verandering word nie verteenwoordig deur die besmetting wat tans plaasvind nie.
Waar kom jy daaraan dat ek " ... Sam Samsodien se kommentaar as algemene taalbeleid wil voorhou ..."? Dit was in antwoord op jou vraag waar ek daaraan kom dat mense sê hulle droom is Afrikaans as sou dit nou ’n instrument vir taalbewaring wees. Hierdie kamtige troos kom al ’n lang pad; dis is net regverdiging vir die gedienstige omhelsing van Engels. Terloops, Sam is ook die eerste ou wat vir my gesê het dat ons Afrikaans by hulle gekaap het.
Groetnis
Jan Rap


Kommentaar
Jan, jammer, maar as jy die teenstrydigheid nie kan insien nie, kan ek alleenlik maar net weer probeer verduidelik, niks meer nie.
Fok, Angus, jy moet by my kom kuier laat ons 'n bier of twee kan drink en die ding uitpluis. Intussen, hier's dit weer:
Die MENSE sê moenie hoeharrie nie; solank Afrikaans gepraat word sal hy nie verdwyn nie.
EK sê dis 'n vergissing want ALREEDS word Afrikaans so swak gepraat dat dit aanduidend van 'n vroeë dood is. ALLE tale wat reeds verdwyn het was op 'n stadium gepraat en hulle het nogtans verdwyn (ons praat nou nie van tale waarvan AL die sprekers eensklaps in 'n oorlog of deur pes, koolsuurgas of 'n meteoriet uitgewis is nie). Die tale wat verdwyn het, en nou besig is om te verdwyn (tientalle per jaar) was, of word, geleidelik oorgeneem deur die, noem dit maar rooftaal.
Nou waar's die teenstrydigheid?
Jy haal my ook verkeerd aan want jy sê "In nr 1 beweer jy dat al word 'n taal gepraat, kan hy nogtans verdwyn ten spyte daarvan dat hy gepraat word." Verkeerd, lees weer. Jy mag aanvoer dat dit volgens jou op dieselfde neerkom maar dis nie wat ek gesê het nie; ek het gesê "die wat glo 'n taal sal bly voortbestaan solank hy net gepraat word misgis hulle."
Ek sal jou die moeite spaar om 'n taalkundige te gaan sien; hier's vir jou 'n analoog: Mense wat dink 'n kar sal aanhou ry solank jy net petrol trap misgis hulle want die feit van die saak is daardie kar vuur nou net op twee silinders, binnekort net op een en dan gaan staan hy, maak nie saak hoe diep jy daardie pedaal intrap nie.
Beste Jan,