Vasgevang
Vasgevang in die wêreld se vrae
opgesluit in die uur lange dae
weggesteek agter my masker
toegegooi deur skinder en laster.
Vasgevang in die hart se woorde
toegesluit in sy sagte akkoorde
vasgevang deur my hart se paaie
deur my kop en sy lettere blaaie.
Vasgevang in emosie se hand
in die seer van wêreldse brand
maar nêrens sien ek ’n reddingslig
’n besef van ons lewe se klug.
Vasgevang in die hart se woorde
en toegesluit in sy sagte akkoorde
vasgevang deur my hart se paaie
deur my kop en sy lettere blaaie.
![]() |



